Afrikaans 1983 Bible - 65 verses
1NÔ die ramp het die Here vir Moses en vir Eleasar seun van die priester Aäron gesê:
2āNeem 'n sensus op van die hele volk Israel, van elke Israeliet van twintig jaar en ouer wat vir militĆŖre diens geskik is. Julle moet dit familiegewys doen.ā
3Moses en die priester Eleasar het toe in die Moabsvlakte regoor Jerigo aan die Jordaan die opname gemaak
4van almal van twintig jaar en ouer soos die Here vir Moses beveel het. Hier volg die opgawe van die Israelitiese families wat uit Egipte gekom het:
5Ruben, oudste seun van Israel: die Rubenfamilies was diƩ van Ganok,
6Gesron en Karmi.
7Die Rubenfamilies was altesaam 43 730 man.
8Pallu se seun was Eliab,
9en sy seuns was Nemuel, Datan en Abiram. Dit was diƩ Datan en Abiram wat as leiers deur die vergadering verkies was, maar teen Moses en AƤron in opstand gekom het toe die bende van Korag teen die Here in opstand gekom het.
10Die grond het oopgeskeur en hulle ingesluk saam met Korag wie se bende omgekom het toe die vuur twee honderd en vyftig man verteer het. Dit was 'n waarskuwing vir Israel.
11Die seuns van Korag het egter nie gesterf nie.
12Die Simeonfamilies was diƩ van Jemuel, Jamin, Jakin,
13Serag en Saul.
14Die Simeonfamilies was altesaam 22 200 man.
15Die Gadfamilies was diƩ van Sifjon, Gaggi, Suni,
16Osni, Eri,
17Arod en Areli.
18Die Gadfamilies was altesaam 40 500 man.
19Er en Onan was seuns van Juda, maar hulle is vroeƫr al in KanaƤn oorlede.
20Die Judafamilies was diƩ van Sela, Peres en Serag.
21Die Peresfamilies was diƩ van Gesron en Gamul.
22Die Judafamilies was altesaam 76 500 man.
23Die Issaskarfamilies was diƩ van Tola, Puwwa,
24Jasub en Simron.
25Die Issaskarfamilies was altesaam 64 300 man.
26Die Sebulonfamilies was diƩ van Sered, Elon en Jagleƫl.
27Die Sebulonfamilies was altesaam 60 500 man.
28Die Joseffamilies was diƩ van Manasse en Efraim.
29Makir, voorvader van Gilead, was uit die Manassefamilie.
30Die Gileadfamilie was diƩ van Iƫser, Gelek,
31Asriƫl, Sekem,
32Semida, Gefer
33en Selofgad. Selofgad seun van Gefer het nie seuns gehad nie, net dogters. Sy dogters was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa.
34Die Manassefamilies was altesaam 52 700 man.
35Die Efraimfamilies was diƩ van Sutelag, Beker en Tagan.
36Eran was uit die Sutelagfamilie.
37Die Efraimfamilies was altesaam 32 500 man. Dit was al die Joseffamilies.
38Die Benjaminfamilies was diƩ van Bela, Asbel, Agiram,
39Sefufam en Gufam.
40Die Belafamilies was diƩ van Ard en NaƤman.
41Die Benjaminfamilies was altesaam 45 600 man.
42Die Danfamilie was diƩ van Sugam en sy nageslag. Dit was die enigste Danfamilie.
43Die Sugamfamilie was altesaam 64 400 man.
44Die Aserfamilies was diƩ van Jimna, Jiswi en Beria.
45Die Beriafamilies was diƩ van Geber en Malkiƫl.
46Aser het ook 'n dogter gehad, Serag.
47Die Aserfamilies was altesaam 53 400 man.
48Die Naftalifamilies was diƩ van Jagseƫl, Guni,
49Jeser en Sillem.
50Die Naftalifamilies was altesaam 45 400 man.
51Die Israeliete was altesaam 601 730 man.
52Daarna het die Here vir Moses gesĆŖ:
53āVerdeel nou die land tussen die families en gee aan elkeen 'n eiendom volgens sy grootte:
54aan 'n groot familie 'n groot eiendom en aan 'n klein familie 'n kleiner eiendom. Elkeen moet sy eiendom ontvang ooreenkomstig sy getal.
55Die land moet verdeel word deur te loot. Elke stam moet 'n eiendom ontvang.
56Bepaal vir elkeen sy eiendom deur loting tussen die groter en die kleiner stamme.ā
57Die Levifamilies wat getel is, was diƩ van Gerson, Kehat en Merari
58en ook diƩ van Libni, Hebron, Magli, Musi en Korag. Kehat was die voorvader van Amram,
59en Amram se vrou was Jogebed, ook uit die nageslag van Levi. Sy is in Egipte gebore en haar en Amram se kinders was AƤron en Moses en hulle suster Mirjam.
60AƤron was die vader van Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.
61Nadab en Abihu is dood toe hulle ongeoorloofde vuur na die altaar toe gebring het.
62Die Leviete van 'n maand en ouer was altesaam 23 000 man. Hulle is nie saam met die ander Israeliete getel nie, want hulle het nie self eiendom onder die Israeliete gekry nie.
63Al hierdie mense is getel deur Moses en die priester Eleasar in die Moabsvlakte regoor Jerigo aan die Jordaan.
64Onder hulle was daar egter niemand van die Israeliete wat deur Moses en die priester AƤron in die Sinaiwoestyn getel is nie.
65Die Here het destyds vir daardie Israeliete gesĆŖ dat hulle beslis in die woestyn sou sterf. Nie een van hĆŗlle het toe oorgebly nie, behalwe Kaleb seun van Jefunne, en Josua seun van Nun.