Afrikaans 1983 Bible - 39 verses
1In dié tyd het daar Fariseërs en skrifgeleerdes van Jerusalem af by Jesus gekom en Hom gevra:
2âHoekom verontagsaam u dissipels die oorgelewerde gebruike van die voorgeslagte? As hulle gaan eet, was hulle nie hulle hande nie.â
3âWaarom verontagsaam julle self die gebod van God ter wille van julle oorgelewerde gebruike?â het Jesus geantwoord.
4âGod het tog gesĂȘ: âEer jou vader en jou moederâ en: âWie sy vader of sy moeder vloek, moet sekerlik doodgemaak word.â
5Maar julle bepaal: âAs iemand vir sy pa of sy ma sĂȘ: Die hulp wat u van my sou kon kry, maak ek 'n offergawe vir God,
6dan hoef hy nie meer sy plig teenoor sy pa na te kom nie.â So ontneem julle die woord van God sy gesag ter wille van julle oorgelewerde gebruike.
7Huigelaars! Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom toe hy gesĂȘ het:
8âHierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af.
9Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie. â
10Toe het Jesus die menigte nader geroep en vir hulle gesĂȘ: âJulle moet nou luister en mooi verstaan!
11Dit is nie wat by die mond ingaan wat die mens onrein maak nie. Maar wat by die mond uitkom, dit maak 'n mens onrein.â
12Daarna het die dissipels na Hom toe gekom en gesĂȘ: âWeet U dat die FariseĂ«rs hulle vererg het toe hulle gehoor het wat U sĂȘ?â
13Maar Jesus antwoord: âElke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal uitgetrek word.
14Laat staan hulle maar; hulle is blinde leiers van blindes. As 'n blinde 'n blinde lei, val altwee in die sloot.â
15Petrus sĂȘ toe vir Hom: âVerduidelik tog vir ons die beeldspraak.â
16âVerstaan ook julle dit nog nie?â antwoord Jesus.
17âBegryp julle nie dat alles wat by die mond ingaan, na die maag toe gaan en daarna uit die liggaam uitgaan nie?
18Maar wat by die mond uitkom, kom uit die hart, en dĂt is die dinge wat die mense onrein maak.
19Uit die hart kom slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals getuienis, kwaadpratery.
20DĂt is die dinge wat 'n mens onrein maak, maar om met ongewaste hande te eet, maak 'n mens nie onrein nie.â
21Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon toe vertrek.
22'n KanaĂ€nitiese vrou wat in daardie gebied gewoon het, het onverwags by Hom aangekom. Sy het aanhoudend geroep: âOntferm U oor my, Here, Seun van Dawid! My dogter is in die mag van 'n bose gees, en dit gaan sleg.â
23Maar Hy het haar niks geantwoord nie. Sy dissipels kom toe by Hom en vra: âStuur haar weg, want sy hou aan met skreeu hier agter ons.â
24Jesus antwoord: âEk is net na die verlore skape van die volk Israel toe gestuur.â
25Maar die vrou kom kniel voor Hom en sĂȘ: âHere, help my!â
26Hy sĂȘ vir haar: âDit is nie mooi om die kinders se brood te vat en vir die hondjies te gooi nie.â
27âDit is waar, Here,â sĂȘ sy, âmaar die hondjies eet darem van die krummels wat van hulle base se tafels afval.â
28âMevrou,â sĂȘ Jesus vir haar, âjou geloof is groot. Jou wens word vervul.â Van daardie oomblik af was die dogter gesond.
29Jesus het daarvandaan vertrek en by die See van Galilea gekom. Hy het teen die berg opgegaan en daar gaan sit.
30Baie mense het na Hom toe gekom met verlamdes, blindes, gebreklikes, dowes en nog baie ander, en hulle voor Hom neergesit. Hy het hulle gesond gemaak,
31sodat die menigte hulle verwonder het toe hulle sien dat stommes praat, gebreklikes herstel is, verlamdes loop en blindes sien. En hulle het die God van Israel geprys.
32Jesus het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesĂȘ: âEk kry hierdie mense innig jammer, want hulle is nou al drie dae lank hier by My en hulle het niks om te eet nie. En Ek wil hulle ook nie sonder kos huis toe stuur nie, want hulle kan miskien op pad beswyk.â
33Sy dissipels sĂȘ vir Hom: âWaar sal ons in hierdie verlate plek genoeg brood kry om so baie mense kos te gee?â
34âHoeveel brood het julle?â vra Hy vir hulle. âSewe,â antwoord hulle, âen 'n paar vissies.â
35Hy het gesĂȘ die mense moet op die grond gaan sit.
36Toe neem Hy die sewe brode en die visse en dank God daarvoor. Daarna het Hy die brood gebreek en dit aan die dissipels gegee, en hulle het dit aan die mense gegee.
37Almal het geëet en genoeg gekry. En die dissipels het nog sewe mandjies vol bymekaargemaak van die stukke wat oorgebly het.
38Daar was vier duisend mans wat geëet het, afgesien van die vrouens en kinders.
39Daarna het Hy die mense huis toe gestuur, in die skuit geklim en na die gebied van Magadan vertrek.