Afrikaans 1983 Bible - 13 verses
1Ek het weer 'n gesig gesien. Daar was 'n man met 'n maatlyn in die hand,
2en ek het gevra: âWaar gaan u heen?â Hy het vir my gesĂȘ: âEk gaan Jerusalem uitmeet om te sien hoe breed en hoe lank hy moet wees.â
3Die engel wat vir my die gesig moes uitlĂȘ, gaan toe vorentoe en kry 'n ander engel wat na hom toe kom.
4Hy het vir diĂ© engel gesĂȘ: âHardloop en sĂȘ vir daardie jongman: Jerusalem gaan 'n stad sonder mure word, so baie mense en diere gaan daar in hom wees.
5Die Here sĂȘ: Ek sal 'n muur van vuur rondom die stad wees, my magtige teenwoordigheid sal binne-in hom wees.â
6Kom, kom, vlug uit die noordland! sĂȘ die Here. Ek het julle na die vier windstreke toe verstrooi, sĂȘ die Here.
7Kom, Sion, jy wat in Babel woon, kom weg daar!
8So sĂȘ die Here die Almagtige wat my met volmag gestuur het na die nasies toe wat oorlogsbuit van julle gemaak het: Wie aan julle vat, vat aan my oogappel.
9Met een waai van my hand teen hulle gaan Ek hulle die gevangenes van hulle eie slawe maak. Wanneer dit gebeur, sal julle weet dat die Here die Almagtige my gestuur het.
10Juig, Sion, wees bly! Ek kom, Ek gaan binne-in jou woon, sĂȘ die Here.
11Daardie dag sal baie nasies hulle aan die Here verbind: hulle sal my volk wees, en Ek sal in jou woon, Sion. Wanneer dit gebeur, sal jy weet dat die Here die Almagtige my na jou toe gestuur het.
12Daar, op die heilige grond, sal die Here weer vir Juda in besit neem as die volk wat Hom toekom, sal Hy Jerusalem weer sy woonplek maak.
13Wees stil voor die Here, al wat leef! Hy kom uit sy heilige woning te voorskyn!