Afrikaans 1983 Bible - 34 verses
1Jesus het afgekom van die berg af, en 'n groot menigte mense het saam met Hom gegaan.
2'n Melaatse man kom kniel toe voor Hom en sĂȘ: âHere, as U wil, kan U my gesond maak.â
3Toe steek Jesus sy hand uit, raak hom aan en sĂȘ: âEk wil. Word gesond!â En sy melaatsheid was onmiddellik weg.
4Jesus sĂȘ toe vir hom: âJy moet dit vir niemand vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en bring die offer wat Moses voorgeskryf het. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het.â
5Nadat Jesus in Kapernaum aangekom het, het 'n offisier by Hom hulp kom vra
6en gesĂȘ: âHere, my slaaf lĂȘ by my huis verlam en verduur baie pyn.â
7En Jesus antwoord hom: âEk sal hom kom gesond maak.â
8Maar die offisier sĂȘ: âHere, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie. SĂȘ maar net 'n woord, en my slaaf sal gesond word.
9Ek is ook 'n mens wat onder gesag staan en ek het soldate onder my. Vir een sĂȘ ek: âGaan daarheen!â en hy gaan; en vir 'n ander: âKom!â en hy kom; en vir my slaaf: âDoen dit!â en hy doen dit.â
10Jesus was verwonderd toe Hy dit hoor, en Hy sĂȘ vir die mense wat agter Hom aan gekom het: âDit verseker Ek julle: Ek het nog by niemand in Israel so 'n groot geloof teĂ«gekom nie.
11Ek sĂȘ vir julle: Baie sal van die ooste en die weste af kom en saam met Abraham, Isak en Jakob aan tafel gaan in die koninkryk van die hemel.
12Maar mense vir wie die koninkryk bedoel is, sal in die diepste duisternis daarbuite gegooi word, waar hulle sal huil en op hulle tande sal kners.â
13Jesus sĂȘ toe vir die offisier: âGaan terug, en wat jy geglo het, sal gebeur.â En sy slaaf het op daardie oomblik gesond geword.
14Toe Jesus in die huis van Petrus kom, sien Hy Petrus se skoonmoeder siek lĂȘ met 'n hoĂ« koors.
15Hy het haar hand gevat, en die koors het haar verlaat. Sy het opgestaan en Hom bedien.
16Toe dit aand word, het hulle baie wat in die mag van bose geeste was, vir Hom gebring. Hy het die geeste met 'n woord uitgedryf en al die siekes gesond gemaak.
17So is vervul wat deur die profeet Jesaja gesĂȘ is: âHy het ons lyding op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra.â
18Toe Jesus die menigte mense rondom Hom sien, het Hy opdrag gegee om na die oorkant toe te vertrek.
19'n Skrifgeleerde kom toe nader en sĂȘ vir Hom: âMeneer, ek sal u volg waar u ook al gaan.â
20Jesus sĂȘ vir hom: âJakkalse het gate en voĂ«ls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens 'n rusplek vir sy kop nie.â
21Iemand anders, een van sy dissipels, sĂȘ vir Hom: âHere, laat my toe om eers terug te gaan en my pa te begrawe.â
22Maar Jesus antwoord hom: âVolg My, en laat die dooies hulle eie dooies begrawe.â
23Toe Jesus in die skuit klim, het sy dissipels Hom gevolg.
24Skielik het daar 'n hewige storm op die see losgebars, sodat die golwe oor die skuit geslaan het. Maar Jesus het geslaap.
25Hulle kom toe en maak Hom wakker en sĂȘ: âHere, red ons! Ons vergaan!â
26Hy sĂȘ vir hulle: âWaarom is julle bang, kleingelowiges?â Daarna het Hy opgestaan en die wind en die see hard aangespreek, en dit het doodstil geword.
27Die mense het hulle verwonder en gesĂȘ: âWatter soort mens is hy dat selfs die wind en die see hom gehoorsaam?â
28Toe Jesus aan die oorkant in die land van die Gadareners kom, het twee mense wat in die mag van bose geeste was, Hom van die grafte af tegemoet gekom. Hulle was baie gevaarlik, sodat niemand dit langs daardie pad kon waag nie.
29Skielik het hulle begin skreeu: âWat het U met ons te doen, Seun van God? Het U hierheen gekom om ons voor die tyd te pynig?â
30'n Hele ent van hulle af het 'n groot trop varke geloop.
31Die bose geeste het Hom gesoebat: âAs U ons uitdryf, stuur ons tog in die trop varke in.â
32âGaan!â het Hy vir hulle gesĂȘ. Hulle is toe uit die mense uit en het in die varke ingevaar. Die hele trop het meteens op loop gesit teen die hang af, die see in, en het in die water versuip.
33Die wagters het weggehardloop dorp toe en alles daar gaan vertel, ook wat met die besetenes gebeur het.
34Die hele dorp het Jesus tegemoet gegaan, en toe hulle Hom sien, het hulle Hom ernstig versoek om hulle gebied te verlaat.