Afrikaans 1983 Bible - 41 verses
1Daarna het die Israeliete verder getrek en kamp opgeslaan in die Moabsvlakte teenoor Jerigo, oos van die Jordaan.
2Balak seun van Sippor het gehoor van alles wat Israel aan die Amoriete gedoen het.
3Die Moabiete het baie groot geskrik vir die Israeliete, want hulle was baie. Die Moabiete het bang geword vir die Israeliete
4en het vir die leiers van Midian gesĂȘ: âHierdie horde gaan alles rondom ons opvreet soos beeste die gras in die veld opvreet.â Balak seun van Sippor was destyds koning van Moab
5en hy het boodskappers gestuur om vir Bileam seun van Beor te laat haal. Hy was in Petor aan die Eufraat in die land Ammau. Balak het hom laat weet: â'n Volk wat uit Egipte kom, het hier by my kom intrek. Die aarde is tóé onder hulle.
6Kom asseblief en vervloek hierdie volk vir my, want hulle is te sterk vir my. Miskien sal ek hulle dan kan verslaan en uit die land verdryf. Ek weet: wie jy seĂ«n, is geseĂ«n, en wie jy vervloek, is vervloek.â
7Die leiers van Moab en Midian het die beloning wat aan 'n waarsĂȘer betaal moet word, saamgevat na Bileam toe en Balak se versoek aan hom oorgedra.
8Bileam sĂȘ toe vir hulle: âBly vannag oor, dan sĂȘ ek mĂŽre vir julle wat die Here vir my sal sĂȘ.â Die amptenare van Moab het toe by Bileam oornag.
9God het aan Bileam verskyn en gevra: âWie is die manne hier by jou?â
10en hy het geantwoord: âKoning Balak van Moab, seun van Sippor, het hulle na my toe gestuur met die boodskap:
11Hier is 'n volk wat uit Egipte getrek het, en die aarde is tóé onder hulle. Kom asseblief en vervloek hulle vir my. Miskien sal ek dan teen hulle kan veg en hulle verdryf!â
12Maar God het vir Bileam gesĂȘ: âMoenie met hulle saamgaan nie. Jy mag diĂ© volk nie vervloek nie, want hulle is geseĂ«n.â
13Die volgende mĂŽre het Bileam vir die amptenare van Balak gesĂȘ: âGaan terug na julle land toe, want die Here wil nie hĂȘ ek moet saam met julle gaan nie.â
14Die amptenare van Moab is toe terug na Balak toe en het vir hom gesĂȘ: âBileam weier om met ons saam te kom.â
15Balak het toe ander amptenare gestuur, méér en hoër in rang as die voriges.
16Hulle het by Bileam gekom en vir hom gesĂȘ: âBalak seun van Sippor sĂȘ: Moenie dat iets jou keer om na my toe te kom nie.
17Ek sal jou baie goed beloon en alles doen wat jy vir my sĂȘ. Kom asseblief en vervloek hierdie volk vir my.â
18Maar Bileam het vir die amptenare van Balak gesĂȘ: âSelfs al gee Balak vir my sy paleis vol silwer en goud, mag ek niks doen, klein of groot, teen die opdrag van die Here my God in nie.
19Maar bly julle ook 'n nag oor dat ek kan uitvind of die Here weer met my wil praat.â
20Daardie nag verskyn God toe aan Bileam en sĂȘ vir hom: âDie manne het nou gekom om jou te kom haal. Gaan saam met hulle, maar jy mag net doen wat Ek vir jou sĂȘ.â
21Bileam het toe die oggend sy donkie opgesaal en met die amptenare van Moab saamgegaan.
22God het kwaad geword toe Bileam gaan, en die Engel van die Here het vir Bileam in die pad voorgestaan om hom te keer. Bileam het op sy donkie gery, en twee van sy amptenare was by hom.
23Toe die donkie die Engel van die Here in die pad sien staan met 'n ontblote swaard in die hand, het die donkie uit die pad gedraai en die veld in geloop. Toe Bileam die donkie slaan om hom in die pad terug te bring,
24gaan staan die Engel van die Here in 'n smal pad tussen die wingerde, met 'n muur aan weerskante.
25Toe die donkie die Engel van die Here gewaar, skuur die donkie teen die muur langs en druk Bileam se voet daarteen vas. Bileam slaan hom toe weer.
26Toe gaan die Engel van die Here verder en gaan staan in 'n nou plek waar daar nie kans was om na enige kant toe uit te draai nie.
27Die donkie het die Engel van die Here gesien en het onder Bileam gaan lĂȘ. Bileam het so kwaad geword dat hy die donkie met 'n stok geslaan het.
28Toe laat die Here die donkie praat, en die donkie sĂȘ vir Bileam: âWat het ek jou aangedoen dat jy my nou al drie keer geslaan het?â
29Bileam antwoord toe: âJy hou my vir die gek. As ek 'n swaard by my gehad het, het ek jou doodgemaak.â
30Toe sĂȘ die donkie vir Bileam: âIs ek nie die donkie waarop jy nog altyd gery het nie? Maak ek altyd so met jou?â en Bileam antwoord: âNee!â
31Die Here het Bileam se oë oopgemaak en hy het die Engel van die Here in die pad sien staan met 'n ontblote swaard in die hand. Toe buig Bileam voor die Engel.
32Die Engel van die Here vra hom toe: âWaarom het jy jou donkie nou al drie keer geslaan? Ek het jou kom voorstaan, want Ek sien jy is op 'n gevaarlike pad.
33Die donkie het My gesien en drie keer vir My uitgedraai. As hy dit nie gedoen het nie, het Ek jou al doodgemaak en hom laat leef.â
34Bileam sĂȘ toe vir die Engel van die Here: âEk was verkeerd, ek het nie geweet dat U my in die pad voorstaan nie. As U nie wil hĂȘ ek moet voortgaan nie, draai ek om.â
35Toe sĂȘ die Engel van die Here vir Bileam: âGaan saam met die manne, maar jy moet net sĂȘ wat Ek vir jou sĂȘ.â Bileam is toe saam met Balak se amptenare.
36Toe Balak hoor dat Bileam aan die kom is, het hy hom tegemoet gegaan by Ar-Moab aan die oewer van die Arnon, op die grens.
37Balak vra toe vir Bileam: âEk het jou dringend laat roep, en waarom het jy toe nie na my toe gekom nie? Dink jy ek kan jou nie goed betaal nie?â
38Bileam het vir Balak geantwoord: âEk het mos nou gekom. Maar laat ek net dit sĂȘ: Ek kan net sĂȘ wat God vir my voorsĂȘ.â
39Bileam is toe saam met Balak, en hulle het by Kirjat-Gusot aangekom.
40Balak het beeste en skape geslag en dit vir Bileam en die amptenare wat saam met hom was, laat bring.
41Die volgende mÎre het Balak vir Bileam teen Bamot-BaÀl laat uitklim. Daarvandaan kon Bileam die volk Israel van die kant af sien.