Afrikaans 1983 Bible - 47 verses
1Oor Moab. So sĂȘ die Here die Almagtige, die God van Israel: Ellende wag vir Nebo, want hy word verwoes; Kirjatajim word verneder en ingeneem, die vestingstad word verneder en platgeslaan.
2Die roem van Moab word nie meer besing nie; sy ondergang word in Gesbon beplan: âKom ons roei daardie nasie uit!â Ook aan Madmen word 'n einde gemaak! Die swaard is agter jou aan!
3Van Goronajim af klink smartkrete oor die groot verwoesting en ondergang.
4Moab word uitmekaargeskeur; smartkrete weerklink in sy dorpies.
5Sy mense klim huil-huil die opdraand na Lugit toe uit; benoude smartkrete oor die ondergang van Moab weerklink op die pad af na Goronajim toe.
6Vlug! Probeer wegkom, word liewer soos 'n kaal bossie in die woestyn!
7Omdat jy jou vertroue gestel het in wat jy self gedoen en vergaar het, word jy ook 'n gevangene en word Kemos in ballingskap weggevoer saam met sy priesters en sy amptenare.
8Die verwoester pak elke stad, nie een kom vry nie. Die Jordaanvallei gaan tot niet, die hoogvlakte word verwoes, want die Here het gepraat.
9Laat Moab vlug, want die land lĂȘ in puin. Sy stede lĂȘ verlate, sonder inwoners.
10Daar rus 'n vloek op elkeen wat traag is om die werk te doen wat die Here hom gegee het, op elkeen wat sy swaard nie vrylik bloed laat vergiet nie.
11Moab sit van sy jeug af rustig, so ongestoord soos wyn op sy afsaksel, wyn wat nie van een kruik in 'n ander oorgegooi is nie. Hy is nooit in ballingskap weggevoer nie; sy smaak het dieselfde gebly, sy geur het nie verander nie.
12Maar daar kom 'n tyd, sĂȘ die Here, dat Ek mense stuur wat wyn uitgooi, en hulle sal Moab uitgooi, hulle sal sy kruike leegmaak, sy wynkanne stukkend slaan.
13Moab sal by Kemos nie hulp kry nie, net so min as wat Israel hulp gekry het by Bet-El op wie hy vertrou het.
14Hoe kan julle nog sĂȘ: âOns is soldate, ons is manne wat reg is vir oorlog?â
15Die verwoester is al op pad na Moab se stede toe, en die keur van Moab se jongmanne is op pad na hulle dood toe. Dit is wat die Koning sĂȘ, sy Naam is die Here die Almagtige:
16Die ramp wat Moab gaan tref, is naby, sy ongeluk kom vinnig nader.
17Julle almal rondom hom, julle almal wat hom by die naam ken, kan maar met meegevoel die koppe skud en sĂȘ: âHoe het diĂ© magtige ryk, diĂ© glansryke heerskappy, tot 'n val gekom!â
18Klim maar af van jou ereplek af en gaan sit op die dorre aarde, inwoner van Dibon, want die verwoester van Moab is al op pad na jou toe; hy gaan jou vestingstede in puin lĂȘ.
19Gaan staan op die uitkyk langs die pad, inwoner van AroĂ«r, ondervra elke man en vrou wat vlug, wat probeer ontkom, vra: âWat het gebeur?â
20Moab is verslaan, hy is angsbevange. Huil, skreeu, gaan vertel by die Arnon dat Moab verwoes is!
21Die straf het gekom na die land met die hoogvlakte toe, na Golon, na Jahas, na MefaÀt toe,
22na Dibon, na Nebo, na Bet-Diblatajim toe,
23na Kirjatajim, na Bet-Gamul, na Bet-Meon toe,
24na Kerijot, na Bosra, na al die stede in Moab toe, ver en naby.
25Die heerskappy van Moab is vernietig, sy mag is gebreek, sĂȘ die Here.
26Moab het hom groot gehou teen die Here; maak hom dronk, laat hom aanhou braak, laat hom ook 'n spot word!
27Jy het mos vir Israel gespot, Moab; het Israel hom dan met diewe opgehou dat jy met voldoening jou kop moes knik elke keer as jy oor hom gepraat het?
28Vlug uit die stede! Gaan woon teen die kranse, inwoners van Moab! Word soos duiwe wat nes maak bo teen die rante van 'n put.
29Ons het gehoor van Moab se vermetelheid, sy opperste hoogmoed, sy verwaandheid, sy vermetelheid en sy trots, sy selfvoldaanheid.
30Ek ken sy hovaardigheid, sĂȘ die Here; sy grootpratery bring niks, al wat hy doen, kom tot niks.
31Daarom huil Ek oor Moab, kla Ek oor die hele Moab, en kerm die mense oor die manne van Kir-Geres.
32Meer as oor Jaser huil Ek oor jou, wingerd van Sibma; jou ranke reik tot aan die see, hulle strek tot by Jaser. Die verwoester sak toe op jou vrugte en jou druiwe.
33Vreugde en gejuig het verdwyn uit die vrugteboorde en uit Moab; Ek het die wyn laat wegraak uit die parskuipe; die vreugde om druiwe uit te trap is daar nie meer nie, daar is geen oesvreugde meer nie.
34Die hulpgeroep van Gesbon klink tot in Elale, dit word gehoor tot by Jahas, van Soar af tot by Goronajim en Eglat-Selisija. Selfs die water van Nimrim het opgedroog.
35Ek maak 'n end, sĂȘ die Here, aan diĂ© Moab wat hoogtes toe gaan en aan hulle gode offer.
36Soos die klaagsang van 'n fluit, so kla dit in My oor Moab. Soos die klaagsang van 'n fluit, so kla dit in My oor die mense van Kir-Geres: alles wat hulle vergaar het, is daarmee heen.
37Almal treur: die koppe is kaalgeskeer, die baarde afgesny, die hande het snye aan, almal dra rouklere;
38daar word oral op die dakke in Moab en op sy stadspleine getreur, want Ek het Moab gebreek soos 'n kleipot wat niemand wil hĂȘ nie, sĂȘ die Here.
39Hoe angsbevange word Moab, hoe vlug hy nĂĄ sy neerlaag! Huil maar, want Moab word 'n spot, hy word 'n afskrikwekkende voorbeeld vir sy bure.
40So sĂȘ die Here: Die vyand sal soos 'n aasvoĂ«l op Moab afsak en oor hom sweef.
41Stede sal verower word, vestings ingeneem word. Daardie dag sal Moab se soldate so bang wees soos vrouens wat vasgekeer is.
42Moab sal uitgeroei word en ophou om 'n volk te wees, want hy het hom groot gehou teen die Here.
43Daar wag gevaar en vanggate en strikke vir julle, inwoners van Moab, sĂȘ die Here.
44Wie van die gevaar af probeer wegkom, sal in 'n vanggat val, wie uit 'n vanggat probeer uitklim, sal in 'n strik gevang word. Ek bring oor Moab 'n jaar van afrekening, sĂȘ die Here.
45In die skaduwee van Gesbon staan die vlugtelinge sonder krag, want daar het 'n vuur uit Gesbon uit gegaan, 'n vlam uit Sihon uit, en dit het die voorkop van Moab, die koppe van die grootpraters verteer.
46Dit is klaar met jou, Moab; die volk van Kemos word uitgeroei. Jou seuns word in ballingskap weggevoer, jou dogters as gevangenes.
47Maar wanneer die tyd daar is, sal Ek die lot van Moab verander, sĂȘ die Here. Hier eindig die oordeel oor Moab.