Afrikaans 1983 Bible - 6 verses
1'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
2Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is.
3 Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.
4Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.
5U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teรซstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.
6U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.