Afrikaans 1983 Bible - 37 verses
1Die woord van die Here het tot my gekom:
2Gaan roep hierdie woorde uit sodat elkeen in Jerusalem dit kan hoor. So sĂȘ die Here: Ek onthou nog hoe getrou jy aan My was in jou jeug; hoe lief jy My gehad het toe jy my bruid geword het, toe jy My die woestyn in gevolg het, in 'n wĂȘreld waar niks geplant word nie.
3Israel was toe aan die Here gewy soos die eerste vrugte van die oes. Niemand wat hierdie vrugte geĂ«et het, het ongestraf gebly nie, rampe het hom getref, sĂȘ die Here.
4Hoor die woord van die Here, mense van Jakob, al julle stamme van Israel!
5So sĂȘ die Here: Waarin het Ek gefaal dat julle voorvaders van My af weggedraai het, dat hulle nikswerd afgode gedien het en so self niks geword het?
6Hulle het nie gevra: âWaar is die Here wat ons uit Egipteland laat optrek het?â nie. Hy het ons deur die woestyn gelei, deur 'n droĂ« wĂȘreld vol slote, deur 'n dor land vol doodsgevaar, deur 'n land waardeur niemand trek en waarin geen mens woon nie.
7Ek het julle in 'n vrugbare land gebring om die vrugte daarvan en die goeie dinge daarin te geniet, maar toe julle in my land gekom het, het julle dit verontreinig; die land wat my eiendom is, is deur julle besoedel.
8Die priesters het nie gevra: âWaar is die Here?â nie, diĂ© wat my wil moes bekend maak, het My nie erken nie. Die regeerders het hulle teen My verset, die profete het in die naam van BaĂ€l opgetree en gode gedien wat nie kan help nie.
9Daarom kla Ek jou weer aan, sĂȘ die Here, en ook jou nakomelinge kla Ek aan.
10Gaan na die Kittiëreilande toe en kyk 'n bietjie, stuur boodskappers na Kedar toe en dink goed na: Het daar al ooit so iets gebeur,
11dat 'n nasie sy gode verruil het, selfs al was hulle geen gode nie? Maar my volk het My, hulle magtige God, verruil vir gode wat nie kan help nie.
12Selfs die hemel moet daaroor skrik en beef en sidder! sĂȘ die Here.
13My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.
14Het Israel 'n slaaf geword of is hy 'n slaaf gebore? Waarom is hy dan buitgemaak?
15Waarom brul en grom die leeus so teen hom? Waarom is sy land verwoes en lĂȘ sy stede in puin, sonder inwoners?
16Die manne van Memfis en Tagpanges sal jou kop inmekaarslaan.
17Jy het jou dit self aangedoen omdat jy My, die Here jou God, verlaat het toe Ek jou op jou pad gelei het.
18Wat wil jy bereik deur na Egipte toe te gaan en water uit die Nyl te gaan drink? Wat wil jy bereik deur na Assirië toe te gaan en water uit die Eufraat te gaan drink?
19Die kwaad wat jy gedoen het, sal jou straf word; omdat jy van My af weggedraai het, sal jy daaronder ly. Jy sal agterkom hoe rampspoedig dit is, jy sal proe hoe bitter dit is om My, die Here jou God, te verlaat, om geen eerbied meer vir My te hĂȘ nie, sĂȘ die Here God, die Almagtige.
20Jy het my gesag lankal verwerp, jou van My losgemaak, geweier om My te dien; jy het op elke hoë heuwel en onder elke groen boom aan tempelprostitusie deelgeneem en so die afgode gedien.
21Toe Ek jou geplant het, was jy 'n goeie wingerdstok, opreg gekweek, maar hoe het jy nie verander in onkruid, in 'n wilde wingerdstok nie!
22Al sou jy jou was met loog of met hoe baie seep, Ek sal nog die vlekke van jou sonde sien, sĂȘ die Here my God.
23Hoe kan jy dan sĂȘ: âEk het my nie verontreinig nie, ek het nie die BaĂ€ls gedien nieâ? Kyk hoe het jy jou gedra in die Hinnomdal. Besef tog wat jy gedoen het! Jy was soos 'n kameelkoei wat bul soek, wat kruis en dwars hardloop,
24soos 'n wildedonkie wat tuis is in die woestyn. Jy was soos 'n bronstige kameelkoei wat die wind opsnuif, wat onkeerbaar is in haar hittigheid. Die bulle wat haar soek, hoef hulle nie moeg te hardloop agter haar aan nie; wanneer sy wil paar, kry hulle haar maklik.
25Moenie jou skoene stukkend loop agter die afgode aan nie, jou keel laat droog word van die dors nie! Maar jy sĂȘ: âEk sal nie daarmee ophou nie! Ek het die vreemde gode lief, ek wil hulle dien.â
26Soos 'n dief in die skande kom wanneer hy betrap word, so sal die Israeliete in die skande kom: hulle, hulle konings, hulle amptenare, hulle priesters en hulle profete.
27Dit is hulle wat vir 'n stuk hout sĂȘ: âMy vader,â en vir 'n klip: âU het my in die wĂȘreld gebring.â Na My toe het hulle hulle rug gedraai in plaas van hulle gesig. Dit is net wanneer 'n ramp hulle tref dat hulle sĂȘ: âKom red ons tog!â
28Waar is jou gode wat jy vir jou gemaak het? Laat hulle jou kom red wanneer 'n ramp jou tref, as hulle kan! Soveel stede as wat jy het, Juda, net soveel gode het jy.
29Waarom twis julle met My? Julle het almal teen My in opstand gekom, sĂȘ die Here.
30Tevergeefs het Ek julle kinders gestraf, hulle het nie 'n les daaruit geleer nie. Soos leeus wat alles verskeur, het julle julle profete doodgemaak.
31Slaan ag op die woord van die Here, my volk! Was Ek dan vir Israel soos 'n woestyn of soos 'n stikdonker land? Waarom het my volk dan gesĂȘ: âOns rebelleer, ons wil U nie meer dien nieâ?
32Vergeet 'n meisie haar juwele of 'n bruid haar trourok? Tog het my volk My jare gelede al vergeet.
33Hoe geoefen is jy in die kuns om minnaars te soek; jy het al so gewoond geraak aan die kwaad!
34Die some van jou klere is vol bloed, die bloed van arm en onskuldige mense, nie dié van mense wat jy op inbraak betrap het nie. En ten spyte van dit alles
35sĂȘ jy: âEk is onskuldig; die Here is nie toornig op my nie.â Maar Ek gĂĄĂĄn jou straf omdat jy gesĂȘ het: âEk het nie gesondig nie.â
36Hoe laag het jy gedaal deur jou wispelturigheid! Egipte sal jou net so in die steek laat as wat Assirië jou in die steek gelaat het.
37Jy sal daarvandaan terugkom sonder dat jy jou sin gekry het, want Ek het almal verwerp op wie jy vertrou het; by hulle sal jy geen hulp kry nie.