Afrikaans 1983 Bible - 17 verses
1Die Here God het my 'n gesig laat sien: Hy was besig om 'n sprinkaanswerm te vorm toe die gras weer begin uitspruit het nadat die koning se hooi af was.
2Die sprinkane sou al die groenigheid in die land afvreet, en ek het gesĂȘ: âHere my God, vergewe tog vir Jakob! Hoe sal hy staande bly? Hy is klein!â
3Die Here het toe van sy voorneme afgesien, Hy het gesĂȘ: Dit sal nie gebeur nie.
4Die Here my God het my 'n gesig laat sien: Hy het 'n vuur opgeroep tot straf, en die vuur het die groot watervloed laat opdroog en dit sou ook die bewerkte grond verteer het.
5Maar ek het gesĂȘ: âHere my God, hou tog op! Hoe sal Jakob staande bly? Hy is klein!â
6Die Here my God het toe van sy voorneme afgesien, Hy het gesĂȘ: Ook dit sal nie gebeur nie.
7Hy het my 'n gesig laat sien: Die Here het by 'n loodregte muur gestaan, en daar was 'n skietlood in sy hand.
8Hy het vir my gevra: Wat sien jy, Amos? en ek het gesĂȘ: â'n Skietlood.â Toe sĂȘ die Here vir my: Ek gaan 'n skietlood aanlĂȘ in my volk Israel, Ek gaan hom nie meer spaar nie.
9Die hoogtes van Isak sal verwoes word, die heiligdomme van Israel sal in puin gelĂȘ word, en Ek sal met die swaard optree teen die koningshuis van Jerobeam.
10Die priester Amasia van Bet-El het vir koning Jerobeam van Israel laat weet: âAmos is besig om hier in Israel 'n komplot teen u te smee. Die land kan dit nie uithou met alles wat hy sĂȘ nie.
11Amos het gesĂȘ Jerobeam sal deur die swaard sterf, en Israel sal uit sy land in ballingskap weggevoer word.â
12Amasia het vir Amos gesĂȘ: âMaak dat jy wegkom, siener, gaan na Juda toe en verdien jou brood daar, tree daar as profeet op!
13In Bet-El mag jy nie meer as profeet optree nie, want dit is die koninklike heiligdom, die staatstempel.â
14Amos het toe vir Amasia geantwoord: âEk is nie so 'n profeet nie en ek behoort nie tot die profetekring nie, ek boer met vee en kweek wildevye.
15Maar die Here het my agter die kleinvee weggevat en Hy het vir my gesĂȘ: Gaan tree as profeet op teen my volk Israel.
16âHoor dan nou die woord van die Here! Jy sĂȘ ek moenie as profeet optree teen Israel nie, ek mag nie as siener teen die nageslag van Isak praat nie.
17Maar so sĂȘ die Here: âJou vrou sal 'n prostituut word in die stad, jou seuns en jou dogters sal met die swaard afgemaai word, jou grond sal tussen ander verdeel word, jy sal in 'n onrein land sterf, en Israel sal in ballingskap weggevoer word uit sy land uit.â