Afrikaans 1983 Bible - 3 verses
1'n Pelgrimslied. Kom, prys die Here, julle almal wat Hom dien, julle wat in die nag in die tempel van die Here staan!
2Hef julle hande in gebed op na die heiligdom en prys die Here!
3Mag die Here jou seën uit Sion, Hy wat hemel en aarde gemaak het.