Afrikaans 1983 Bible - 10 verses
1Die Here het my 'n gesig laat sien. Ek het die hoëpriester Jesua voor die engel van die Here sien staan, en regs van hom het die Satan gestaan, besig om Jesua aan te kla.
2Die Here het vir die Satan gesĂȘ: Ek sal jou straf, Satan, Ek wat Jerusalem my woonplek gemaak het, sal jou straf. Hierdie man is soos 'n stuk hout wat uit die vuur gered is.
3Jesua het klere aangehad wat liederlik bevuil was. Hy het daar voor die engel gestaan,
4en die engel het vir sy helpers gesĂȘ: âTrek uit diĂ© liederlike vuil klere van hom.â Vir Jesua het hy gesĂȘ: âEk het jou jou oortredings vergewe en Ek gaan vir jou skoon klere aantrek.â
5Toe sĂȘ ek: âHulle moet 'n skoon tulband op sy kop sit!â Hulle het die skoon tulband op sy kop gesit en hom aangetrek terwyl die engel van die Here daar by staan.
6Daarna het die engel van die Here vir Jesua belowe:
7âSo sĂȘ die Here die Almagtige: As jy lewe soos Ek dit wil, as jy die voorskrifte vir my diens onderhou, sal jy die gesag hĂȘ oor my huis, die verantwoordelikheid dra vir my heiligdom. Jy sal toegang tot My hĂȘ, net soos hierdie engele.
8Luister, Jesua, hoëpriester, jy en jou vriende wat voor jou sit: jou vriende is 'n teken van iets wat kom. Ek gaan my dienaar Loot nou bring.
9Ek sit voor Jesua 'n klip neer, en op hierdie een enkele klip is daar sewe oĂ«. Ek gaan nou 'n graveersel daarop aanbring, sĂȘ die Here die Almagtige, en Ek gaan die sonde van hierdie land op een enkele dag wegneem.
10Daardie dag, sĂȘ die Here die Almagtige, sal die mense weer rustig oor en weer na mekaar roep onder die wingerdstokke en die vyebome.â