Afrikaans 1983 Bible - 38 verses
1In daardie selfde tyd was daar weer 'n keer 'n groot menigte mense by Jesus, en hulle het niks gehad om te eet nie. Hy roep toe sy dissipels nader en sĂȘ vir hulle:
2âEk kry hierdie mense innig jammer, want hulle is nou al drie dae lank hier by My en hulle het niks om te eet nie.
3As Ek hulle nou sonder kos huis toe stuur, sal hulle langs die pad beswyk. Party van hulle kom van ver af.â
4Maar die dissipels sĂȘ vir Hom: âWaar sal 'n mens in hierdie verlatenheid genoeg brood vir hulle kan kry?â
5Hy vra hulle toe: âHoeveel brood het julle?â âSewe,â antwoord hulle.
6Toe gee Hy die mense bevel om op die grond te gaan sit. Nadat Hy die sewe brode geneem en God gedank het, het Hy dit gebreek en vir sy dissipels gegee om uit te deel, en hulle het dit aan die mense voorgesit.
7Hulle het ook 'n paar vissies gehad; en nadat Hy die seĂ«n gevra het, het Hy gesĂȘ hulle moet dit ook uitdeel.
8Die mense het geëet en genoeg gekry. En hulle het nog sewe mandjies vol bymekaargemaak van die stukke wat oorgebly het.
9Daar was omtrent vier duisend mense. Daarna het Hy hulle huis toe gestuur.
10Hy het toe dadelik saam met sy dissipels in die skuit geklim en na die gebied Dalmanuta toe gegaan.
11Daar kom toe FariseĂ«rs wat met Jesus begin redeneer. Om Hom op die proef te stel, wou hulle van Hom 'n wonderteken uit die hemel hĂȘ.
12Hy het diep gesug en gesĂȘ: âWaarom wil hierdie geslag 'n teken hĂȘ? Dit verseker Ek julle: Aan hierdie geslag sal beslis nie 'n teken gegee word nie.â
13Hy het hulle daar laat staan, weer in die skuit geklim en na die oorkant van die see toe gegaan.
14Die dissipels het vergeet om brood saam te vat; hulle het net een by hulle in die skuit gehad.
15Jesus het hulle toe gewaarsku: âPas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die FariseĂ«rs en die suurdeeg van Herodes.â
16Hulle het toe vir mekaar gesĂȘ dit is omdat hulle nie brood het nie.
17Toe Jesus dit hoor, sĂȘ Hy vir hulle: âWaarom praat julle daaroor dat julle nie brood het nie? Begryp en verstaan julle nog nie? Is julle nog steeds so traag van begrip?
18Julle wat oë het, sien julle dan nie? Julle wat ore het, hoor julle dan nie? Onthou julle nie,
19toe Ek die vyf brode vir die vyf duisend gebreek het, hoeveel mandjies vol stukke brood julle oorgehou het nie?â âTwaalf,â sĂȘ hulle vir Hom.
20âEn sewe brode vir die vier duisend, hoeveel mandjies vol stukke het julle toe oorgehou?â âSewe,â sĂȘ hulle vir Hom.
21Toe sĂȘ Hy vir hulle: âVerstaan julle dan nog nie?â
22Hulle het in Betsaida aangekom, en toe bring die mense 'n blinde man na Jesus toe en vra Hom om hom aan te raak.
23Hy het die blinde man aan die hand gevat en hom uit die dorp uit gelei. Toe het Hy op sy oĂ« gespoeg, sy hande daarop gesit en vir hom gevra: âSien jy al iets?â
24Hy het sy oĂ« geknip en gesĂȘ: âEk sien mense, iets soos bome. Ek sien hulle loop.â
25Daarna het Jesus weer sy hande op sy oë gesit. Die man het sy oë oopgemaak, en hulle was reg. Hy het alles duidelik gesien.
26Jesus het hom huis toe gestuur en gesĂȘ: âMoenie by die dorp aangaan nie.â
27Daarna het Jesus en sy dissipels na die dorpies naby Sesarea-Filippi gegaan. Langs die pad het Hy vir die dissipels gevra: âWie, sĂȘ die mense, is Ek?â
28Hulle antwoord Hom: âJohannes die Doper, party sĂȘ weer Elia, en party een van die profete.â
29âMaar julle,â vra Hy hulle, âwie, sĂȘ julle, is Ek?â Petrus antwoord Hom: âU is die Christus!â
30Toe belet Hy hulle om dit vir iemand anders te vertel.
31Jesus het hulle toe begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly, dat Hy deur die familiehoofde en die priesterhoofde en die skrifgeleerdes verwerp moet word en doodgemaak moet word, en drie dae later moet opstaan.
32Hy het met hulle hieroor reguit gepraat. Toe het Petrus Hom opsy geneem en Hom begin berispe.
33Hy het egter omgedraai, na sy dissipels gekyk en vir Petrus berispe. âMoenie in my pad staan nie, Satan,â het Hy gesĂȘ, âwant jy dink nie aan wat God wil hĂȘ nie maar aan wat die mense wil hĂȘ.â
34Jesus het toe die menigte mense saam met sy dissipels nader geroep en vir hulle gesĂȘ: âAs iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloĂ«n, sy kruis opneem en My volg,
35want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou.
36Wat help dit 'n mens tog om die hele wĂȘreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?
37Wat sal 'n mens kan gee in ruil vir sy lewe?
38Wie hom dan vir My en my woorde skaam te midde van hierdie ontroue en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom saam met die heilige engele, en beklee is met dieselfde heerlikheid as sy Vader.â