Afrikaans 1983 Bible - 32 verses
1Die woord van die Here het tot my gekom:
2âWaarom gebruik julle in die land Israel hierdie spreekwoord: â âDie vaders eet groen druiwe, en dan word die kinders se tande stompâ?
3âSo seker as Ek leef,â sĂȘ die Here my God, âjulle sal nie meer diĂ© spreekwoord in Israel gebruik nie.
4Al die mense behoort aan My, vaders en kinders is Myne. Dit is die mens wat sondig wat sal sterf.
5Wie wil leef volgens my wil, sal reg laat geskied en reg doen:
6âhy sal nie aan die offermaaltye op die berge deelneem nie, hy sal nie hulp soek by die afgode van die volk Israel nie, hy sal nie 'n ander se vrou onteer nie, hy sal nie aan 'n vrou raak wat menstrueer nie,
7hy sal niemand verdruk nie, hy sal goed wat hy in pand geneem het, teruggee, hy sal niemand beroof nie, hy sal van sy kos gee vir dié wat honger is, hy sal klere gee vir dié wat nie klere het nie,
8hy sal nie geld op rente uitleen nie en nie woekerwins vat nie, hy sal hom van onreg weerhou en reg laat geskied in sake tussen mense,
9hy sal lewe volgens my voorskrifte, my bepalings gehoorsaam en hulle getrou nakom. âSo iemand leef volgens my wil en hy sal bly lewe,â sĂȘ die Here my God.
10âMaar so iemand kan 'n wilde seun hĂȘ wat moord pleeg of van diĂ© sondes doen
11terwyl die pa dit nie gedoen het nie. As die seun aan die offermaaltye op die berge deelneem, 'n ander se vrou onteer,
12die mens in nood en die arme verdruk, mense beroof, goed wat hy in pand geneem het, nie teruggee nie, hulp soek by afgode en so afskuwelike dade pleeg,
13geld op rente uitleen of woekerwins vat, kan hy nie bly lewe nie. Hy sal nie bly lewe nie, hy het al hierdie afskuwelike dinge gedoen en hy moet dood. Hy verdien die dood.
14âMaar so 'n seun kan op sy beurt 'n seun hĂȘ, en diĂ© kan al die sonde sien wat sy pa doen en My dien en nie sulke sondes doen nie.
15Hy neem nie deel aan die offermaaltye op die berge nie, soek nie hulp by die afgode van die volk Israel nie, onteer nie 'n ander se vrou nie,
16verdruk niemand nie, vat niks in pand nie, beroof niemand nie, gee van sy kos vir dié wat honger is, gee klere vir dié wat nie het nie,
17weerhou hom van verdrukking, vat nie rente of woekerwins nie, doen wat Ek bepaal en lewe volgens my voorskrifte. So iemand sal nie sterf vir sy pa se sondes nie, hy sal bly lewe.
18Maar sy pa sal sterf vir sy eie sonde. Hy het mense verdruk en beroof en het verkeerde dinge gedoen tussen sy mense.
19âJulle vra waarom die seun nie die straf op sy pa se sonde kan dra nie? Omdat die seun reg laat geskied en reg leef. Hy is gehoorsaam aan al my voorskrifte en hy voer hulle uit, en daarom sal hy bly lewe.
20Die mens wat sondig, sal sterwe. 'n Seun sal nie die straf op sy pa se sonde dra nie, en 'n pa sal nie die straf op sy seun se sonde dra nie. Wie leef volgens my wil, sal die vrugte daarvan pluk. Wie goddeloos is, sal die straf daarvoor dra.
21âMaar die goddelose wat hom van al sy sondes bekeer, al my voorskrifte nakom, reg laat geskied en reg doen, sal bly lewe, hy sal nie sterwe nie.
22Nie een van sy oortredings wat hy begaan het, sal teen hom gehou word nie. Hy sal bly lewe op grond van die reg wat hy doen.
23Dit is beslis nie my wil dat die goddelose moet sterf nie, sĂȘ die Here my God, dit is my wil dat hy hom bekeer van sy verkeerde dade en dat hy bly lewe.
24âEn as iemand wat altyd my wil gedoen het, ophou om dit te doen en onreg pleeg en die afskuwelike dinge doen wat die goddelose doen, sal hy nie bly lewe nie. Nie een van die goeie dinge wat hy gedoen het, sal in sy guns tel nie, want hy het ontrou geword en hy sal sterf op grond van sy sonde wat hy gedoen het.
25âJulle sĂȘ: âDie Here tree nie reg op nie.â Luister, Israel, tree Ăk nie reg op nie? Dit is julle wat nie reg optree nie!
26As iemand wat altyd my wil gedoen het, ophou om dit te doen en onreg pleeg en op grond daarvan sterf, sterf hy op grond van die onreg wat hy gepleeg het.
27En as 'n goddelose hom bekeer van sy goddelose optrede en hy laat reg geskied en doen reg, hou hy hom in die lewe.
28Omdat hy tot insig gekom het en hom bekeer het van al sy oortredings wat hy begaan het, sal hy bly lewe, hy sal nie sterwe nie.
29En dan sĂȘ Israel: âDie Here tree nie reg op nie.â Is dit Ek wat nie reg optree nie, Israel? Dit is julle wat nie reg optree nie!
30âEk gaan julle oordeel, Israel, elkeen volgens sy eie optrede,â sĂȘ die Here my God. âBekeer julle, bekeer julle van al julle oortredings, sodat die sonde nie julle val bewerk nie.
31Laat vaar al julle oortredings en kry 'n nuwe gesindheid, 'n nuwe gees. Waarom wil julle sterf, Israel?
32Dit is nie my wil dat die mens moet sterf nie,â sĂȘ die Here my God, âmaar dat hy hom bekeer en bly lewe.â