Afrikaans 1983 Bible - 14 verses
1Die Here my God het my 'n gesig laat sien: Daar was 'n mandjie ryp vrugte,
2en die Here het vir my gevra: Wat sien jy, Amos? Ek het gesĂȘ: â'n Mandjie ryp vrugte.â Toe sĂȘ die Here vir my: Die tyd is ryp vir my volk Israel, Ek sal hom nie meer spaar nie.
3Daardie dag sal die sang in die paleis 'n gehuil word, sĂȘ die Here my God. Daar sal baie lyke wees, oral neergegooi. Bly liewer stil!
4Luister hierna, julle wat arm mense vertrap, julle wat die mense in nood in die land wil uitroei.
5Julle sĂȘ: âWanneer is Nuwemaan verby dat ons koring kan verkoop, of Sabbat, dat ons ons graanwinkels weer kan oopmaak en minder graan vir meer geld kan verkoop? Ons laat die skaal mos kul soos ons wil!â
6Julle verkoop arm mense vir geld, behoeftiges oor 'n paar sandale, julle verkoop selfs die koringkaf.
7Die Here het 'n eed afgelĂȘ by Homself, by Hom wat die trots van Jakob moes gewees het: Ek sal nooit vergeet wat hulle gedoen het nie!
8Sal die aarde nie hieroor beef nie, sal sy bewoners nie treur nie! Sal die hele wĂȘreld nie in beroering kom soos die Nyl, wegsak soos die rivier van Egipte nie!
9Daardie dag, sĂȘ die Here my God, laat Ek die son helder oordag ondergaan, maak Ek dit donker op aarde terwyl dit nog ligdag is;
10Ek verander julle feeste in treurgeleenthede, julle liedere in klaagsange; Ek trek vir julle rouklere aan en skeer al julle koppe kaal; Ek laat dit word soos wanneer 'n mens oor 'n enigste kind treur, julle uiteinde sal vir julle 'n bitter dag wees.
11Maar daar kom dae, sĂȘ die Here my God, dat Ek 'n honger oor die aarde laat kom: 'n honger nie na kos nie, 'n dors nie na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor.
12Die mense sal ronddwaal van see tot see, rondslinger van noord tot oos om die woord van die Here te soek, maar hulle sal dit nie kry nie.
13Daardie dag sal die mooi meisies en die jongmanne van dors beswyk,
14diĂ© jongmense wat ede aflĂȘ by wat Samaria se sonde is en sĂȘ: âSo seker as jou god leef, Dan, so seker as daar 'n pelgrimspad na Berseba toe is!â Hulle sal val en nie weer opstaan nie.