Afrikaans 1983 Bible - 24 verses
1Die woord van die Here het tot my gekom:
2âMens, jy moet vir Israel 'n fabel, 'n gelykenis, vertel.
3Jy moet vir hulle sĂȘ: So sĂȘ die Here my God: âDie groot arend met die groot vlerke, die lang vlerkpenne en die digte, bont vere het na die Libanon toe gekom en die top van die seder weggevat.
4Hy het die boonste takkie afgepluk, dit na die land van die handelaars toe gebring en dit daar in die stad van die smouse gaan neersit.
5Daarna het hy 'n steggie uit Israel gevat en dit in die grond gesit waar daar baie water was en waar dit kon floreer.
6Die steggie het gegroei en 'n wingerdstok geword wat welig was maar laag op die grond moes bly met sy blare na die arend toe gedraai en sy wortels onder hom. Dit het 'n wingerdstok geword, ranke gemaak en lote uitgeskiet.
7Daar kom toe nog 'n groot arend met groot vlerke en baie vere, en die wingerdstok draai sy wortels na dié arend toe en stuur sy ranke in dié se rigting sodat die arend vir hom nog meer water kan gee as wat daar was op die plek waar hy geplant was.
8Hy was geplant in goeie grond, by baie water; hy kon ranke maak en druiwe dra, hy kon 'n pragtige wingerdstok geword het.
9âJy moet sĂȘ: So sĂȘ die Here my God: âSal dit goed gaan met die wingerdstok? Gaan die eerste arend dan nie sy wortels uittrek en sy vrugte vernietig sodat al sy druiwe verdroog wat aan die ryp word was nie? Daar is nie groot mag en baie mense nodig om hom met wortels en al uit te trek nie.
10Hy is geplant, maar sal hy goed groei? Sal hy nie heeltemal verdor wanneer die oostewind hom tref nie? Hy sal verdroog op die plek waar hy gegroei het.â
11Die woord van die Here het tot my gekom:
12âJy moet vir hierdie weerbarstige volk vra: Weet julle nie wat dit beteken nie? âJy moet sĂȘ: Die koning van Babel het na Jerusalem toe gekom, die koning en die amptenare van die stad gevat en na hom toe in Babel gebring.
13Daarna het hy iemand uit die koninklike geslag gevat, met hom 'n ooreenkoms gemaak en hom 'n eed van trou laat sweer. Die koning van Babel het die vooraanstaande mense uit die land weggevat
14sodat die koninkryk swak sou wees en nie in opstand sou kom nie en sodat daar aan die ooreenkoms gehou sou word en dit sou bly bestaan.
15Maar die nuwe koning van Jerusalem het in opstand gekom teen die koning van Babel en gesante na Egipte toe gestuur om perde en baie manskappe te vra. Maar sal hy slaag met sy onderneming? Sal hy vrykom as hy so iets doen? Sal hy vrykom as hy die ooreenkoms verbreek?
16âSo seker as Ek leef,â sĂȘ die Here my God, âhy sal binne-in Babel sterf, in die stad van die koning wat hom koning gemaak het. Hy het sy eed van getrouheid aan daardie koning geminag en die ooreenkoms met hom verbreek.
17Die farao sal nie in die geveg help met 'n groot leërmag, met baie manskappe nie. Inteendeel, daar sal 'n beleëringswal teen Jerusalem opgegooi word en beleëringswerke gebou word met die doel om baie mense uit te roei.
18Die koning het sy eed van getrouheid geminag en die ooreenkoms verbreek. Hy het 'n plegtige onderneming gemaak en toe tog al hierdie dinge gedoen: hy kan nie vrykom nie.â
19So sĂȘ die Here my God: âSo seker as Ek leef, Ek laat hom die gevolge dra daarvan dat hy die eed van getrouheid aan My geminag en die verbond met My verbreek het.
20Ek gooi my vangnet oor hom, hy word gevang in my net, en Ek bring hom na Babel toe waar Ek hom sal laat boet vir sy ontrou aan My.
21Al sy soldate wat saam met hom sal probeer vlug, sal met die swaard doodgemaak word, en diĂ© wat oorbly, sal in alle windrigtings verstrooi word. Dan sal hulle besef dat dit Ek, die Here, is wat gepraat het.â
22So sĂȘ die Here my God: âEk vat die top van die hoĂ« seder weg en plant hom, Ek pluk die sagte boonste takkie af en plant hom op 'n hoĂ« berg.
23Ek plant hom hoog op die bergland van Israel waar hy takke sal maak en saad sal skiet. Hy sal 'n pragtige seder word, en in hom sal al die voëls woon; al wat vlerke het, sal in die skaduwee van sy takke nes maak.
24Al die bome in die veld sal weet dat Ek die Here is. Ek maak groot bome klein en klein boompies groot, Ek laat groen bome verdroog en droĂ« bome bot. Ek, die Here, het dit gesĂȘ en Ek sal dit doen.â