Afrikaans 1983 Bible - 28 verses
1Die Fariseërs en die Sadduseërs het gekom om Jesus op die proef te stel. Hulle het Hom gevra om vir hulle as teken uit die hemel 'n wonder te doen.
2Maar Hy antwoord hulle: âIn die aand sĂȘ julle: âDaar kom mooi weer, want die lug is rooi;â
3in die mĂŽre sĂȘ julle: âVandag sal dit onweer wees, want die lug is dynserig rooi.â Julle weet hoe om die voorkoms van die lug te beoordeel, maar die tekens van die tye kan julle nie onderskei nie.
4'n Slegte en afvallige geslag wil 'n teken hĂȘ, en geen teken sal aan hulle gegee word nie behalwe die teken van Jona.â Hy het hulle daar gelaat en weggegaan.
5Die dissipels het na die oorkantste oewer toe gegaan, maar vergeet om brood saam te neem.
6Jesus het vir hulle gesĂȘ: âPas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die FariseĂ«rs en die SadduseĂ«rs.â
7Hulle het toe met mekaar daaroor gepraat en gesĂȘ: âDit is omdat ons nie brood saamgebring het nie.â
8Jesus het geweet wat hulle praat, en Hy sĂȘ vir hulle: âKleingelowiges! Hoekom praat julle met mekaar daaroor dat julle nie brood het nie?
9Verstaan julle nog nie en onthou julle nie die vyf brode vir die vyf duisend en hoeveel mandjies vol julle bymekaargemaak het nie?
10En die sewe brode vir die vier duisend en hoeveel mandjies vol julle bymekaargemaak het nie?
11Hoe is dit dan dat julle nie verstaan dat Ek nie met julle oor brood gepraat het nie? Ek het gesĂȘ: Pas op vir die suurdeeg van die FariseĂ«rs en die SadduseĂ«rs.â
12Toe het hulle verstaan dat Hy nie bedoel het dat hulle vir gewone suurdeeg op hulle hoede moet wees nie maar vir die leer van die Fariseërs en die Sadduseërs.
13Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra: âWie, sĂȘ die mense, is die Seun van die mens?â
14Hulle antwoord: âParty sĂȘ Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete.â
15âMaar julle,â het Hy gevra, âwie, sĂȘ julle, is Ek?â
16Simon Petrus het geantwoord: âU is die Christus, die Seun van die lewende God.â
17âGelukkig is jy, Simon Barjona,â het Jesus vir hom gesĂȘ, âwant dit is nie 'n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is.
18En Ek sĂȘ vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
19Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.â
20Toe het Jesus sy dissipels beveel om vir niemand te sĂȘ dat Hy die Christus is nie.
21Van toe af het Jesus dit vir sy dissipels duidelik begin stel dat Hy Jerusalem toe moet gaan en baie moet ly onder die familiehoofde, die priesterhoofde en die skrifgeleerdes, en dat Hy doodgemaak moet word, en die derde dag uit die dood opgewek moet word.
22Petrus het Hom toe opsy geneem en Hom begin berispe: âMag God dit verhoed, Here! Dit sal beslis nie met U gebeur nie.â
23Maar Jesus het na Petrus toe gedraai en vir hom gesĂȘ: âMoenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hĂȘ nie, maar aan wat die mense wil hĂȘ.â
24Toe sĂȘ Jesus vir sy dissipels: âAs iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloĂ«n, sy kruis opneem en My volg,
25want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry.
26Wat sal dit 'n mens help as hy die hele wĂȘreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal 'n mens gee in ruil vir sy lewe?
27Die Seun van die mens gaan saam met sy engele kom. Hy sal beklee wees met dieselfde heerlikheid as sy Vader en sal elkeen volgens sy dade vergeld.
28Dit verseker Ek julle: Daar is party van diĂ© wat hier staan wat beslis nie sal sterwe voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie.â