Afrikaans 1983 Bible - 23 verses
1Die dogters van Selofgad het na Moses toe gekom. Hulle het aan die Manassestam behoort. Selofgad was 'n seun van Gefer, seun van Gilead, seun van Makir, seun van Manasse, seun van Josef. Die dogters was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa.
2Hulle het voor Moses en die priester Eleasar en voor die leiers en die hele gemeente by die ingang van die tent van ontmoeting gaan staan en gesĂȘ:
3âOns pa is in die woestyn dood. Hy was nie een van Korag se bende wat teen die Here saamgesweer het nie. Hy het deur sy eie sondes gesterf en geen seuns gehad nie.
4Waarom moet ons pa se naam uit sy familie verdwyn net omdat hy nie 'n seun gehad het nie? Gee vir ons grond tussen diĂ© van sy familie.â
5Moses het hulle saak voor die Here gebring,
6en die Here het vir hom gesĂȘ:
7âSelofgad se dogters het gelyk. Jy moet beslis vir hulle hulle eie grond tussen diĂ© van hulle pa se familie gee. Gee vir hulle die grond wat hulle pa sou gekry het.
8âSĂȘ vir die Israeliete: As iemand sterf en hy het nie 'n seun nie, moet julle sy grond aan sy dogter gee.
9As hy ook nie 'n dogter het nie, gee sy grond vir sy broers.
10As hy nie broers het nie, gee dit vir sy ooms aan vaderskant.
11En as sy pa nie broers gehad het nie, moet julle sy grond vir die naaste bloedverwant uit sy familie gee, dat diĂ© dit kan besit.â Dit moet vir die Israeliete 'n bindende voorskrif bly soos die Here vir Moses beveel het.
12Die Here het vir Moses gesĂȘ: âKlim teen Abarimberg uit en bekyk die land wat Ek aan die Israeliete gee.
13Nadat jy dit bekyk het, sal jy sterwe net soos jou broer AĂ€ron,
14want toe die volk by Meriba in die Sinwoestyn teen My in opstand gekom het, het julle julle teen my bevel verset en My, die Heilige, nie voor die volk gehoorsaam nie.â Dit het gebeur by die Meribawaters by Kades in die Sinwoestyn.
15Moses sĂȘ toe vir die Here:
16âDan moet U, Here, God wat aan alle mense die lewe gee, iemand oor hierdie volk aanstel
17wat vir hulle 'n leier en aanvoerder kan wees sodat die volk van die Here nie soos skape sonder wagter sal wees nie.â
18Toe sĂȘ die Here vir Moses: âNeem vir Josua seun van Nun, 'n man op wie my Gees is, en lĂȘ hom die hande op.
19Laat hom voor die priester Eleasar en voor die hele volk staan en sĂȘ vir hom in hulle teenwoordigheid wat sy taak is.
20Dra van jou gesag aan hom oor sodat die hele volk Israel hom kan gehoorsaam.
21Maar hy moet altyd die priester Eleasar raadpleeg dat diĂ© vir hom met die urim die beslissing van die Here vra. Alleen op Eleasar se bevel sal Josua en die hele volk Israel vir oorlog optrek en van die oorlog af terugkom.â
22Moses het gedoen wat die Here hom beveel het. Hy het Josua voor die priester en die hele volk laat staan,
23hom die hande opgelĂȘ en vir hom gesĂȘ wat sy taak is soos die Here deur Moses beveel het.