Afrikaans 1983 Bible - 47 verses
1Die mĂŽre vroeg het die priesterhoofde saam met die familiehoofde en die skrifgeleerdes dadelik as volle Joodse Raad 'n vergadering gehou. Hulle het Jesus geboei en Hom toe weggebring en aan Pilatus uitgelewer.
2Pilatus het vir Hom gevra: âIs jy die koning van die Jode?â Jesus antwoord hom: âDit is soos u sĂȘ.â
3Die priesterhoofde het Hom van baie dinge beskuldig.
4Pilatus het Hom toe verder ondervra. âVerweer jy jou glad nie?â het hy gevra. âKyk waarvan beskuldig hulle jou alles.â
5Jesus het egter niks meer gesĂȘ nie, sodat Pilatus verbaas was.
6Elke paasfees het Pilatus vir die mense een gevangene, die een wat hulle gevra het, losgelaat.
7Daar was 'n man met die naam Barabbas in die tronk saam met ander opstandelinge. Hulle het tydens die opstand moord gepleeg.
8Daar het toe juis 'n klomp mense gekom en Pilatus gevra om vir hulle te doen wat hulle van hom gewoond was.
9Pilatus vra hulle toe: âWil julle hĂȘ ek moet die koning van die Jode vir julle loslaat?â
10Hy het geweet dat die priesterhoofde Hom uit afguns uitgelewer het.
11Hulle het die mense egter opgesteek om te vra dat hy liewer Barabbas vir hulle moet loslaat.
12Pilatus het weer vir hulle gevra: âWat wil julle dan hĂȘ moet ek met hom maak wat julle die koning van die Jode noem?â
13âKruisig hom!â skreeu hulle.
14âWaarom? Wat se kwaad het hy gedoen?â vra Pilatus hulle. Maar hulle skreeu nog harder: âKruisig hom!â
15Omdat Pilatus die mense hulle sin wou gee, het hy Barabbas toe vir hulle losgelaat en Jesus laat gesel en Hom oorgelewer om gekruisig te word.
16Die soldate vat Jesus toe in die binnehof van hulle hoofkwartier in en roep die hele afdeling bymekaar.
17Toe trek hulle Hom 'n pers mantel aan en vleg 'n doringkroon en sit dit vir Hom op.
18Daarna het hulle Hom begin begroet en gesĂȘ: âOns groet u, Koning van die Jode!â
19Hulle het Hom herhaaldelik met 'n stok oor die kop geslaan en op Hom gespoeg en hulle knieë gebuig asof hulle aan Hom eer wou bewys.
20Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die pers mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig.
21Die soldate het iemand wat daar verbygekom het, gekommandeer om Jesus se kruis te dra. Dit was Simon van Sirene, wat van buite die stad af gekom het, die pa van Aleksander en Rufus.
22Hulle bring Jesus toe na 'n plek Golgota, wat Kopbeenplek beteken.
23Hulle wou vir Hom wyn gee met mirre daarin, maar Hy wou dit nie hĂȘ nie.
24Toe kruisig hulle Hom en verdeel sy klere onder mekaar deur te loot oor wat elkeen moet kry.
25Dit was nege-uur die mĂŽre toe hulle Hom gekruisig het.
26En die rede waarom Hy gekruisig is, was op 'n bordjie aan die kruis geskrywe: âDie koning van die Jode.â
27Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, een regs en een links van Hom.
28***
29Die mense wat daar verbygeloop het, het Jesus gelaster. Hulle het die kop geskud en gesĂȘ: âToe, jy wat die tempel afbreek en in drie dae weer opbou!
30Red jouself en kom van die kruis af.â
31Net so het die priesterhoofde en die skrifgeleerdes ook spottend vir mekaar gesĂȘ: âAnder het hy gered; homself kan hy nie red nie!
32Laat die Christus, die koning van Israel, nou van die kruis af kom, sodat ons dit kan sien en in hom glo!â Die twee wat saam met Hom gekruisig is, het Hom ook beledig.
33Teen twaalfuur die middag het daar duisternis oor die hele land gekom en dit het tot drie-uur geduur.
34Om drie-uur het Jesus hard uitgeroep: âEloĂŻ, EloĂŻ, lemĂĄ sabagtani?â Dit beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?
35Toe party van die mense wat daar naby gestaan het, dit hoor, sĂȘ hulle: âHoor daar, hy roep vir Elia.â
36Een van hulle het toe gehardloop, 'n spons in suur wyn gesteek en dit vir Hom op 'n stok gehou om te drink. Hy het gesĂȘ: âWag, kom ons kyk of Elia hom van die kruis kom afhaal.â
37Daarna het Jesus hard uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas.
38Die voorhangsel in die tempel het van bo tot onder middeldeur geskeur.
39Toe die offisier, wat reg voor Jesus gestaan het, Hom die laaste asem sĂł sien uitblaas het, het hy gesĂȘ: âHierdie man was werklik die Seun van God.â
40Daar het ook vroue op 'n afstand gestaan en kyk. Onder hulle was Maria Magdalena en Maria die moeder van Klein-Jakobus en Joses, en Salome.
41Toe Jesus nog in Galilea was, het hulle oral saam met Hom gegaan en Hom versorg. Baie ander vroue wat saam met Hom na Jerusalem toe gekom het, was ook daar.
42Dit was Vrydag, dit is die dag voor die sabbatdag, en dit was al die middag laat.
43Josef van Arimatea, 'n vooraanstaande lid van die Joodse Raad en iemand wat self ook uitgesien het na die koms van die koninkryk van God, kom toe daar aan. Hy het dit gewaag om na Pilatus toe te gaan en die liggaam van Jesus te vra.
44Pilatus was verbaas om te hoor dat Hy al dood is. Hy het die offisier laat roep en hom gevra of Jesus lankal gesterwe het.
45Toe hy van die offisier verneem dat dit wel so is, het hy die lyk vir Josef gegee.
46Josef het 'n stuk linne gekoop, Jesus van die kruis gaan afhaal, Hom in die linne toegedraai en neergelĂȘ in 'n graf wat in die rots uitgekap was. Hy het 'n klip voor die ingang van die graf gerol.
47Maria Magdalena en Maria die moeder van Joses het gestaan en kyk waar Hy neergelĂȘ word.