Afrikaans 1983 Bible - 17 verses
1Die bevel wat julle ontvang het, priesters,
2wat julle moet gehoorsaam en waarop julle ag moet slaan, is om my Naam te eer, sĂȘ die Here die Almagtige. As julle dit nie doen nie, sal Ek 'n vervloeking oor julle bring en 'n einde maak aan al julle voorspoed. Ek het dit trouens reeds gedoen, want julle het nie ag geslaan op my bevel nie.
3Ek sal sorg dat julle nie 'n nageslag het nie, en Ek sal die pensmis van die diere wat deur julle geoffer word op die feeste, in julle gesigte spat, en julle sal saam met die pensmis weggedra word.
4Dan sal julle besef dat Ek vir julle diĂ© bevel gestuur het sodat my verbond met Levi kan bly bestaan, sĂȘ die Here die Almagtige.
5My verbond met Levi sou vir hom lewe en vrede bring, en dit het Ek hom gegee. Hy het My met eerbied gedien en vir my Naam ontsag gehad.
6Hy het die volk my wil reg geleer en niks verdraai nie. Hy het naby My geleef, heelhartig en opreg, en hy het baie laat afsien van hulle sonde.
7'n Priester moet met kennis kan praat, daar word verwag dat hy die volk sal kan leer wat my wil is, want hy is 'n boodskapper van die Here die Almagtige.
8Maar julle het die regte pad verlaat, julle het baie tot 'n val gebring met wat julle hulle geleer het; julle het my verbond met Levi geskend, sĂȘ die Here die Almagtige.
9Nou maak Ek julle ook verag en sonder aansien by die hele volk, want julle het nie my wil gedoen nie, julle was nie onpartydig in julle uitsprake oor wat my wil is nie.
10Ons het tog almal een Vader, ons is tog deur een God geskep! Waarom is die een dan ontrou aan die ander en ontwy hulle die verbond van God met ons voorvaders?
11Juda was ontrou. Daar is iets afskuweliks gedoen in Israel, in Jerusalem. Juda het die heiligdom van die Here ontwy, die heiligdom waarvoor die Here lief is; die manne van Juda het met vrouens getrou wat in diens van 'n ander god staan.
12Mag die Here elkeen wat nog iets te doen wil hĂȘ met 'n man wat so 'n vrou trou, uit die gemeenskap van Jakob uitroei, ook al bring so 'n man nog offers vir die Here die Almagtige.
13Daar is nog iets wat julle doen. Julle huil en kerm en sug by die altaar van die Here omdat Hy nie meer julle offers wil aanneem nie,
14en julle vra: âWaarom dan nie?â Dit is omdat die Here weet wat gebeur het tussen jou en die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is: jy was ontrou aan haar, ontrou aan jou eie vrou, die vrou aan wie jy plegtig trou belowe het.
15Die Here het man en vrou een gemaak, een in liggaam en gees. En waarom een? Omdat Hy wil hĂȘ dat daar 'n nageslag moet wees wat Hom eer. Beheers julle, moenie ontrou wees aan die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is nie.
16Die Here die God van Israel sĂȘ Hy haat egskeiding. Egskeiding is niks anders as geweld nie, sĂȘ die Here die Almagtige. Beheers julle, moenie ontrou wees nie.
17Julle het die Here moeg gemaak met wat julle gesĂȘ het, en dan vra julle nog: âWaarmee het ons Hom moeg gemaak?â Julle het dit gedoen toe julle gesĂȘ het: âVir die Here is almal wat verkeerd doen, goeie mense, Hy hou van hulle,â of toe julle gevra het: âWaar is die God wat reg moet laat geskied?â