Afrikaans 1983 Bible - 15 verses
1Ek het die Here by die altaar sien staan, en Hy het gesĂȘ: Slaan die pilare se toppe stukkend, sodat die drumpels bewe, breek hulle af oor almal se koppe! Ek sal die mense wat oorbly, met die swaard doodmaak, niemand sal kan vlug nie, niemand sal vrykom nie.
2Al breek hulle deur na die doderyk toe, Ek sal hulle daar uithaal; al klim hulle op na die hemel toe, Ek sal hulle daarvandaan laat afkom;
3al kruip hulle weg op die top van die Karmel, Ek sal hulle daar opspoor en vang; al kruip hulle weg op die bodem van die see, Ek sal die slang daar beveel om hulle te pik;
4al word hulle in ballingskap weggevoer voor hulle vyande uit, Ek sal die swaard daar beveel om hulle dood te maak; my bedoeling met hulle is om hulle kwaad aan te doen, nie om goed aan hulle te doen nie.
5Die Here my God, die Almagtige, raak die aarde aan en dit smelt weg, en almal wat daarop woon, treur; die hele wĂȘreld kom in beroering soos die Nyl en sak weer weg soos die rivier van Egipte.
6Die Here bou sy bokamers in die hemel en lĂȘ die hemelkoepel se fondament op die aarde, Hy roep die waters van die see en giet hulle oor die aarde uit. Sy Naam is Here!
7Julle Israeliete is vir My nie anders as die Kussiete nie, sĂȘ die Here. Ek het vir Israel uit Egipte laat trek, maar ook die Filistyne uit Kaftor en die ArameĂ«rs uit Kir.
8Ek, die Here God, hou die sondige koninkryk dop, Ek gaan hom wegvee van die aarde af! Maar tog, Ek sal nie die nageslag van Jakob heeltemal uitroei nie, sĂȘ die Here.
9Ek gaan die bevel gee en vir Israel skud tussen die nasies soos graan in 'n sif geskud word, en nie 'n korrel sal op die grond val nie.
10Al die sondaars onder my volk sal met die swaard doodgemaak word, hulle wat sĂȘ: âTer wille van ons sal U die ramp nie laat kom nie, ons nie daardeur laat tref nie.â
11Daardie dag bou Ek die vervalle hut van Dawid weer op; Ek stop sy barste toe en bou sy murasies op, Ek herbou hom soos hy in die ou tyd was,
12sodat my volk die oorwinnaar sal wees oor wat van Edom oor is, oor al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, sĂȘ die Here. Hy sal dit doen.
13Daar kom 'n tyd, sĂȘ die Here, dat daar direk na die oes geploeg sal word en dat daar direk na die saaityd gepars sal word. Die berge sal van druiwesap drup, al die heuwels sal deurnat wees.
14Ek sal die lot van my volk Israel verander: hulle sal die verlate stede herbou en bewoon, hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink, hulle sal tuine aanlĂȘ en die vrugte daarvan eet.
15Ek sal my volk weer in hulle grond plant, en hulle sal nie weer uitgeruk word uit die grond wat Ek hulle gegee het nie, sĂȘ die Here jou God.