Afrikaans 1983 Bible - 21 verses
1In die agste maand van die tweede regeringsjaar van Darius het die woord van die Here gekom tot die profeet Sagaria seun van Berekja, seun van Iddo:
2Die toorn van die Here het oor julle voorvaders losgebreek.
3En nou moet jy vir jou volk sĂȘ: So sĂȘ die Here die Almagtige: Bekeer julle tot My, sĂȘ die Here die Almagtige, dan sal Ek weer by julle wees, sĂȘ die Here die Almagtige.
4Moenie soos julle voorvaders wees nie. Die profete van vroeĂ«r het hulle aangespreek en gesĂȘ: âSo sĂȘ die Here die Almagtige: Bekeer julle van julle slegte lewe en julle slegte dade!â Maar hulle was ongehoorsaam, hulle het hulle nie aan My gesteur nie, sĂȘ die Here.
5Waar is julle voorvaders nou? En die profete? Leef hĂșlle vir altyd?
6Het die uitsprake, die voorskrifte wat Ek my dienaars die profete laat maak het, dan nie julle voorvaders ingehaal nie? Hulle moes erken: Die Here die Almagtige het met ons gedoen wat Hy Hom voorgeneem het om met ons te doen, presies volgens ons lewe en ons dade.
7Op die vier en twintigste dag van die elfde maand, die maand Sebat, in die tweede regeringsjaar van Darius, het die woord van die Here gekom tot die profeet Sagaria seun van Berekja, seun van Iddo.
8Ek het in die nag 'n gesig gesien. Daar het 'n man op 'n bruin perd gesit. Hy was tussen die mirtestruike in 'n diep kloof, en agter hom was ruiters op bruin en vos en wit perde.
9Ek het gevra: âWat beteken dit, Meneer?â 'n Engel wat vir my die gesig moes uitlĂȘ, het vir my gesĂȘ: âEk sal jou laat sien wat dit beteken.â
10Toe praat die man wat tussen die mirte was. Hy het gesĂȘ: âDit is die ruiters wat deur die Here uitgestuur is om die wĂȘreld te deurkruis.â
11Die ruiters sĂȘ toe vir die engel van die Here, vir die engel wat tussen die mirte was: âOns hĂ©t die wĂȘreld deurkruis, en die hele wĂȘreld is rustig en stil.â
12Toe sĂȘ die engel wat vir my die gesig moes uitlĂȘ, die engel van die Here: âHere, Almagtige, hoe lank gaan dit nog duur voordat U U weer oor Jerusalem en die stede van Juda ontferm? U toorn rus nou al sewentig jaar op hulle!â
13Die Here het die engel vriendelik geantwoord en hom bemoedig.
14Daarna sĂȘ die engel vir my: âRoep en sĂȘ: So sĂȘ die Here die Almagtige: Ek is hartstogtelik begaan oor Jerusalem, oor Sion.
15My toorn gaan losbreek teen die nasies wat nou so sorgvry woon, want my toorn teen Jerusalem was nie so groot nie; dit is die heidennasies wat dit so 'n groot ramp laat word het.
16Daarom, so sĂȘ die Here, gaan Ek My weer oor Jerusalem ontferm: my tempel daar gaan herbou word, sĂȘ die Here die Almagtige, Jerusalem sal opnuut as stad uitgelĂȘ word.
17âRoep weer en sĂȘ: So sĂȘ die Here die Almagtige: My stede sal weer oorstroom word deur voorspoed. Ek, die Here, gaan weer genade betoon aan Sion, Ek gaan Jerusalem weer my woonplek maak.â
18Ek het weer 'n gesig gesien. Daar was vier horings,
19en ek het vir die engel wat vir my die gesig moes uitlĂȘ, gevra: âWat beteken dit?â Hy het vir my gesĂȘ: âDit is die horings wat vir Juda, Israel en Jerusalem verstrooi het.â
20Toe laat die Here my vier ambagsmanne sien,
21en ek vra: âWat het hulle kom doen?â Hy het geantwoord: âDaardie horings het die mense van Juda verstrooi en verneder. Die ambagsmanne het gekom om die regeerders van die nasies, die horings wat vir Juda met soveel geweld verstrooi het, die skrik op die lyf te ja en hulle tot 'n val te bring.â