Afrikaans 1983 Bible - 34 verses
1âMet die koninkryk van die hemel gaan dit soos met die eienaar van 'n wingerd wat vroeg in die mĂŽre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur.
2âNadat hy met die arbeiders ooreengekom het om hulle die gewone dagloon te betaal, stuur hy hulle om in sy wingerd te gaan werk.
3Teen nege-uur gaan hy weer uit en sien ander werkloos op die mark rondstaan,
4en hy sĂȘ vir hulle: âGaan werk julle ook in my wingerd, en wat billik is, sal ek julle betaal.â
5Hulle is toe soontoe. Teen twaalfuur en teen drie-uur het hy weer uitgegaan en dieselfde gedoen.
6Omtrent vyfuur gaan hy uit en kry ander wat daar rondstaan, en hy sĂȘ vir hulle: âWaarom staan julle heeldag werkloos hier rond?â
7Hulle antwoord hom: âOmdat niemand ons gehuur het nie.â âGaan werk julle ook in my wingerd,â sĂȘ hy toe vir hulle.
8âToe dit aand word, sĂȘ die eienaar van die wingerd vir sy voorman: âRoep die arbeiders en betaal hulle hulle loon. Begin by die laastes en eindig by die eerstes.â
9âDiĂ© wat teen vyfuur gehuur is, kom toe en kry elkeen die gewone dagloon.
10Die mense wat eerste gehuur is, het gedink hulle sou meer kry, maar toe hulle aan die beurt kom, kry hulle ook elkeen die gewone dagloon.
11Hulle vat toe die geld maar begin by die eienaar kla
12en sĂȘ: âHierdie laastes het net een uur gewerk, en nou betaal u hulle dieselfde loon as vir ons wat die hele dag hard gewerk het in die warm son.â
13âMaar hy antwoord een van hulle: âVriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir die gewone dagloon nie?
14Vat jou geld en gaan huis toe. Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou.
15Mag ek dan nie met my geld maak wat ek wil nie? Of is jy afgunstig omdat ek goed is?â
16âSo sal die laastes eerste wees, en die eerstes laaste.â
17Terwyl Jesus na Jerusalem toe op pad was, neem Hy die twaalf dissipels opsy, en so in die loop sĂȘ Hy vir hulle:
18âKyk, ons gaan nou Jerusalem toe. Daar sal die Seun van die mens aan die priesterhoofde en skrifgeleerdes oorgelewer word, en hulle sal Hom tot die dood veroordeel.
19Hulle sal Hom uitlewer aan die heidene, wat Hom sal bespot en gesel en kruisig. En op die derde dag sal Hy uit die dood opgewek word.â
20Toe kom die vrou van Sebedeus met haar twee seuns by Jesus en kniel voor Hom om Hom 'n guns te vra.
21âWat kan Ek vir u doen?â vra Hy vir haar. Sy sĂȘ vir Hom: âBelowe my dat hierdie twee seuns van my in u koninkryk langs U mag sit, een aan u regterhand en die ander een aan u linkerhand.â
22Toe antwoord Jesus: âJulle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die lydensbeker drink wat Ek gaan drink?â âOns kan,â antwoord hulle.
23Jesus sĂȘ toe vir hulle: âJa, my beker sal julle drink. Maar om aan my regter- en my linkerhand te sit, daaroor besluit Ek nie; dit is vir diĂ© vir wie my Vader dit gereed gemaak het.â
24Toe die tien ander dissipels dit hoor, was hulle kwaad vir die twee broers.
25Jesus roep hulle toe nader en sĂȘ: âJulle weet dat dit by die nasies so is dat die regeerders oor hulle baasspeel, en dat die groot manne die mag oor hulle misbruik.
26Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees;
27en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees.
28So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.â
29Toe hulle uit Jerigo uitgaan, het 'n groot menigte Jesus gevolg.
30Twee blinde mans wat langs die pad gesit het, het gehoor dat Jesus verbykom. Toe roep hulle uit: âHere, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!â
31Die mense het met hulle geraas en gesĂȘ hulle moet stilbly, maar hulle het al hoe harder geroep: âHere, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!â
32Jesus het gaan staan, hulle geroep en gevra: âWat wil julle hĂȘ moet Ek vir julle doen?â
33Hulle sĂȘ toe vir Hom: âHere, dat ons oĂ« oopgaan.â
34Jesus het hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. Dadelik kon hulle sien en het hulle Hom gevolg.