Afrikaans 1983 Bible - 20 verses
1Toe die sabbatdag verby was, het Maria Magdalena en Maria die ma van Jakobus, en Salome reukolie gekoop om die liggaam daarmee te gaan balsem.
2Die SondagmĂŽre baie vroeg kom hulle by die graf aan net toe die son opkom.
3Hulle vra toe vir mekaar: âWie sal vir ons die klip voor die ingang van die graf wegrol?â
4Die klip was baie groot, maar toe hulle opkyk, sien hulle dat dit klaar weggerol is.
5Toe hulle in die graf ingaan, sien hulle 'n jongman aan die regterkant sit met lang wit klere aan, en hulle het groot geskrik.
6âMoenie skrik nie!â sĂȘ hy vir hulle. âJulle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hulle Hom neergelĂȘ het.
7Maar gaan sĂȘ vir sy dissipels en in die besonder vir Petrus: Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesĂȘ het.â
8Hulle het uit die graf uitgegaan en weggehardloop terwyl hulle gebewe het van die skrik. Hulle het vir niemand anders iets daarvan gesĂȘ nie, want hulle was bang.
9NĂĄ Jesus se opstanding vroeg die SondagmĂŽre, het Hy heel eerste aan Maria Magdalena verskyn, uit wie Hy vantevore sewe bose geeste uitgedrywe het.
10Sy het dit vir sy dissipels gaan vertel wat oor Hom getreur en gehuil het.
11Alhoewel hulle by haar gehoor het dat Hy lewe en dat sy Hom gesien het, het hulle haar tog nie geglo nie.
12Daarna het Jesus met 'n ander voorkoms aan twee van hulle verskyn terwyl hulle op pad was na die platteland toe.
13Hulle het dit vir die ander dissipels gaan vertel, maar diĂ© het selfs vir hĂșlle ook nie geglo nie.
14Later het Jesus aan die elftal self verskyn terwyl hulle aan tafel was. Hy het hulle verwyt oor hulle ongeloof en hardheid van hart omdat hulle dié wat Hom nå sy opstanding gesien het, nie geglo het nie.
15Hy het vir hulle gesĂȘ: âGaan uit, die hele wĂȘreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.
16Wie tot geloof gekom het en gedoop is, sal gered word; wie nie glo nie, sal veroordeel word.
17Die volgende wondertekens sal voorkom by dié wat glo: in my Naam sal hulle bose geeste uitdrywe; in ander tale sal hulle praat;
18met hulle hande sal hulle slange optel, en as hulle iets drink wat dodelik giftig is, sal dit hulle geen kwaad doen nie; hulle sal siekes die hande oplĂȘ, en diĂ© sal gesond word.â
19Nadat die Here Jesus dit vir hulle gesĂȘ het, is Hy in die hemel opgeneem en het Hy aan die regterhand van God gaan sit.
20Hulle het toe die evangelie oral gaan verkondig, en die Here het met hulle saamgewerk en hulle prediking bekragtig deur die wondertekens wat daarop gevolg het.