Afrikaans 1983 Bible - 36 verses
1Nadat hulle Elim verlaat het, het die hele volk Israel in die Sinwoestyn aangekom wat tussen Elim en Sinai lĂȘ. Dit was op die vyftiende van die tweede maand nadat hulle uit Egipte getrek het.
2In die woestyn het die hele volk hulle teenoor Moses en AĂ€ron begin verset
3en gesĂȘ: âAs ons maar liewer in Egipte omgekom het deur die hand van die Here terwyl ons by die vleispotte kon sit en oorgenoeg kos kon hĂȘ om te eet! Nou het julle ons laat wegtrek tot in hierdie woestyn om die hele volk van honger te laat omkom.â
4Toe het die Here vir Moses gesĂȘ: âLet nou mooi op. Ek sal elke keer vir julle kos uit die hemel laat reĂ«n. Dan moet die volk elke dag gaan en diĂ© dag se voorraad optel. So sal Ek toets of hulle my opdrag wil nakom of nie.
5As hulle op die sesde dag voorberei wat hulle ingebring het, moet dit dubbel soveel wees as wat hulle elke dag optel.â
6Toe sĂȘ Moses en AĂ€ron vir al die Israeliete: âVanaand sal julle besef dat dit die Here is wat julle uit Egipte bevry het,
7en mĂŽreoggend sal julle sien hoe magtig die Here is. Hy het gehoor dat julle julle teen HĂłm verset. Dat julle julle teen Ăłns verset, is niks nie.â
8Verder het Moses gesĂȘ: âAs die Here vanaand vir julle vleis gee en mĂŽreoggend oorgenoeg kos om te eet, sal julle besef Hy het julle verset teen Hom opgemerk. Dit was nie teen ons nie, maar teen die Here dat julle julle verset het.â
9Moses het toe vir AĂ€ron gesĂȘ: âBeveel die hele gemeente van Israel om voor die Here te kom staan, want Hy het hulle verset opgemerk.â
10Nadat AĂ€ron dit vir hulle gesĂȘ het, kyk die Israeliete na die woestyn se kant toe om, en toe word die magtige teenwoordigheid van die Here sigbaar in die wolk.
11Die Here sĂȘ toe vir Moses:
12âEk het die verset van die Israeliete opgemerk. SĂȘ vir hulle: Teen skemeraand sal julle vleis eet en teen mĂŽreoggend sal julle oorgenoeg kos hĂȘ sodat julle kan besef dat Ek die Here julle God is.â
13Teen die aand se kant het daar kwartels aangevlieg gekom en hulle het die hele kamp vol gesit. Die volgende oggend was daar 'n wolk rondom die kamp,
14en toe die wolk wegtrek, was die woestyn oortrek met fyn vlokkies soos ryp.
15Toe die Israeliete dit sien, sĂȘ hulle vir mekaar: âWat is dit diĂ©?â want hulle het nie geweet wat dit is nie. Toe sĂȘ Moses vir hulle: âDit is die brood wat die Here vir julle gee om te eet.
16Die Here het beveel: Gaan maak dit bymekaar volgens elke gesin se behoefte, twee liter per kop. Elkeen moet vat volgens die getal mense in sy tent.â
17Die Israeliete het dit toe gaan optel, die een baie en die ander 'n bietjie,
18en toe hulle dit met 'n maatemmer afmeet, het dié met baie nie te veel nie, en dié met 'n bietjie nie te min gehad nie. Hulle het volgens elkeen se behoefte bymekaargemaak.
19Moses het toe vir hulle gesĂȘ: âNiemand mag iets daarvan laat oorskiet tot mĂŽreoggend nie.â
20Maar hulle het nie vir Moses geluister nie. Party het daarvan tot die volgende oggend laat oorstaan, maar daar het miet in gekom en dit het gestink. Moses was woedend oor wat hulle gedoen het.
21Hulle het dit vroeg elke oggend bymekaargemaak, volgens elkeen se behoefte, maar net as die son begin bak, het dit weggesmelt.
22Op die sesde dag het hulle 'n dubbele porsie opgetel, vier liter vir elkeen. Toe al die leiers van die volk dit vir Moses kom vertel,
23sĂȘ hy vir hulle: âDit is soos die Here gesĂȘ het: MĂŽre is 'n rusdag, 'n gewyde sabbat van die Here. Maak alles gaar, bak wat julle wil bak, en kook wat julle wil kook, en wat oorbly nadat julle geĂ«et het, moet julle wegsit en bewaar vir mĂŽre.â
24Hulle het dit weggesit tot die volgende oggend soos Moses beveel het, en dit het nie sleg geword of miet gekry nie.
25Toe het Moses gesĂȘ: âEet dit nou vandag, want vandag is dit die sabbat van die Here. In die veld gaan julle niks kry nie.
26Ses dae moet julle dit bymekaarmaak, maar op die sewende dag, die sabbat, sal daar niks wees nie.â
27Tog het daar op die sewende dag van die mense uitgegaan om bymekaar te maak, maar hulle het niks gekry nie.
28Die Here sĂȘ toe vir Moses: âHoe lank gaan julle nog weier om my bevele en opdragte te gehoorsaam?
29Ek het vir julle die sabbat gegee en daarom gee Ek vir julle op die sesde dag genoeg kos vir twee dae. Elkeen moet bly waar hy is en niemand mag op die sewende dag sy woonplek verlaat nie.â
30Die volk het op die sewende dag gerus.
31Die Israeliete het die kos manna genoem. Dit was wit soos koljandersaad en het soos heuningkoek gesmaak.
32Moses het ook nog gesĂȘ: âDie Here het beveel: 'n Volle twee liter manna moet vir die nageslag bewaar word sodat hulle die kos kan sien wat Ek julle in die woestyn gegee het nadat Ek julle uit Egipte bevry het.â
33Moses sĂȘ toe vir AĂ€ron: âVat 'n kruik en gooi twee liter manna daarin. Sit dit dan voor die Here neer sodat dit vir julle nageslag veilig bewaar kan word.â
34AĂ€ron het dit voor die getuienis neergesit om dit in bewaring te hou soos die Here vir Moses beveel het.
35Die Israeliete het veertig jaar lank manna geëet; hulle het dit geëet totdat hulle bewoonde gebied bereik het, tot hulle by die grens van KanaÀn gekom het.
36Die tweelitermaat waarmee die manna afgemeet is, was een tiende van die standaardmaat.