Afrikaans 1983 Bible - 33 verses
1Toe hulle naby Jerusalem kom, by Betfage en Betanië op die Olyfberg, stuur Jesus twee van sy dissipels
2en sĂȘ vir hulle: âGaan na die dorpie daar reg voor julle, en net soos julle inkom, sal julle daar 'n jong donkie vasgemaak kry. Geen mens het nog op hom gery nie. Maak hom los en bring hom hier.
3En as iemand vir julle sĂȘ: âWat maak julle daar?â moet julle sĂȘ: Die Here het hom nodig, en Hy sal hom gou weer hierheen terugstuur.â
4Hulle het toe gegaan en 'n jong donkie by die ingang, buite langs die pad, vasgemaak gekry en hom losgemaak.
5Party van die mense wat daar gestaan het, het vir hulle gesĂȘ: âWaarom maak julle die donkie los?â
6Hulle het hulle geantwoord soos Jesus gesĂȘ het. Daarna het die mense hulle laat begaan.
7Hulle bring toe die donkie na Jesus toe en sit van hulle klere op hom, en Jesus het opgeklim.
8Baie mense het van hulle klere op die pad oopgegooi en party weer groen takkies wat hulle langs die pad afgebreek het.
9DiĂ© wat voor geloop en diĂ© wat agteraan gekom het, het uitgeroep: âPrys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!
10GeseĂ«nd is ons voorvader Dawid se koninkryk wat aan die kom is! Prys Hom in die hoogste hemel!â
11Jesus het in Jerusalem na die tempel toe gegaan en alles daar bekyk. Dit was al laat middag toe Hy en die twaalf weer na Betanië toe gegaan het.
12Toe hulle die volgende dag van Betanië af terugkom, het Jesus honger gekry.
13Hy sien toe op 'n afstand 'n vyeboom met blare aan en gaan daarheen om te kyk of Hy nie miskien 'n vy daaraan kry nie. Toe Hy daar kom, kry Hy niks nie, net blare, want dit was nie vyetyd nie.
14Hy sĂȘ toe vir die boom: âVan jou sal niemand tot in der ewigheid ooit weer vye eet nie.â Sy dissipels het dit gehoor.
15Hulle kom toe in Jerusalem aan. Jesus het na die tempel toe gegaan en die mense wat op die tempelplein besig was om te koop en te verkoop, daar begin uitjaag. Die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi.
16En Hy het niemand toegelaat om goed oor die tempelplein te dra nie.
17Toe het Hy die mense geleer en vir hulle gesĂȘ: âStaan daar nie geskrywe: âMy huis sal 'n huis van gebed vir al die nasies weesâ nie? Maar julle het dit 'n rowersnes gemaak.â
18Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes het dit gehoor en het na 'n plan gesoek om Hom om die lewe te bring, want hulle was bang vir Hom, omdat al die mense deur sy leer aangegryp is.
19Toe dit aand geword het, het Jesus en sy dissipels uit die stad uit weggegaan.
20Toe hulle die volgende mĂŽre vroeg by die vyeboom verbygaan, sien hulle dat hy tot in sy wortels verdroog is.
21Gedagtig aan wat Jesus gesĂȘ het, sĂȘ Petrus vir Hom: âRabbi, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog.â
22Jesus sĂȘ toe vir hulle: âJulle moet geloof in God hĂȘ!
23Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sĂȘ: âLig jou op en val in die see,â en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sĂȘ, gebeur, vir hom sal dit gebeur.
24Daarom sĂȘ Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.
25âEn wanneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, vergewe hom; dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredings vergewe.â
26***
27Hulle kom toe weer in Jerusalem aan. Terwyl Jesus op die tempelplein loop, kom die priesterhoofde en die skrifgeleerdes en die familiehoofde na Hom toe
28en vra vir Hom: âMet watter gesag doen u hierdie dinge? Wie het u hierdie gesag gegee om dit te doen?â
29Jesus sĂȘ toe vir hulle: âEk gaan julle een ding vra, en as julle My daarop antwoord, sal Ek vir julle sĂȘ met watter gesag Ek hierdie dinge doen.
30Die doop van Johannes, was dit van God of van mense afkomstig? Antwoord My.â
31Hulle redeneer toe onder mekaar: âAs ons sĂȘ: âVan God af,â sal hy sĂȘ: âWaarom het julle hom dan nie geglo nie?â
32Maar moet ons sĂȘ: âVan mense afâ?...â Hulle was bang vir die mense, want almal was van mening dat Johannes werklik 'n profeet was.
33Daarom sĂȘ hulle toe vir Jesus: âOns weet nie.â Jesus sĂȘ toe vir hulle: âDan sĂȘ Ek ook nie vir julle met watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.â