Afrikaans 1983 Bible - 28 verses
1Die woord van die Here het tot my gekom:
2âMens, jy woon tussen 'n weerbarstige volk. Hulle het oĂ« om te sien, maar hulle sien nie. Hulle het ore om te hoor, maar hulle hoor nie. Hulle is 'n weerbarstige volk.
3Jy, mens, moet die goed vat wat jy saam met jou in ballingskap sou wou neem en vandag nog weggaan van waar jy is na 'n ander plek toe asof jy in ballingskap weggaan. Hulle moet jou dit kan sien doen. Miskien sien hulle dit raak, maar hulle is 'n weerbarstige volk.
4Jy moet die goed wat jy in ballingskap sou wou saamvat, vandag uitbring waar hulle dit sien, en vanaand terwyl hulle jou sien, moet jy vertrek asof jy in ballingskap weggaan.
5Breek voor hulle oë 'n gat in die muur en gaan daardeur.
6Sit die goed voor hulle oĂ« op jou skouers en vertrek in die donker. Maak jou gesig toe sodat jy nie die land sien nie. Ek maak jou 'n teken vir Israel.â
7Ek het gedoen wat my beveel is. Ek het die dag my goed wat ek in ballingskap sou wou saamvat, uitgebring en die aand het ek met my hande 'n gat deur die muur gebreek. Ek het in die donker vertrek terwyl ek my goed voor hulle oë op my skouers gedra het.
8Die mĂŽre het die woord van die Here tot my gekom:
9âMens, die weerbarstige volk Israel het vir jou gevra wat maak jy.
10SĂȘ vir hulle: So sĂȘ die Here my God: Hierdie uitspraak gaan oor die koning in Jerusalem en oor al die Israeliete wat in die stad is.
11âJy moet sĂȘ: âEk is vir julle 'n teken. Soos ek gedoen het, so sal met julle gedoen word.â âHulle sal gevangenes word en in ballingskap weggevoer word.
12Die koning wat tussen hulle is, sal sy goed in die donker op sy skouers sit en vertrek. Hy sal 'n gat deur die muur breek om deur te gaan en hy sal sy gesig toemaak sodat hy nie die land kan sien nie.
13Ek gooi my vangnet oor hom, hy sal gevang word in my net, en Ek sal hom na Babel, na Galdeërland toe bring, maar hy sal dit nie sien nie en sal daar sterf.
14Almal by hom wat hom help, al sy soldate wat hom help, sal Ek in al die windrigtings verstrooi en hulle met die swaard agtervolg.
15Wanneer Ek hulle uitmekaargejaag het onder die nasies in en hulle oor baie lande verstrooi het, sal hulle besef dat Ek die Here is.
16Maar Ek sal 'n paar van hulle laat oorbly nĂĄ die oorlog, die hongersnood en die pes sodat hulle van hulle afskuwelike dade kan vertel waar hulle onder die nasies kom en die nasies sal besef dat Ek die Here is.â
17Die woord van die Here het tot my gekom:
18âMens, jy moet jou kos al bewende eet en jou water met ontsteltenis en met kommer drink.
19En jy moet vir die burgers van die land sĂȘ: So sĂȘ die Here my God vir die inwoners van Jerusalem, vir die land Israel: Hulle sal hulle kos met kommer eet en hulle water met huiwering drink, want die land sal gestroop word van alles wat daarin is omdat almal wat daar gewoon het, soveel geweld gepleeg het.
20Die stede wat bewoon is, sal puinhope word en die land sal verlate wees. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.â
21Die woord van die Here het tot my gekom:
22âMens, wat se spreekwoord is dit wat julle oor die land Israel het? Julle sĂȘ: âDie tyd gaan verby en daar kom niks van al die gesigte nie.â
23SĂȘ vir hulle: So sĂȘ die Here my God: Ek maak 'n end aan diĂ© spreekwoord. Hulle sal hom nie weer in Israel gebruik nie. SĂȘ vir hulle: Die tyd kom vinnig nader en so ook die vervulling van elke gesig.
24Daar sal nie meer vertel word van gesigte wat nie daar was nie, en daar sal nie meer gladde waarsĂȘerpraatjies onder Israel wees nie.
25Ek, die Here, sĂȘ wat Ek sĂȘ, en dit gebeur en word nie meer uitgestel nie. In julle tyd, weerbarstige volk, sĂȘ Ek dit, en Ek sal dit doen,â sĂȘ die Here my God.
26Die woord van die Here het tot my gekom:
27âMens, die Israeliete sĂȘ: âDiĂ© gesig wat hy sien, gaan oor lang tye, hy kondig dinge aan vir die verre toekoms.â
28SĂȘ vir hulle: So sĂȘ die Here my God: Niks van wat Ek gesĂȘ het, sal meer uitgestel word nie. Wat Ek gesĂȘ het, sal nou gebeur,â sĂȘ die Here my God.