Afrikaans 1983 Bible - 39 verses
1Oor die Ammoniete. So sĂȘ die Here: Het Israel dan nie seuns nie, het hy niemand wat sy vyand verdryf nie? Waarom het Milkom die gebied van Gad in besit geneem en woon sĂœ mense in Gad se stede?
2Daar kom 'n tyd, sĂȘ die Here, dat Ek oorlog aankondig teen Rabba, die Ammonietestad. Hy sal 'n verlate ruĂŻneheuwel word en sy buitedorpe sal afgebrand word. Dan sal Israel diĂ© verdryf wat hom verdryf het, sĂȘ die Here.
3Huil, Gesbon, jy is verwoes, 'n puinhoop, roep om hulp, vroue van Rabba, trek rouklere aan en treur, hardloop heen en weer tussen die landmure, want Milkom word in ballingskap weggevoer saam met sy priesters en sy amptenare.
4Wat beroem jy jou op valleie, weerspannige volk, op jou waterryke vallei? Jy vertrou op jou rykdom en jy sĂȘ: âWie sal my bykom?â
5Ek bring angs oor jou vir almal rondom jou, sĂȘ die Here God, die Almagtige. Julle sal uitmekaargejaag word, en niemand sal die vlugtelinge bymekaarmaak nie.
6Maar Ek sal tĂłg later die lot van die Ammoniete verander, sĂȘ die Here.
7Oor Edom. So sĂȘ die Here die Almagtige: Is daar geen wysheid meer in Teman nie? Het die manne met insig nie meer raad nie? Het hulle wysheid verdwyn?
8Draai om, vlug! Kruip diep weg, inwoners van Dedan! Ek bring 'n ramp oor Esau, die tyd vir sy straf is daar.
9As ander jou wingerd kom afoes, sal hulle niks vir jou laat oorbly nie. As daar diewe in die nag kom, steel hulle tot hulle genoeg het.
10Ek het Esau kaalgestroop, Ek het sy skuilplekke oopgemaak, sodat niemand daar kan wegkruip nie. Sy nageslag is uitgeroei, en ook sy broers en sy bure; daar is niemand oor nie.
11Laat maar jou weeskinders agter, Ek sal hulle in die lewe hou; en laat jou weduwees op My vertrou.
12Ja, so sĂȘ die Here: As selfs diĂ© wat dit nie verdien nie, die oordeelsbeker moet drink, kan jĂœ ongestraf bly? Jy sal nie ongestraf bly nie; drink sal jy die beker drink.
13Ek lĂȘ 'n eed af by Myself, sĂȘ die Here, dat Bosra 'n verlate plek sal word, 'n spot, 'n uitgedorde stuk grond, 'n voorbeeld wat in verwensings aangehaal word, en dat al sy buitedorpe vir altyd in puin sal lĂȘ.
14Ek het 'n boodskap ontvang, en dit kom van die Here af. Daar is 'n boodskapper onder die nasies rondgestuur om te sĂȘ: Kom bymekaar, trek teen Edom op, maak oorlog teen hom!
15Edom, Ek maak jou 'n klein volkie onder die volke, een wat nie deur mense gereken word nie.
16Die vrees wat ander vir jou het en jou vermetelheid het jou mislei. Jy woon teen die kranse, jy klou vas aan die hoĂ« bergtoppe, maar al bou jy jou nes daar in die hoogte soos 'n aasvoĂ«l, Ek sal jou daar afhaal, sĂȘ die Here.
17Edom sal 'n verlate plek word; elkeen wat daar verbykom, sal sy asem intrek en van verbasing fluit oor die slag wat vir Edom getref het.
18Soos Sodom en Gomorra en die buurdorpe verwoes is, sĂȘ die Here, so sal niemand in Edom woon nie; geen mens sal daar wil bly nie.
19Soos 'n leeu uit die digte Jordaanbos toeslaan op 'n weiveld aan 'n standhoudende stroom, so sal Ek vir Edom eensklaps verjaag uit sy land, en Ek sal vir dié taak aanwys wie Ek verkies. Wie is soos Ek, wie kan My tot verantwoording roep? Wie is die regeerder wat teen My kan standhou?
20Hoor wat die Here besluit het, wat sy beslissing oor Edom is, wat Hy Hom voorgeneem het oor die inwoners van Teman: hulle sal weggesleep word deur hulle eie jongmanne, Edom se woonplek sal deur hulle eie toedoen verwoes word.
21Die aarde sal skud van die dreun van Edom se val, die geroep om hulp sal gehoor word tot by die Rietsee.
22Die vyand sal soos 'n aasvoël opvlieg en afsak en oor Bosra sweef, en daardie dag sal Edom se soldate so bang wees soos vrouens wat vasgekeer is.
23Oor Damaskus. Hamat en Arpad is verslae, hulle het slegte nuus gehoor, hulle is onrustig, soos 'n onstuimige see, hulle kan nie tot rus kom nie.
24Damaskus is magteloos, hy draai om om te vlug, hy is vreesbevange, angs en pyn soos diĂ© van 'n vrou wat 'n kind in die wĂȘreld bring, het hom beetgepak.
25Hoe word so 'n beroemde stad dan nie gespaar nie, so 'n vrolike stad?
26Sy jongmanne sal op sy strate sneuwel, al sy soldate sal omgebring word wanneer die tyd daar is, sĂȘ die Here die Almagtige.
27Ek steek die stad Damaskus aan die brand, die vuur sal die paleise van Ben-Hadad verteer.
28Oor Kedar en oor die koninkryke van Gasor wat deur koning Nebukadnesar van Babel aangeval is. So sĂȘ die Here: Kom, val vir Kedar aan, verdryf diĂ© mense wat in die ooste woon!
29Hulle tente en hulle kleinvee sal gevat word, hulle tentdoeke, hulle gereedskap, hulle kamele sal geroof word, en mense sal vir hulle skreeu: âGevaar! Gevaar!â
30Vlug! Hardloop! Kruip diep weg, inwoners van Gasor! sĂȘ die Here; koning Nebukadnesar van Babel het 'n plan met julle, hy het 'n besluit oor julle geneem.
31Gaan val diĂ© nasie aan wat so sonder sorge is en so rustig woon, het die Here gesĂȘ. Sy stede het nie poorte en sluitbalke nie en hy woon eenkant alleen.
32Hulle kamele sal buitgemaak word, hulle groot troppe vee sal geroof word. Ek sal hulle oor al die windstreke verstrooi, diĂ© mense wat die kante van hulle koppe kaal skeer, Ek sal hulle van alle kante af deur rampe laat tref, sĂȘ die Here.
33Gasor sal 'n blyplek vir jakkalse word, vir altyd verlate. Daar sal niemand meer woon nie, geen mens sal daar wil bly nie.
34Die woord van die Here wat tot die profeet Jeremia gekom het oor Elam. Dit was aan die begin van die regeringstyd van koning Sedekia van Juda.
35So sĂȘ die Here die Almagtige: Ek gaan Elam se pyl en boog breek, Ek gaan die keur van sy leĂ«rmag vernietig.
36Ek laat die vier winde losbreek teen Elam, die winde uit die vier hoeke van die hemelruim, Ek verjaag hulle al die windrigtings in; daar sal nie 'n nasie wees nie of van Elam se vlugtelinge sal daar beland.
37Ek laat Elam se mense paniekbevange raak voor hulle vyande, voor diĂ© wat hulle lewe soek; Ek laat 'n ramp teen hulle losbreek, my gloeiende toorn, sĂȘ die Here, Ek stuur die swaard agter hulle aan totdat Ek hulle heeltemal uitgeroei het.
38Ek sal my regterstoel in Elam neersit en koning en amptenare laat ombring, sĂȘ die Here.
39Maar wanneer die tyd daar is, sal Ek die lot van Elam verander, sĂȘ die Here.