Afrikaans 1983 Bible - 16 verses
1Nadat die hele volk Israel uit die Sinwoestyn vertrek het, het hulle op bevel van die Here van plek tot plek gegaan totdat hulle by Refidim kamp opgeslaan het. Maar daar was geen water vir die volk om te drink nie.
2Toe het die volk met Moses rusie gemaak en gesĂȘ: âGee jĂœ vir ons water om te drink!â En Moses antwoord hulle: âWaarom maak julle rusie met my? Waarom stel julle die geduld van die Here op die proef?â
3Maar die volk was dors en hulle het vir Moses verwyt: âWaarom het jy ons uit Egipte laat optrek om ons en ons kinders en ons vee van dors te laat omkom?â
4Daarna het Moses tot die Here geroep: âWat moet ek met hierdie volk aanvang? Netnou gooi hulle my met klippe dood.â
5Toe sĂȘ die Here vir Moses: âLoop voor die volk verby en neem van die leiers van Israel saam. Vat ook die kierie waarmee jy op die Nyl se water geslaan het, en stap vooruit.
6Ek sal daar reg voor jou op die rots by Horeb staan. Dan moet jy teen die rots slaan, en daar sal water uitloop vir die volk om te drink.â Moses het dit toe gedoen voor die oĂ« van die leiers van Israel.
7Hy het die plek Massa en Meriba genoem omdat die Israeliete daar met Moses rusie gemaak het en ook omdat hulle die geduld van die Here op die proef gestel het toe hulle gesĂȘ het: âIs die Here by ons of nie?â
8Toe die Amalekiete by Refidim teen Israel kom veg het,
9het Moses vir Josua gesĂȘ: âKies vir ons manskappe en gaan veg mĂŽre teen die Amalekiete. Dan sal ek op die top van die heuwel gaan staan met die kierie wat God my gegee het, in my hand.â
10Josua het toe gedoen wat Moses vir hom gesĂȘ het en hy het teen die Amalekiete gaan veg. Moses, AĂ€ron en Hur het tot op die top van die heuwel uitgeklim.
11Solank Moses sy hand opgehou het, was Israel die sterkste, en wanneer sy hand gesak het, die Amalekiete.
12Maar Moses se arms het begin moeg word. Hulle het toe 'n klip gevat en dit agter hom neergesit sodat hy daarop kon gaan sit. AĂ€ron en Hur het sy arms van weerskante af ondersteun sodat sy arms regop gebly het tot sononder.
13Josua het die Amalekiete heeltemal verslaan.
14Daarna het die Here vir Moses gesĂȘ: âSkryf hierdie woorde op in 'n boek as 'n blywende herinnering en lees dit vir Josua voor: Ek wil die Amalekiete heeltemal van die aarde af verdelg.â
15Moses het 'n altaar gebou en dit genoem: âDie Here gee my die oorwinning.â
16Verder het Moses gesĂȘ: âDit is die gedenkteken vir die oorwinning wat die Here gee. Die Here voer oorlog teen Amalek van geslag tot geslag.â