Afrikaans 1983 Bible - 28 verses
1Toe Jesus nĂĄ 'n paar dae weer in Kapernaum kom, het dit bekend geword dat Hy by die huis is.
2Baie mense het daar saamgedrom, sodat daar selfs by die deur nie meer plek was nie. Hy was besig om met hulle oor sy boodskap te praat.
3Daar kom toe mense wat 'n verlamde man na Hom toe bring. Vier van hulle het hom gedra.
4Toe hulle hom weens die gedrang nie by Jesus kon kry nie, breek hulle die dak reg bokant Hom oop, en nadat hulle 'n opening in die dak gemaak het, laat hulle die draagbaar waarop die verlamde man gelĂȘ het, daardeur afsak.
5Toe Jesus hulle geloof sien, sĂȘ Hy vir die verlamde: âVriend, jou sondes word vergewe!â
6Maar sommige van die skrifgeleerdes het daar gesit en hulle afgevra:
7âWaarom sĂȘ hy so? Hy praat mos godslasterlik! Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?â
8Jesus het dadelik geweet dat hulle by hulleself so redeneer. Hy sĂȘ toe vir hulle: âWat redeneer julle by julleself hieroor?
9Wat is makliker? Om vir die verlamde man te sĂȘ: âJou sondes word vergeweâ, of om te sĂȘ: âStaan op, vat jou draagbaar en loopâ?
10Maar Ek gaan nou vir julle die bewys lewer dat die Seun van die mens volmag het om op die aarde sondes te vergewe.â Hy sĂȘ toe vir die verlamde man:
11âEk sĂȘ vir jou: Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.â
12Hy het opgestaan, dadelik sy draagbaar gevat en voor die oĂ« van almal uitgestap. Hieroor was hulle almal verbaas en het hulle God geprys en gesĂȘ: âSo iets het ons nog nooit gesien nie!â
13Jesus het weer na die see toe gegaan. 'n Hele menigte mense het na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer.
14Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sĂȘ vir hom: âVolg My!â Levi het opgestaan en Hom gevolg.
15Daarna het Jesus in Levi se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars was saam met Hom en sy dissipels aan tafel, want daar was baie van hulle wat Hom gereeld gevolg het.
16Toe die skrifgeleerdes onder die FariseĂ«rs sien dat Hy saam met sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesĂȘ: âWaarom eet hy saam met tollenaars en sondaars?â
17Jesus het dit gehoor en Hy sĂȘ vir hulle: âDiĂ© wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar diĂ© wat siek is. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.â
18Johannes se volgelinge en die FariseĂ«rs was besig om te vas, en die mense kom toe en vra vir Jesus: âWaarom vas die volgelinge van Johannes en die volgelinge van die FariseĂ«rs, maar u dissipels vas nie?â
19Jesus antwoord hulle: âKan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? Nee, solank hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie.
20Maar daar sal 'n tyd kom wanneer die bruidegom van hulle af weggeneem sal word. Dan, op daardie dag, sal hulle vas.
21âNiemand lap tog ou klere met ongekrimpte materiaal nie, want dan skeur die nuwe lap nog 'n stuk van die oue uit, en die gat word net groter.
22âNiemand gooi ook nuwe wyn in ou velsakke nie, want dan laat die wyn die sakke oopbars, en die wyn sowel as die sakke gaan verlore. Nuwe wyn word in nuwe sakke gegooi.â
23Eenkeer toe Jesus op 'n sabbatdag tussen gesaaides deur loop, het sy dissipels so in die loop are begin afpluk.
24Die FariseĂ«rs sĂȘ toe vir Hom: âKyk daar! Waarom doen hulle iets wat nie op die sabbatdag gedoen mag word nie?â
25Hy sĂȘ vir hulle: âHet julle nog nooit gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy manne nie kos gehad het nie en honger gekry het?
26Hy het in die tyd van die hoĂ«priester Abjatar in die huis van God ingegaan en van die offerbrood geĂ«et, wat niemand anders as die priesters mag geĂ«et het nie, en ook vir sy manne daarvan gegee.â
27Jesus het verder vir hulle gesĂȘ: âDie sabbatdag is vir die mens gemaak en nie die mens vir die sabbatdag nie.
28Daarom is die Seun van die mens Here óók oor die sabbat.â