Afrikaans 1983 Bible - 35 verses
1Jesus het weer na die sinagoge toe gegaan. Daar was 'n man met 'n gebreklike hand.
2Die Fariseërs het vir Jesus dopgehou om te sien of Hy hom op die sabbatdag sou gesond maak, sodat hulle vir Jesus daaroor kon aankla.
3Hy sĂȘ toe vir die man met die gebreklike hand: âStaan op hier tussen hulle!â
4Daarna vra Hy vir hulle: âMag 'n mens op die sabbatdag goed doen of kwaad doen, iemand red of doodmaak?â Hulle het egter niks gesĂȘ nie.
5Hy het hulle rondom Hom kwaad aangekyk en was diep bedroef oor hulle verhardheid. Hy sĂȘ toe vir die man: âSteek jou hand uit!â Hy het sy hand uitgesteek en dit was gesond.
6Die Fariseërs het uitgegaan en dadelik met die Herodiane 'n komplot teen Jesus gesmee om Hom om die lewe te bring.
7Jesus het toe met sy dissipels teruggegaan na die see toe. 'n Menigte mense het van Galilea af agter Hom aan gegaan. Ook van Judea af,
8en uit Jerusalem en van Idumea en van oorkant die Jordaan en van rondom Tirus en Sidon af, het daar baie mense na Hom toe gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen.
9Weens die gedrang het Hy vir sy dissipels gesĂȘ om vir Hom 'n skuitjie reg te hou sodat die mense Hom nie vertrap nie.
10Hy het baie mense gesond gemaak, sodat almal wat die een of ander siekte gehad het, Hom oorval het om aan Hom te raak.
11As mense wat van onrein geeste besete was, Hom sien, het hulle voor Hom neergeslaan en geskreeu: âU is die Seun van God!â
12Maar Hy het hulle baie uitdruklik belet om bekend te maak wie Hy is.
13Jesus het teen die berg opgegaan en diĂ© wat Hy wou hĂȘ, nader geroep, en hulle het na Hom toe gekom.
14Hy het toe twaalf, wat Hy apostels genoem het, aangestel om by Hom te bly sodat Hy hulle kon uitstuur om te preek.
15Hulle het ook die mag ontvang om bose geeste uit te drywe.
16Hy het hierdie twaalf aangestel: Petrus, soos Hy Simon genoem het,
17Jakobus seun van Sebedeus, en Johannes die broer van Jakobus â vir hulle het Hy die bynaam Boanerges gegee, dit wil sĂȘ âmanne van die donderâ â
18Andreas, Filippus, Bartolomeus, Matteus, Tomas, Jakobus seun van Alfeus, Taddeus, Simon die Kananeër,
19en Judas Iskariot wat vir Jesus verraai het.
20Daarna het Jesus huis toe gegaan. 'n Menigte mense het weer saamgedrom, sodat daar selfs nie geleentheid was om 'n stukkie te eet nie.
21Toe sy familie hiervan hoor, het hulle gegaan om Hom te gaan haal, want hulle het gesĂȘ: âHy het van sy kop af geraak.â
22Die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesĂȘ: âHy is van BeĂ«lsebul besete!â en âDit is met die hulp van die aanvoerder van die bose geeste dat hy bose geeste uitdrywe.â
23Jesus het hulle nader geroep en hulle met voorbeelde geantwoord: âHoe kan die Satan die Satan uitdrywe?
24As 'n koninkryk onderling verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie;
25en as 'n huisgesin onderling verdeeld is, sal daardie huisgesin nie kan bly staan nie.
26As die Satan teen homself in opstand kom en verdeeld is, kan hy nie bly staan nie, maar is dit sy einde.
27âBowendien kan niemand in 'n sterk man se huis ingaan en sy goed vat as hy nie vooraf die sterk man vasbind nie. Eers dan sal hy sy huis kan beroof.
28âDit verseker Ek julle: Alles sal die mense vergewe kan word, al die sondige lastertaal wat hulle praat.
29Wie egter teen die Heilige Gees laster, word tot in ewigheid nie vergewe nie maar bly ewig skuldig aan die sonde.â
30Dit het Hy gesĂȘ omdat hulle gesĂȘ het: âHy is van 'n onrein gees besete.â
31Sy moeder en sy broers het toe gekom. Hulle het buite bly staan en 'n boodskap na Hom toe gestuur om Hom te roep.
32'n Menigte mense het rondom Hom gesit. Hulle sĂȘ toe vir Hom: âKyk, u moeder en u broers en u susters daar buite soek U.â
33Maar Hy sĂȘ vir hulle: âWie is my moeder en my broers?â
34Hy het die mense aangekyk wat in 'n kring om Hom sit en gesĂȘ: âHier is my moeder en my broers!
35Elkeen wat die wil van God doen, is my broer en my suster en my moeder.â