Afrikaans 1983 Bible - 46 verses
1Jesus het weer in gelykenisse met die mense gepraat.
2Hy het gesĂȘ: âMet die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n koning wat vir sy seun 'n bruilofsfees voorberei het.
3Hy het sy slawe uitgestuur om die genooides na die bruilof te roep, maar hulle wou nie kom nie.
4Toe stuur hy weer ander slawe met die opdrag: âSĂȘ vir die genooides: Die maaltyd is reg; my beeste en vetgemaakte vee is geslag, en alles is gereed. Kom na die bruilof toe.â
5âMaar die genooides het hulle nie daaraan gesteur nie, en die een het na sy stuk grond en 'n ander een na sy werkplek toe gegaan.
6En party het sy slawe gegryp en mishandel en doodgemaak.
7Die koning het kwaad geword en sy leër gestuur om daardie moordenaars dood te maak en hulle stad aan die brand te steek.
8âToe sĂȘ hy vir sy slawe: âAlles staan klaar vir die bruilofsfees, maar die genooides was dit nie werd nie.
9Gaan nou uit na die straathoeke en nooi soveel mense as wat julle teenkom, na die bruilofsfees toe.â
10Toe het daardie slawe uitgegaan op die strate en almal wat hulle gekry het, bymekaargemaak, slegtes sowel as goeies. So het die feessaal vol gaste geword.
11âToe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar 'n man wat nie bruilofsklere aanhet nie,
12en hy sĂȘ vir hom: âVriend, hoe het jy hier ingekom sonder bruilofsklere aan?â Maar die man kon niks antwoord nie.
13Toe sĂȘ die koning vir sy dienaars: âBind sy hande en sy voete vas en gooi hom uit in die diepste duisternis daarbuite. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.â
14âBaie is immers geroep, maar min is uitverkies.â
15Toe het die Fariseërs gaan besluit om Jesus met 'n vraag in 'n val te lok.
16Hulle stuur toe van hulle volgelinge saam met 'n aantal Herodiane om vir Hom te sĂȘ: âMeneer, ons weet dat u iemand is wat u mening eerlik uitspreek en getrou aan die waarheid die wil van God bekend maak sonder om mense in aanmerking te neem, want u let nie op die aansien van persone nie.
17SĂȘ vir ons wat dink u: Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal, of is dit nie?â
18Maar Jesus het deur hulle valsheid gesien en vir hulle gesĂȘ: âHuigelaars! Waarom stel julle vir My 'n strik?
19Wys vir My die muntstuk waarmee die belasting betaal word.â Hulle bring toe die muntstuk vir Hom,
20en Hy vra vir hulle: âWie se kop en naam is hierop?â
21âDie keiser s'n,â antwoord hulle. Jesus sĂȘ vir hulle: âGee dan aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort.â
22Toe hulle dit hoor, was hulle verbaas en het hulle Hom met rus gelaat en weggegaan.
23Op dieselfde dag het daar Sadduseërs by Jesus gekom. Dit is hulle wat beweer dat daar nie 'n opstanding is nie. Hulle vra Hom toe:
24âMeneer, Moses het gesĂȘ: âAs iemand sterwe sonder om kinders te hĂȘ, moet sy broer met die weduwee trou en 'n nageslag vir sy broer verwek.â
25Nou was daar by ons sewe broers. Die oudste het getrou en gesterwe. Omdat daar nie kinders was nie, het sy broer met die weduwee getrou.
26Dieselfde het gebeur met die tweede en die derde broer en uiteindelik met al sewe.
27En heel laaste van almal het die vrou ook gesterwe.
28Met die opstanding dan, wie se vrou sal sy wees? Al sewe het haar mos as vrou gehad.â
29Maar Jesus antwoord hulle: âJulle dwaal omdat julle nie die Skrif en ook nie die krag van God ken nie.
30Met die opstanding trou die mense nie meer nie, maar is hulle soos die engele in die hemel.
31En wat die opstanding van die dooies betref, het julle dan nie gelees wat God vir julle gesĂȘ het nie:
32âEk is die God van Abraham, die God van Isak, en die God van Jakobâ? Hy is nie die God van dooies nie maar van lewendes.â
33Toe die skare dit hoor, was hulle verslae oor sy leer.
34Toe die Fariseërs hoor dat Jesus die Sadduseërs die mond gesnoer het, het hulle bymekaargekom,
35en een van hulle, 'n wetgeleerde, het Hom met 'n vraag probeer vastrek.
36âMeneer,â vra hy, âwat is die grootste gebod in die wet?â
37Jesus antwoord hom: â âJy moet die Here jou God liefhĂȘ met jou hele hart en met jou hele sielâ en met jou hele verstand.
38Dit is die grootste en die eerste gebod.
39En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: âJy moet jou naaste liefhĂȘ soos jouself.â
40In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.â
41Toe die Fariseërs bymekaar was, vra Jesus vir hulle:
42âWat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?â âDawid s'n,â antwoord hulle Hom.
43Hy sĂȘ toe vir hulle: âWaarom het Dawid deur die ingewing van die Gees Hom dan âHereâ genoem? Hy sĂȘ tog:
44â âDie Here het vir my Here gesĂȘ: Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het.â
45âAs Dawid self Hom âHereâ noem, hoe kan Hy dan Dawid se seun wees?â
46Niemand kon Hom daarop iets antwoord nie. Van dié dag af het niemand dit meer gewaag om Hom 'n vraag te stel nie.