Afrikaans 1983 Bible - 14 verses
1'n Uitspraak van die Here. 'n Woord van die Here aan Israel deur Maleagi.
2Ek het julle lief, sĂȘ die Here. Maar julle vra: âHoe het U ons lief?â Esau was tog Jakob se broer, sĂȘ die Here, en tog het Ek vir Jakob liefgehad
3en vir Esau gehaat. Ek het sy bergland 'n verlate plek gemaak, sy woongebied vir die woestynjakkalse gegee.
4As Edom sou sĂȘ: âOns is verpletter maar ons sal die puinhope weer opbou,â sal die Here die Almagtige sĂȘ: Laat hulle maar bou, Ek sal weer afbreek. Hulle sal bekend staan as die goddelose land, die volk op wie die Here se toorn vir altyd rus.
5Julle sal dit met julle eie oĂ« sien en julle sal sĂȘ: âDie Here is groot, ook buite die grense van Israel.â
6'n Seun eer sy vader en 'n slaaf sy eienaar. As Ek dan vader is, waar is die eer wat My toekom? En as Ek Here is, waar is die eerbied vir My dan? Dit is wat Ek, die Here die Almagtige, vir jĂșlle vra, priesters, jĂșlle wat My met minagting behandel. Maar julle vra: âHoe het ons U met minagting behandel?â
7Julle bring onrein voedsel op my altaar, en dan vra julle: âHoe het ons U te na gekom?â Julle doen dit wanneer julle dink: âDie altaar van die Here kan maar met minagting behandel word.â
8Wanneer julle 'n blinde ding bring om te offer, is dit dan nie verkeerd nie? En wanneer julle 'n siek of 'n lam ding bring, is dit nie verkeerd nie? Bring bietjie so iets vir jou goewerneur! Sal hy ingenome met jou wees of jou vriendelik ontvang? Dit is wat die Here die Almagtige sĂȘ.
9En dan sĂȘ julle: âMaak God dan tog nou goedgesind dat Hy ons genadig kan wees!â As julle sĂł optree, sal Hy een van julle se versoek toestaan? Dit is wat die Here die Almagtige sĂȘ.
10Was daar maar iemand onder julle wat die tempel se deure wou toesluit, sodat julle nie my altaar tevergeefs aan die brand hou nie! Ek hou nie van julle nie, sĂȘ die Here die Almagtige, en Ek wil nie 'n offer van julle hĂȘ nie.
11Van waar die son opkom tot waar hy ondergaan, word Ek deur die nasies geĂ«er. Oral word daar vir My offers gebring, rein offers. Ek word deur die ander nasies geĂ«er, sĂȘ die Here die Almagtige,
12maar jĂșlle doen my Naam oneer aan. Julle dink die altaar van die Here kan maar ontwy word en die offers daarop met minagting behandel word.
13En dan sĂȘ julle nog dis 'n klomp moeite en julle trek die neus daarvoor op. Dit is wat die Here die Almagtige sĂȘ. Julle bring gesteelde, lam, siek diere, julle bring dit as offers! Moet Ek ingenome wees daarmee dat julle vir My sulke goed bring? vra die Here.
14Daar rus 'n vloek op elke skelm wat 'n bul of 'n ram in sy kudde het en 'n gelofte doen en dan 'n verminkte ding aan die Here offer! Ek is die Grootkoning, sĂȘ die Here die Almagtige, vir My het die nasies ontsag.