Afrikaans 1983 Bible - 44 verses
1Jesus het voortgegaan om in gelykenisse met hulle te praat en gesĂȘ: â'n Man het 'n wingerd aangeplant en 'n klipmuur daar rondom gebou. Hy het daarin ook 'n parskuip uitgekap en 'n wagtoring opgerig. Toe het hy dit aan boere verhuur en daarvandaan weggegaan.
2Op die vasgestelde tyd het hy 'n slaaf na die boere toe gestuur om by hulle sy deel van die wingerd se opbrengs te kry.
3Hulle het hom egter gegryp en geslaan en met leë hande weggejaag.
4Daarna het hy 'n ander slaaf na hulle toe gestuur. Hulle het hom oor die kop geslaan en hom uitgeskel.
5Hy het nog 'n ander een gestuur en vir hom het hulle doodgemaak. Later het hy nog baie ander gestuur; hulle het party geslaan en ander doodgemaak.
6Hy het nog net een oorgehad, sy geliefde seun. Heel laaste het hy hom na hulle toe gestuur met die gedagte: hulle sal tog my seun ontsien.
7Maar daardie boere het vir mekaar gesĂȘ: âDit is die erfgenaam diĂ©. Kom ons maak hom dood; dan sal die erfenis ons s'n wees.â
8Hulle het hom toe gegryp en doodgemaak en hom uit die wingerd uitgegooi.
9âWat dink julle sal die eienaar van die wingerd nou doen? Hy sal kom en die boere om die lewe bring en die wingerd vir ander mense gee.
10Julle het tog al in die Skrif gelees: âDie klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword.
11Dit is deur die Here gedoen en is 'n wonder in ons oĂ«. â
12Hulle het toe na 'n plan gesoek om Hom te laat vang, want hulle het besef dat Hy met hierdie gelykenis op hulle gesinspeel het. Maar hulle was bang vir die mense en het Hom laat staan en weggegaan.
13Toe stuur hulle 'n paar van die Fariseërs en van die Herodiane na Jesus toe om Hom met 'n vraag in 'n strik te vang.
14Hulle kom sĂȘ toe vir Hom: âMeneer, ons weet dat u iemand is wat u mening eerlik uitspreek sonder om mense in aanmerking te neem, want u let nie op die aansien van persone nie. U is getrou aan die waarheid en so maak u die wil van God bekend. Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal, of is dit nie? Moet ons betaal, of moet ons nie betaal nie?â
15Jesus het egter geweet dat hulle huigel en Hy het vir hulle gesĂȘ: âWaarom stel julle vir My 'n strik? Bring vir My 'n muntstuk dat Ek sien.â
16Hulle bring toe vir Hom een en Hy vra vir hulle: âWie se kop en naam is hierop?â âDie keiser s'n,â antwoord hulle Hom.
17Jesus sĂȘ toe vir hulle: âGee aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort.â En hulle was stom van verbasing oor Hom.
18Toe kom daar Sadduseërs na Jesus toe. Dit is hulle wat beweer dat daar nie 'n opstanding is nie.
19Hulle vra Hom toe: âMeneer, Moses het vir ons voorgeskrywe: âAs iemand se broer sterwe en 'n vrou agterlaat maar nie kinders het nie, moet hy met die weduwee van sy broer trou en 'n nageslag vir sy broer verwek.â
20Nou was daar sewe broers. Die oudste het getrou en by sy sterwe geen kinders gehad nie.
21Die tweede het toe met die weduwee getrou, maar hy het ook gesterwe sonder om kinders agter te laat, en die derde net so.
22Nie een van die sewe het kinders by haar gehad nie. Heel laaste het die vrou toe ook gesterwe.
23Met die opstanding, wanneer hulle uit die dood opstaan, wie van hulle se vrou sal sy wees? Al sewe het haar mos as vrou gehad.â
24Jesus sĂȘ vir hulle: âIs die rede waarom julle dwaal, nie juis dat julle nie die Skrif ken nie en ook nie die krag van God nie?
25Ja, want wanneer die mense uit die dood opstaan, trou hulle nie meer nie, maar is hulle soos die engele in die hemel.
26En dat die dooies opgewek word, het julle dan nie in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, gelees hoe God vir hom gesĂȘ het: âEk is die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakobâ nie?
27Hy is nie 'n God van dooies nie maar van lewendes. Julle is dus heeltemal aan die dwaal!â
28Een van die skrifgeleerdes het hulle hoor redeneer en het nader gestaan. Toe hy sien dat Jesus hulle 'n goeie antwoord gegee het, vra hy vir Hom: âWat is die heel grootste gebod?â
29Jesus antwoord hom: âDie eerste is: âLuister, Israel, die Here ons God is die enigste Here.
30Jy moet die Here jou God liefhĂȘ met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.â
31Die tweede is: âJy moet jou naaste liefhĂȘ soos jouself.â Geen ander gebod is groter as diĂ© twee nie.â
32âPragtig, Meneer!â sĂȘ die skrifgeleerde vir Hom. âDit is waar wat u gesĂȘ het: âDie Here is die enigste God,â en âdaar is geen ander God as Hy nie. â
33En âom Hom lief te hĂȘ met jou hele hart en met jou hele denke en met al jou kragâ en âom jou naaste lief te hĂȘ soos jouselfâ is van meer belang as al die brandoffers en ander diereoffers.â
34Toe Jesus hom so verstandig hoor praat, sĂȘ Hy vir hom: âJy is nie ver van die koninkryk van God af nie.â Niemand het dit toe meer gewaag om Hom 'n vraag te stel nie.
35Jesus het toe voortgegaan om die mense in die tempel te leer, en Hy het vir hulle gesĂȘ: âHoe is dit dat die skrifgeleerdes sĂȘ dat die Christus die seun van Dawid is?
36Dawid self het deur die ingewing van die Gees gesĂȘ: â âDie Here het vir my Here gesĂȘ: Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het.â
37âDawid self noem Hom âHereâ; hoe kan Hy dan sy seun wees?â Die groot menigte mense het graag na Hom geluister.
38Terwyl Jesus die mense leer, het Hy gesĂȘ: âPas op vir die skrifgeleerdes, wat daarvan hou om met swierige klere rond te stap en om op straat begroet te word,
39wat die voorste sitplekke in die sinagoges en die ereplekke by die feesmaaltye wil hĂȘ.
40Hulle palm die huise van die weduwees in en sĂȘ vir die skyn lang gebede op. Hulle sal baie swaar gestraf word.â
41Jesus het toe regoor die offergawekis gaan sit en kyk hoe die mense geld daar ingooi. Baie ryk mense het baie geld ingegooi.
42Daar het toe 'n arm weduwee gekom en twee muntstukkies ingegooi. Dit was baie min werd.
43Hy het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesĂȘ: âDit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het.
44Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe.â