Afrikaans 1983 Bible - 28 verses
1Sefatja seun van Mattan, Gedalja seun van Pasgur, Jukal seun van Selemja, en Pasgur seun van Malkija het gehoor wat Jeremia vir die hele volk sĂȘ, toe hy vir hulle gesĂȘ het:
2So sĂȘ die Here: Elkeen wat in hierdie stad woon, sal deur oorlog of deur hongersnood of deur pes omkom, maar elkeen wat oorloop na die GaldeĂ«rs toe, sal lewe. Hy sal sy lewe red, al sal hy net met sy lewe daarvan afkom.
3Die Here het verder gesĂȘ: Hierdie stad sal beslis in die mag van die koning van Babel oorgegee word en hy sal dit inneem.
4Die koning se amptenare het vir hom gesĂȘ: âHierdie man moet doodgemaak word, want hy maak die soldate wat nog in die stad oor is en die hele volk moedeloos deur so met hulle te praat. Hierdie man wil nie die volk help nie, hy wil hulle benadeel.â
5Toe sĂȘ koning Sedekia vir sy amptenare: âHy is in julle mag, ek kan julle nie keer nie.â
6Hulle vat toe vir Jeremia en gooi hom in die koning se seun Malkija se put in die binneplaas van die paleiswag. Hulle het vir Jeremia met toue laat afsak in die put waarin nie water was nie, net modder, en hy het in die modder ingesak.
7Maar Ebed-Melek, 'n Kussiet wat ontman was en in die paleis gewerk het, het gehoor dat Jeremia in die put gesit is. Die koning het toe in die Benjaminpoort gesit,
8en Ebed-Melek het uit die paleis uit na die koning toe gegaan en vir hom gesĂȘ:
9âU Majesteit die Koning, die mense het die profeet Jeremia sleg behandel: hulle het hom in 'n put gegooi en hy sal daar van honger omkom, want daar is nie meer brood in die stad nie.â
10Die koning het toe die Kussiet Ebed-Melek beveel: âVat drie man van hier af saam en trek die profeet Jeremia op uit die put voordat hy sterf.â
11Ebed-Melek het toe drie man saamgevat en hy is na die paleis se klerekas toe waar hy stukke klere, vodde, gevat het. Hy het dit na Jeremia toe in die put laat afsak met toue
12en vir hom gesĂȘ: âSit die stukkende klere, die vodde, onder jou armholtes onder die toue.â Jeremia het dit gedoen
13en hulle het hom met die toue uit die put getrek. Daarna het hy in die binneplaas van die paleiswag gebly.
14Koning Sedekia het die profeet Jeremia na hom toe laat haal. Die koning het by die derde ingang van die huis van die Here gesit en vir Jeremia gesĂȘ: âEk wil jou iets vra, maar jy moet my die waarheid vertel.â
15Maar Jeremia het koning Sedekia geantwoord: âAs ek dit doen, sal u my beslis doodmaak, en as ek u raad gee, sal u nie na my luister nie.â
16Sedekia het toe in die geheim 'n eed afgelĂȘ en vir Jeremia gesĂȘ: âSo seker as die Here leef, Hy wat die lewe aan ons gee, ek sal jou nie doodmaak nie en ek sal jou ook nie uitlewer aan die mense wat jou wil doodmaak nie.â
17Jeremia het vir Sedekia gesĂȘ: âSo sĂȘ die Here die almagtige God, die God van Israel: As jy uitgaan na die koning van Babel se offisiere toe, sal jy jou lewe red en hierdie stad sal nie verbrand word nie. Jy en jou familie sal bly lewe.
18Maar as jy nie na die koning van Babel se offisiere toe uitgaan nie, sal hierdie stad oorgegee word in die mag van die GaldeĂ«rs en hulle sal dit verbrand. Dan sal jy nie uit hulle mag vrykom nie.â
19Koning Sedekia het vir Jeremia geantwoord: âEk is bang vir ons volksgenote wat na die GaldeĂ«rs toe oorgeloop het. Die GaldeĂ«rs kan my dalk aan daardie volksgenote uitlewer, en hulle kan my dalk aanrand.â
20Maar Jeremia het vir die koning gesĂȘ: âU sal nie uitgelewer word nie. Luister tog na die woord van die Here soos ek dit vir u meegedeel het. Dan sal dit goed gaan met u, en u lewe sal gespaar bly.
21Maar as u weier om uit te gaan, dit is wat die Here my laat sien het:
22al die vrouens wat nog oor is in die koning van Juda se paleis, sal uitgelei word na die koning van Babel se offisiere toe, en hulle sal sĂȘ: â âDie koning van Israel se beste vriende het hom mislei, hulle het hom omgepraat; hulle het hom van die wal af in die sloot gehelp en hom toe in die steek gelaat.â
23âAl u vrouens en al u seuns sal uitgelei word na die GaldeĂ«rs toe en u sal nie uit hulle mag vrykom nie, want u sal deur die koning van Babel self gevange geneem word, en hierdie stad sal afgebrand word.â
24Sedekia het vir Jeremia gesĂȘ: âNiemand moet van hierdie gesprek weet nie. Dan sal jy nie doodgemaak word nie.
25As my amptenare uitvind dat ek met jou gepraat het en hulle kom sĂȘ vir jou: âVertel vir ons wat jy en die koning gepraat het, moenie iets vir ons wegsteek nie, ons sal jou nie doodmaak nie. Wat het die koning vir jou gesĂȘ?â
26moet jy vir hulle sĂȘ: Ek het by die koning kom pleit om my nie weer in die huis van Jonatan te sit om daar te sterf nie.â
27Die amptenare het toe ook na Jeremia toe gekom en hom uitgevra, maar hy het vir hulle gesĂȘ net soos die koning hom beveel het. Hulle het vir Jeremia toe met rus gelaat, want hulle kon niks uitvind nie.
28Jeremia het in die binneplaas van die paleiswag gebly totdat Jerusalem ingeneem is. Jerusalem is so ingeneem: