Afrikaans 1983 Bible - 30 verses
1Bileam het vir Balak gesĂȘ: âBou hier vir my sewe altare en maak sewe bulle en sewe ramme gereed vir offers.â
2Balak het gedoen wat Bileam gesĂȘ het, en hy en Bileam het toe op elkeen van die altare 'n bul en 'n ram geoffer.
3Daarna sĂȘ Bileam vir Balak: âBly jy hier by jou brandoffer terwyl ek eenkant toe gaan. Miskien sal die Here Hom aan my openbaar, en wat Hy ook al aan my bekend maak, sal ek vir jou sĂȘ.â Bileam het na 'n kaal hoogte toe gestap,
4en daar het God Hom aan Bileam geopenbaar. Bileam het toe gesĂȘ: âEk het sewe altare laat bou en op elke altaar 'n bul en 'n ram geoffer.â
5Die Here het vir Bileam gesĂȘ wat hy moet sĂȘ en hom beveel: âGaan na Balak toe terug en sĂȘ dit vir hom.â
6Bileam het by Balak gekom waar hy en al die amptenare van Moab by die brandoffer staan.
7Toe kom Bileam met hierdie uitspraak: âUit Aram het Balak my laat kom, die koning van Moab het my laat kom uit die berge in die ooste. âKom,â het hy gesĂȘ, âvervloek Jakob vir my; kom, kondig 'n ramp aan oor Israel.â
8Maar hoe kan ek hĂłm vervloek vir wie God nie vervloek nie, hoe kan ek 'n ramp oor hĂłm aankondig as die Here dit nie aangekondig het nie?
9âHier van die hoĂ« rotse af sien ek vir Israel, van die hoogtes af kyk ek na hom! Ek sien 'n volk wat op sy eie woon en hom van die nasies afsonder.
10Wie kan die stof tel, wie vir Jakob, wie kan selfs een kwart van Israel se getal bereken? Mag ek ook eendag as opregte sterwe, mag my einde soos hierdie volk s'n wees.â
11Toe sĂȘ Balak vir Bileam: âWat het jy my nou aangedoen? Ek laat jou kom om my vyande te vervloek, en jy kom seĂ«n hulle!â
12Bileam het geantwoord: âEk moes tog presies kom sĂȘ wat die Here my voorgesĂȘ het.â
13Toe sĂȘ Balak vir Bileam: âKom saam met my na 'n ander plek toe. Van daar af sal jy net 'n deel van hulle kan sien, nie almal nie. Vervloek hulle vir my van daar af!â
14Balak vat hom toe na 'n uitkykpos op die top van Pisgaberg. Daar bou hy sewe altare en offer op elke altaar 'n bul en 'n ram.
15Daarna sĂȘ Bileam vir Balak: âBly jy hier by jou brandoffer, terwyl ek eenkant toe gaan om van God 'n openbaring te vra.â
16Die Here het Hom aan Bileam geopenbaar, hom gesĂȘ wat om te sĂȘ en hom beveel: âGaan na Balak toe terug en sĂȘ dit vir hom.â
17Bileam het toe by Balak gekom waar hy en die amptenare van Moab by die brandoffer staan. Balak vra hom toe: âWat het die Here gesĂȘ?â
18Toe kom Bileam met hierdie uitspraak: âKom luister, Balak, hoor wat ek sĂȘ, seun van Sippor.
19God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie, 'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sĂȘ en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?
20Ek het die opdrag om te seĂ«n: HĂœ het geseĂ«n, en Ă©k kan niks daaraan verander nie.
21Jy sal nie vind dat 'n ramp vir Jakob tref nie, jy sal Israel nie sien swaarkry nie: die Here hulle God is by hulle; oor Hom, hulle koning, jubel hulle.
22God het hulle uit Egipte laat trek, sy krag is vir hulle soos die horings van 'n buffel.
23Geen toordery rig iets uit teen Jakob nie, geen waarsĂȘery iets teen Israel nie. Nou word daar oor Jakob, oor Israel gesĂȘ: âWat het God nie alles gedoen nie!â
24Dit is 'n volk wat soos 'n leeumannetjie opstaan, wat hom uitrek soos 'n leeu, en nie weer gaan lĂȘ voordat hy sy prooi verskeur het en sy slagoffers se bloed gedrink het nie.â
25Toe sĂȘ Balak vir Bileam: âAs jy hulle nie kan vervloek nie, moet jy hulle ook nie seĂ«n nie!â
26Bileam het geantwoord: âEk het jou mos gesĂȘ ek sal net doen wat die Here vir my sĂȘ.â
27Toe sĂȘ Balak vir Bileam: âKom ek vat jou na 'n ander plek toe. Miskien vind God dit tog goed dat jy die volk daarvandaan vir my vervloek.â
28Balak vat toe vir Bileam na die top van Peor toe wat afkyk op die droĂ« wĂȘreld.
29Bileam het vir hom gesĂȘ: âBou hier vir my sewe altare en maak vir my sewe bulle en sewe ramme gereed vir offers.â
30Balak het gedoen wat Bileam gesĂȘ het en op elke altaar 'n bul en 'n ram geoffer.