Afrikaans 1983 Bible - 22 verses
1Moses het die kleinvee van sy skoonpa Jetro, 'n priester van Midian, opgepas. Hy het die kleinvee diep die woestyn in gejaag totdat hy by Horeb, die berg van God, gekom het.
2Toe verskyn die Engel van die Here aan hom in 'n vlam binne-in 'n doringbos. Terwyl hy kyk, sien hy dat die doringbos aanhou brand, maar nie uitbrand nie.
3En Moses sĂȘ vir homself: âEk wil tog 'n bietjie nader gaan om hierdie wonderlike verskynsel te bekyk. Waarom brand die doringbos dan nie uit nie?â
4Toe die Here sien dat hy nader kom om te kyk, roep God na hom uit die doringbos: âMoses! Moses!â En hy antwoord: âHier is ek.â
5Die Here sĂȘ toe vir hom: âMoenie nĂłg nader kom nie. Trek uit jou skoene, want die plek waarop jy staan, is gewyde grond.â
6Verder sĂȘ Hy: âEk is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.â Toe maak Moses sy gesig toe, want hy was bang om na God te kyk.
7Daarna sĂȘ die Here: âEk het die ellende van my volk in Egipte duidelik gesien en hulle noodkrete oor die slawedrywers gehoor. Ek het hulle lyding ter harte geneem.
8Daarom het Ek afgekom om hulle uit die mag van Egipte te bevry en om hulle daarvandaan te laat trek na 'n goeie en uitgestrekte land, 'n land wat oorloop van melk en heuning. Dit is die land van die KanaÀniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.
9Die noodkrete van die Israeliete het My bereik, en Ek het ook aanskou hoe Egipte hulle verdruk.
10Daarom stuur Ek jou na die farao toe sodat jy my volk, die Israeliete, uit Egipte kan bevry.â
11Toe sĂȘ Moses vir God: âWie is Ă©k dat ek dit by die farao sou waag en dat Ă©k die Israeliete uit Egipte sou bevry?â
12God het Moses geantwoord: âEk sal by jou wees en die bewys dat Ek jou gestuur het, sal dĂt wees: wanneer jy die volk uit Egipte bevry het, sal julle My by hierdie berg aanbid.â
13Daarna sĂȘ Moses vir God: âSĂȘ nou maar ek kom by die Israeliete en ek sĂȘ vir hulle: âDie God van julle voorvaders het my na julle toe gestuur,â en hulle vra vir my: âWat is sy Naam?â wat moet ek dan vir hulle sĂȘ?â
14Toe sĂȘ God vir Moses: âEk is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sĂȘ: âEk isâ het my na julle toe gestuur.â
15Verder sĂȘ God vir Moses: âJy moet ook nog vir die Israeliete sĂȘ: âDie Here die God van julle voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, het my na julle toe gestuur.â Dit is ewig my Naam, dit is die Naam waarmee Ek aangeroep moet word van geslag tot geslag.
16âGaan roep nou die leiers van Israel bymekaar en sĂȘ vir hulle: âDie Here die God van julle voorvaders, die God van Abraham, Isak en Jakob, het aan my verskyn en gesĂȘ: Ek weet van julle en Ek weet ook wat julle aangedoen word in Egipte.
17Ek het besluit om julle te laat wegtrek uit die ellende van Egipte na die land van die KanaĂ€niete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, na 'n land wat oorloop van melk en heuning.â
18âDie leiers van Israel sal na jou luister, en dan moet jy en hulle na die Egiptiese koning toe gaan en vir hom sĂȘ: âDie Here die God van die HebreĂ«rs het Hom aan ons geopenbaar. Laat ons asseblief drie dagreise ver die woestyn in trek om vir ons God, die Here, 'n offer te bring.â
19âEk weet dat die Egiptiese koning julle nie sal laat gaan nie, selfs nie onder dwang nie.
20Dan sal Ek my hand uitsteek en Egipte teister met die wonderdade wat Ek in hom sal doen. Eers daarna sal die farao julle laat gaan.
21Ek sal ook sorg dat die Egiptenaars goed doen aan hierdie volk van My, sodat, as julle uiteindelik wegtrek, julle nie met leë hande sal gaan nie.
22Elke vrou moet van haar buurvrou of in die huis waar sy werk, silwer- en goue goed sowel as klere eis. Laat julle seuns en dogters dit dan as buit uit Egipte uit wegdra.â