Afrikaans 1983 Bible - 19 verses
1Die woorde van Jeremia. Hy was 'n seun van Gilkija en 'n priester uit Anatot in Benjamin.
2Die woord van die Here het tot hom gekom tydens die regering van koning Josia van Juda, seun van Amon. Dit was in die dertiende regeringsjaar van Josia.
3Daarna het die woord van die Here tot Jeremia gekom tydens die regering van koning Jojakim van Juda, seun van Josia, en telkens tot die einde van die elfde regeringsjaar van koning Sedekia van Juda, seun van Josia. In die vyfde maand van daardie jaar is die inwoners van Jerusalem in ballingskap weggevoer.
4Die woord van die Here het tot my gekom:
5Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.
6âAg, Here my God,â het ek geantwoord, âek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.â
7Toe sĂȘ die Here vir my: Jy moenie sĂȘ: âEk is te jonkâ nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sĂȘ, moet jy sĂȘ.
8Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red. Dit is wat die Here gesĂȘ het.
9Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesĂȘ: Ek het nou my woorde in jou mond gelĂȘ.
10Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig.
11Die woord van die Here het tot my gekom: Wat sien jy, Jeremia? Ek het geantwoord: âEk sien 'n amandeltak.â
12Die Here het geantwoord: Jy het reg gesien. Ek staan gereed om te doen wat Ek gesĂȘ het.
13Die woord van die Here het 'n tweede keer tot my gekom: Wat sien jy? Ek het geantwoord: âEk sien 'n kokende pot in die noorde en dit kantel oor hiernatoe.â
14Toe sĂȘ die Here vir my: Van die noorde af gaan Ek 'n ramp stuur oor almal wat in hierdie land woon.
15Ek gaan alle volke, alle koninkryke van die noorde af roep, sĂȘ die Here. Hulle konings sal elkeen sy troon kom oprig voor die poorte van Jerusalem, by die mure rondom die stad en by al die stede van Juda.
16Ek sal die mense van Juda straf vir al hulle sondes: hulle het My verlaat, vir ander gode offers gebring en voor hulle eie handewerk in verering gebuig.
17Maak klaar, staan op, sĂȘ vir hulle alles wat Ek jou beveel. Moenie vir hulle skrik nie, want dan verpletter Ek jou voor hulle oĂ«.
18Ek maak jou vandag 'n vestingstad, 'n ysterpilaar, 'n bronsmuur sodat jy staande kan bly teen die hele land, teen die koningshuis van Juda en al sy amptenare, teen sy priesters en teen die bevolking.
19Hulle sal teen jou veg maar hulle sal jou nie oorweldig nie, want Ek is by jou, sĂȘ die Here, Ek sal jou red.