Afrikaans 1983 Bible - 30 verses
1Nadat Jesus klaar gepraat het, het Hy uit Galilea vertrek en in die gebied van Judea anderkant die Jordaan gekom.
2Groot menigtes het agter Hom aan gegaan, en Hy het hulle daar gesond gemaak.
3Daar was FariseĂ«rs wat Hom op die proef wou stel, en hulle kom toe by Hom met die vraag: âMag 'n man sommer oor enige ding van sy vrou skei?â
4Hy het hulle geantwoord: âHet julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie?
5Daarby het Hy gesĂȘ: âDaarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle twee sal een wees.â
6Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag 'n mens nie skei nie.â
7Hulle vra Hom toe: âWaarom het Moses dan bepaal dat, as iemand sy vrou 'n skeibrief gee, hy van haar kan skei?â
8Hy antwoord hulle: âDit is oor die hardheid van julle harte dat Moses julle toegelaat het om van julle vrouens te skei, maar dit was nie van die begin af so nie.
9Ek sĂȘ vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor owerspel, en met 'n ander een trou, pleeg egbreuk.â
10Sy dissipels sĂȘ toe vir Hom: âAs dit is hoe die saak met man en vrou staan, is dit beter om nie te trou nie.â
11Maar Hy sĂȘ vir hulle: âWat julle nou sĂȘ, is nie vir almal moontlik nie, net vir diĂ© aan wie dit gegee is.
12Daar is mense wat nie kan trou nie omdat hulle van hulle geboorte af so is, ander is deur mense so gemaak, en ander het self so gekies ter wille van die koninkryk van die hemel. âWie dit kan doen, laat hy dit doen.â
13Die mense het kindertjies na Hom toe gebring dat Hy hulle die hande moet oplĂȘ en vir hulle moet bid. Sy dissipels het met hulle daaroor geraas.
14Maar Jesus het gesĂȘ: âLaat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.â
15Nadat Hy hulle die hande opgelĂȘ het, het Hy daarvandaan weggegaan.
16Daar het iemand na Hom toe gekom en gesĂȘ: âMeneer, watter goeie daad moet ek doen om die ewige lewe te verkry?â
17Hy het vir hom gesĂȘ: âWaarom vra jy My uit oor wat goed is? Daar is net Een wat goed is. Maar as jy die ewige lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.â
18âWatter gebooie bedoel u?â het hy vir Hom gevra. Jesus het gesĂȘ: âDit: Jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis aflĂȘ nie,
19eer jou vader en jou moeder en: jy moet jou naaste liefhĂȘ soos jouself. â
20âDit alles het ek nagekom,â het die jongman gesĂȘ. âIn watter opsig skiet ek nog te kort?â
21Jesus het hom geantwoord: âAs jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee die geld vir die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hĂȘ. Kom dan terug en volg My.â
22Toe die jongman dit hoor, het hy bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad.
23Jesus het toe vir sy dissipels gesĂȘ: âDit verseker Ek julle: 'n Ryk mens sal moeilik in die koninkryk van die hemel kom.
24Ek stel dit nog sterker: Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom as vir 'n ryke om in die koninkryk van God te kom.â
25Toe die dissipels dit hoor, het dit hulle geweldig ontstel, en hulle het gesĂȘ: âWie kan dan gered word?â
26Jesus het reguit na hulle gekyk en gesĂȘ: âVir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.â
27Toe sĂȘ Petrus vir Hom: âKyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal ons daarvoor kry?â
28Jesus antwoord hulle: âDit verseker Ek julle: Wanneer alles nuut gemaak word, as die Seun van die mens op sy koninklike troon sit, sal ook julle wat My gevolg het, op twaalf trone sit en oor die twaalf stamme van Israel regeer.
29En elkeen wat ter wille van my Naam afgesien het van huise of broers of susters of vader of moeder of kinders of grond, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe as erfenis kry.
30âMaar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.â