Afrikaans 1983 Bible - 21 verses
1Sedekia seun van Josia het vir Jojagin seun van Jojakim wat deur koning Nebukadnesar van Babel as koning van Juda aangestel is, as koning opgevolg.
2Sedekia en sy amptenare en die landsburgers het nie geluister na wat die Here vir hulle gesĂȘ het deur die profeet Jeremia nie.
3Koning Sedekia het vir Jukal seun van Selemja saam met die priester Sefanja seun van MaĂ€seja na die profeet Jeremia toe gestuur om te vra: âBid tog vir ons tot die Here ons God.â
4Jeremia kon vrylik tussen die volk rondbeweeg, want hy was toe nog nie in die tronk gesit nie.
5Die leër van die farao het uit Egipte vertrek, en toe die Galdeërs deur wie Jerusalem beleër is, dit hoor, het hulle van Jerusalem af weggetrek.
6Die woord van die Here het tot die profeet Jeremia gekom:
7So sĂȘ die Here die God van Israel: Julle moet vir die koning van Juda deur wie julle na My toe gestuur is om My te raadpleeg, sĂȘ: Pasop! Die farao se leĂ«r wat vertrek het om julle te kom help, sal terugtrek na sy land Egipte toe.
8Die Galdeërs sal omdraai en teen hierdie stad kom veg en dit inneem en verbrand.
9So sĂȘ die Here: Julle moet julle nie mislei en dink die GaldeĂ«rs het beslis van ons af padgegee nie. Hulle gee nie pad nie,
10en selfs al sal julle die leĂ«r van die GaldeĂ«rs verslaan wat teen julle kom veg, en daar bly net swaar gewondes in hulle tente oor, sal hĂșlle kom en hierdie stad verbrand.
11Nadat die leër van die Galdeërs van Jerusalem af padgegee het uit vrees vir die leër van die farao,
12wou Jeremia uit Jerusalem gaan op pad na die gebied van Benjamin toe om sy erfgrond in ontvangs te neem by die mense daar.
13Toe Jeremia by die Benjaminpoort uit Jerusalem wou uitgaan, het die wagte se leier, Jirija seun van Selemja, seun van Gananja, die profeet Jeremia gevange geneem en gesĂȘ: âJy loop oor na die GaldeĂ«rs toe.â
14Maar Jeremia het vir hom gesĂȘ: âDis 'n leuen! Ek loop nie oor na die GaldeĂ«rs toe nie.â Maar Jirija wou nie na hom luister nie en het hom gevange geneem en na die koning se amptenare toe gebring.
15Hulle was kwaad vir Jeremia en het hom geslaan en toe in die staatsekretaris Jonatan se huis wat in 'n tronk verander is, in die tronk gesit.
16Daar is Jeremia in 'n put met sytonnels gesit waar hy lank gebly het.
17Later het koning Sedekia hom laat haal en in die geheim in die paleis vir hom gevra: âIs daar 'n woord van die Here af?â Jeremia het hom geantwoord: âDaar is. Jy sal in die mag van die koning van Babel uitgelewer word.â
18Toe vra Jeremia vir koning Sedekia: âWatter misdaad het ek teen u gepleeg, of teen u amptenare of teen hierdie volk dat julle my in die tronk gesit het?
19Waar is die profete wat vir julle as profete opgetree het en gesĂȘ het die koning van Babel sal nie teen julle en teen hierdie land kom oorlog maak nie?
20Maar luister tog nou na my, U Majesteit die Koning, dat ek my versoek tot u kan rig: Moet my tog nie terugstuur na die huis van die staatsekretaris Jonatan toe nie. Ek wil nie daar sterf nie!â
21Koning Sedekia het toe beveel dat hulle vir Jeremia moet aanhou in die binneplaas van die paleiswag en elke dag vir hom brood moet gee uit Bakkerstraat totdat die stad se brood op was. Jeremia het toe in die binneplaas van die paleiswag gebly.