Afrikaans 1983 Bible - 31 verses
1Maar toe sĂȘ Moses: âSĂȘ nou die Israeliete glo my nie en hulle luister nie na my nie en hulle sĂȘ die Here het nie aan my verskyn nie?â
2Toe vra die Here vir hom: âWat het jy in jou hand?â â'n Kierie,â antwoord Moses.
3âGooi die kierie op die grond!â sĂȘ die Here vir hom. Toe hy dit op die grond gooi, word dit 'n slang, en Moses het daarvoor padgegee.
4Die Here sĂȘ toe vir Moses: âSteek jou hand uit en gryp hom aan sy stert.â Moses steek sy hand uit en gryp hom, en skielik word dit weer 'n kierie in sy hand.
5Toe sĂȘ die Here: âOp grond hiervan sal hulle glo dat die Here die God van hulle voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, aan jou verskyn het.
6âSteek nou jou hand in die vou van jou klere!â Hy steek toe sy hand in en toe hy dit uittrek, was dit melaats, so wit soos sneeu.
7Hierna sĂȘ die Here: âSteek nou weer jou hand in jou klere.â Hy steek toe weer sy hand in en toe hy dit uittrek, was dit gesond.
8Toe sĂȘ die Here: âAs hulle jou na die eerste wonderwerk nie geglo het nie en hulle nie daaraan gesteur het nie, behoort hulle jou na hierdie een wel te glo.
9âAs hulle jou nĂĄ hierdie twee wonderwerke nog nie glo nie en nie na jou luister nie, moet jy van die Nyl se water vat en op die grond uitgooi. Die water wat jy uit die Nyl gevat het, sal dan op die grond bloed word.â
10Toe sĂȘ Moses vir die Here: âAg, Here, ek kan nie goed praat nie; ek kon nie vroeĂ«r nie en ek kan ook nie nou, hier waar U met my praat nie. Ek praat swaar, en my tong sukkel.â
11Daarna sĂȘ die Here vir hom: âWie het aan die mens 'n mond gegee? Wie maak stom of doof of siende of blind? Is dit nie Ek, die Here, nie?
12Gaan nou, Ek sal jou help met die praat en jou leer wat jy moet sĂȘ.â
13Maar Moses antwoord: âAsseblief tog, Here, stuur liewer iemand anders.â
14Toe word die Here kwaad vir Moses en sĂȘ: âAĂ€ron die Leviet is mos jou broer, en Ek weet hy kan sy woord goed doen. Hy is al op pad om jou te ontmoet en hy sal bly wees om jou weer te sien.
15Praat met hom en sĂȘ vir hom wat om te sĂȘ. Ek sal by jou wees as jy praat en by hom as hy praat en Ek sal julle leer wat om te doen.
16Wanneer hy namens jou met die volk praat, is hy jou segsman en jy die een wat hom sy opdragte gee.
17Hou nou die kierie waarmee jy die tekens moet gaan doen, by jou.â
18Daarna het Moses na sy skoonpa Jetro toe teruggegaan en vir hom gesĂȘ: âEk wil graag teruggaan na my mense toe in Egipte om te sien hoe dit met hulle gaan.â Jetro antwoord hom: âGaan gerus.â
19In Midian het die Here aan Moses gesĂȘ: âGaan nou terug na Egipte toe, want al die mense wat jou wou doodmaak, is al dood.â
20Toe is Moses met sy vrou en kinders na Egipte toe. Hy het sy vrou en kinders op 'n donkie laat ry en die kierie wat God hom gegee het, saamgevat.
21Die Here het vir Moses gesĂȘ: âWanneer jy teruggaan Egipte toe, moet jy sorg dat jy al die wonderwerke waartoe Ek jou in staat gestel het, voor die farao doen. Maar Ek sal hom hardkoppig maak, en hy sal die volk nie laat gaan nie.
22Dan moet jy vir die farao sĂȘ: So sĂȘ die Here: Israel is my oudste seun.
23Ek het vir jou gesĂȘ: Laat my seun gaan sodat hy My kan aanbid. Maar jy het geweier om hom te laat gaan, en nou gaan Ek jou oudste seun doodmaak.â
24Waar Moses-hulle langs die pad oornag het, het die Here by hom gekom en wou Hy vir Moses doodmaak.
25Sippora vat toe 'n klipmes, sny haar seun se voorhuid af, raak daarmee aan Moses se voete en sĂȘ: âJy is nou my bruidegom wat deur bloed beskerm word.â
26Die Here het Moses met rus gelaat net toe sy sĂȘ: âbruidegom wat deur bloed beskerm word.â Dit het betrekking op die besnydenis.
27Intussen het die Here vir AĂ€ron opdrag gegee om Moses in die woestyn tegemoet te gaan. Hy het gegaan en hom by die berg van God aangetref en met 'n soen gegroet.
28Moses vertel toe vir AĂ€ron van alles waarvoor die Here hom gestuur het, ook van al die tekens wat Hy hom beveel het om te doen.
29Moses en AĂ€ron het gegaan en al die leiers van die Israeliete bymekaargeroep.
30AĂ€ron het hulle alles vertel wat die Here vir Moses gesĂȘ het, en daarna het Moses die tekens voor die volk gedoen.
31Hulle het hom geglo. Toe hulle hoor dat die Here die nood van die Israeliete gesien het en Hom hulle lot aangetrek het, het hulle in aanbidding gebuig.