Afrikaans 1983 Bible - 23 verses
1Die woord van die Here het tot my gekom:
2âMens, tree jy as profeet op teen die mense wat hulle as profete van Israel voordoen. SĂȘ vir diĂ© mense wat as profete optree uit hulle eie verbeelding: Hoor die woord van die Here!
3So sĂȘ die Here my God: Ellende wag vir die verwaande profete wat geen gesigte gesien het nie en hulle deur hulle eie gedagtes laat lei.
4Jou profete is soos jakkalse tussen die puinhope, Israel.
5Hulle het nie gegaan na waar die muur omgeval het en weer 'n muur om Israel gebou sodat hy staande kan bly in die oorlog wanneer die oordeelsdag van die Here kom nie.
6Hulle het gesigte gesien wat nie daar was nie en hulle waarsĂȘery is leuens. Hulle sĂȘ: âDie Here sĂȘâ al het Hy hulle nie gestuur nie, en dan verwag hulle dat Hy moet laat uitkom wat hulle sĂȘ.
7Hulle sien gesigte wat nie daar was nie en hulle verkondig leuens as waarsĂȘery, hulle sĂȘ: âDie Here sĂȘâ, maar Ek het dit nie gesĂȘ nie.
8âDaarom,â so sĂȘ die Here my God, âomdat wat hulle sĂȘ, vals is en omdat wat hulle as gesigte sien, leuens is, is Ek hulle teenstander,â sĂȘ die Here my God.
9âEk tree op teen die profete wat gesigte sien wat nie daar was nie en wat leuens uitgee vir waarsĂȘery. Hulle sal nie plek hĂȘ in die vertroulike byeenkoms van my volk nie, nie opgeskryf word in die boek van Israel nie en nie op die grondgebied van Israel kom nie. Dan sal hulle besef dat Ek die Here God is.
10âHulle het my volk verlei, hulle het gesĂȘ: âDit sal goed gaanâ toe dit nie sou goed gaan nie, en toe die volk 'n muur bou, het daardie profete dit netjies afgewit.
11âSĂȘ vir diĂ© wat die muur afgewit het wat gaan val: Daar kom stortreĂ«ns, Ek laat haelstene val, stormwinde sal losbreek.
12Die muur gaan val, en die mense sal vir julle vra: âWaar is die witsel waarmee julle dit afgewit het?â
13âDaarom,â so sĂȘ die Here my God, âlaat Ek stormwinde losbreek in my gramskap, laat Ek stortreĂ«ns in my toorn, haelstene in my gramskap kom om alles te vernietig.
14Ek breek die muur af wat julle so netjies afgewit het, Ek maak hom gelyk met die grond. Sy fondamente sal sigbaar word, hy sal val en julle sal in sy puin aan julle einde kom. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.
15[15-16] Ek sal my gramskap laat uitwoed teen die muur en teen diĂ© wat hom afgewit het en Ek sal vir julle sĂȘ: Daar is nie meer 'n muur nie en diĂ© wat hom afgewit het, die profete van Israel, is nie meer daar nie. Dit is hulle wat vir Jerusalem as profete opgetree het, vir die stad gesigte gesien het oor hoe goed dit sou gaan terwyl dit nie goed sou gaan nie.â Dit is wat die Here my God gesĂȘ het.
16***
17âMens, praat met die vroue van jou volk, diĂ© wat as profete optree uit hulle eie verbeelding, wees jy 'n profeet teen hulle.
18Jy moet sĂȘ: So sĂȘ die Here my God: Ellende wag vir diĂ© wat toorbande om hulle gewrigte vaswerk en sluiers van allerlei lengtes aansit om mense in hulle mag te kry. Kan julle my volk in julle mag kry en julle eie lewens behou?
19Julle het my Naam ontwy onder my volk vir 'n paar handevol gars en 'n paar stukkies brood. Julle het mense doodgemaak wat nie moes gesterwe het nie, julle het mense in die lewe laat bly wat nie moes bly lewe het nie. Julle het dit gedoen deur my volk te belieg, hulle wat so graag leuens hoor.
20âDaarom,â so sĂȘ die Here my God, âpluk Ek die toorbande van julle arms af, die bande waarmee julle mense soos voĂ«ltjies in julle mag gekry het, en laat Ek die mense vry vir wie julle so in julle mag gekry het.
21Ek ruk julle sluiers af en red my volk uit julle mag. Hulle sal nie meer 'n magtelose prooi in julle hande wees nie. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.
22Julle het met julle leuens mense wat my wil wou doen, laat moed verloor; Ek het hulle nie smart aangedoen nie. Julle het goddelose mense aangemoedig om hulle nie van hulle verkeerde lewe te bekeer en so hulle lewens te behou nie.
23Daarom sal julle nie meer gesigte sien wat nie daar is nie en sal julle nie met julle waarsĂȘery aangaan nie. Ek sal my volk red uit julle mag. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.â