Afrikaans 1983 Bible - 39 verses
1Toe het Jesus die menigte en sy dissipels toegespreek
2en gesĂȘ: âDie skrifgeleerdes en die FariseĂ«rs het die gesag om die wet van Moses te vertolk.
3Julle moet alles doen en onderhou wat hulle vir julle sĂȘ, maar hulle voorbeeld moet julle nie navolg nie, want hulle doen self nie wat hulle sĂȘ nie.
4Hulle bind swaar en ondraaglike laste saam en sit dit op die mense se skouers, maar self wil hulle nie 'n vinger verroer om dit te dra nie.
5Alles wat hulle doen, doen hulle net om deur mense gesien te word. Hulle maak die gebedsband om hulle voorkop breed, en die tossels aan hulle klere groot.
6Hulle hou van die ereplekke by die feesmaaltye, en van die voorste plekke in die sinagoges
7en om op straat deur die mense begroet en as ârabbiâ aangespreek te word.
8âMaar julle moet julle nie ârabbiâ laat noem nie; net Een is julle Leermeester en julle is almal broers.
9Moet niemand hier op aarde as âvaderâ aanspreek nie, want Een is julle Vader: die Vader in die hemel.
10Julle moet julle nie âleiersâ laat noem nie, want Een is julle Leier: die Christus.
11âMaar die grootste onder julle moet bereid wees om die ander te dien.
12Wie hoogmoedig is, sal verneder word, en wie nederig is, sal verhoog word.â
13âEllende wag vir julle, skrifgeleerdes en FariseĂ«rs, huigelaars! Julle sluit die deur van die koninkryk in die mense se gesig toe. Julle gaan self nie in nie, en julle verhinder diĂ© wat wel wil ingaan.
14***
15âEllende wag vir julle, skrifgeleerdes en FariseĂ«rs, huigelaars! Julle trek oor see en land rond om een bekeerling te maak, en as hy dit word, maak julle hom twee maal so ryp vir die hel as wat julle self is.
16âEllende wag vir julle, julle wat ander wil lei en self blind is. Julle sĂȘ: âAs iemand by die tempel 'n eed aflĂȘ, is hy nie aan sy eed gebind nie, maar as hy by die goud van die tempel 'n eed aflĂȘ, moet hy die eed nakom.â
17Blinde dwase! Wat is belangriker: die goud of die tempel waardeur die goud geheilig word?
18Julle sĂȘ ook: âAs iemand by die altaar 'n eed aflĂȘ, is hy nie aan sy eed gebind nie, maar as hy by die offergawe bo-op die altaar 'n eed aflĂȘ, moet hy die eed nakom.â
19Julle blindes! Wat is belangriker: die offergawe of die altaar waardeur die offergawe geheilig word?
20Wie by die altaar 'n eed aflĂȘ, lĂȘ 'n eed af by die altaar en by alles wat daarop is.
21Wie by die tempel 'n eed aflĂȘ, lĂȘ 'n eed af by die tempel en by God wat daarin woon.
22En wie by die hemel 'n eed aflĂȘ, lĂȘ 'n eed af by die troon van God en by God wat daarop sit.
23âEllende wag vir julle, skrifgeleerdes en FariseĂ«rs, huigelaars! Julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander, maar wat volgens die wet van God die swaarste weeg, laat julle na: geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid. Juis hierdie dinge moet 'n mens doen en die ander nie nalaat nie.
24Blinde leiers! Julle skep die muggie uit julle beker uit, maar julle sluk die kameel in.
25âEllende wag vir julle, skrifgeleerdes en FariseĂ«rs, huigelaars! Julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binne is hulle vol hebsug en onmatigheid.
26Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal sy buitekant ook skoon wees.
27âEllende wag vir julle, skrifgeleerdes en FariseĂ«rs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is.
28So is julle ook: van buite lyk julle vir mense vroom, maar van binne is julle vol huigelary en minagting van die wet.â
29âEllende wag vir julle, skrifgeleerdes en FariseĂ«rs, huigelaars! Julle hou die grafte van die profete in stand en versier die gedenktekens van die vromes,
30en julle sĂȘ: âAs ons in die dae van ons voorvaders gelewe het, sou ons nie medepligtig gewees het aan die vergieting van die bloed van die profete nie.â
31Op dié manier erken julle self dat julle nakomelinge is van die moordenaars van die profete.
32Gaan maar aan, maak klaar wat julle voorvaders begin het!
33âJulle slange, addergeslag! Hoe sal julle ontkom aan die straf in die hel?
34Luister dus goed! Ek stuur profete, wyse manne en leraars na julle toe. Julle sal party van hulle doodmaak en kruisig, en party in julle sinagoges gesel en hulle van die een dorp na die ander vervolg.
35So sal julle verantwoordelik wees vir die bloed van al die vromes wat op die aarde uitgestort is, van die bloed van die onskuldige Abel af tot by die bloed van Sagaria seun van Berekja, vir wie julle tussen die tempel en die altaar vermoor het.
36Dit verseker Ek julle: Die straf vir al hierdie dinge sal op die mense van vandag neerkom.â
37âJerusalem, Jerusalem! Jy wat die profete doodmaak en die boodskappers stenig wat na jou toe gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle wou nie!
38Kyk, nou word julle stad as puinhoop aan julle oorgelaat.
39Maar Ek sĂȘ vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal uitroep: Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! â