Afrikaans 1983 Bible - 50 verses
1Verder het Hy vir hulle gesĂȘ: âDit verseker Ek julle: Daar is party van diĂ© wat hier staan, wat beslis nie sal sterwe voordat hulle gesien het dat die koninkryk van God met krag gekom het nie.â
2Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle op 'n hoë berg gebring waar hulle heeltemal alleen was. Toe het sy voorkoms voor hulle oë verander,
3en sy klere het blink geword, spierwit soos niemand op aarde dit kan maak nie.
4Elia en Moses het toe aan hulle verskyn en met Jesus gestaan en praat.
5Toe sĂȘ Petrus vir Jesus: âRabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat ons drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.â
6Hy het nie geweet wat hy sĂȘ nie, so verskrik was hy saam met die ander.
7Daar het toe 'n wolk gekom wat sy skaduwee oor hulle laat val het; en uit die wolk het daar 'n stem gekom: âDit is my geliefde Seun. Luister na Hom.â
8En meteens, toe hulle weer kyk, sien hulle niemand meer nie, net Jesus alleen by hulle.
9Terwyl hulle van die berg afkom, het Jesus hulle opdrag gegee om wat hulle gesien het, vir niemand te vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgestaan het nie.
10Hulle het hulle toe aan hierdie opdrag gehou, maar onder mekaar geredeneer oor wat dit beteken as Hy sĂȘ dat die Seun van die mens uit die dood sal opstaan.
11Hulle vra Hom toe: âWaarom sĂȘ die skrifgeleerdes dat Elia eers moet kom?â
12âElia kom wel eers om alles weer reg te maak,â antwoord Hy hulle. âEn hoe staan daar ook oor die Seun van die mens geskrywe? Hy moet baie ly en verag word.
13Maar Ek sĂȘ vir julle: Elia het reeds gekom, en die mense het met hom gemaak wat hulle wou, net soos daar oor hom geskrywe staan.â
14Toe hulle weer by die ander dissipels kom, sien hulle 'n groot menigte mense daar rondom hulle en skrifgeleerdes wat met hulle redeneer.
15Die hele menigte was verras toe hulle Jesus skielik sien, en het nader gehardloop om Hom te verwelkom.
16Hy het vir die skrifgeleerdes gevra: âWaaroor redeneer julle met my dissipels?â
17Een van die mense het Hom geantwoord: âMeneer, ek het my seun na U toe gebring omdat hy van 'n gees besete is wat hom stom maak.
18En elke keer as die gees hom gryp, gooi hy hom op die grond neer. Dan kry hy skuim om die mond en hy kners op sy tande, en sy spiere trek saam. Ek het u dissipels gevra om die gees uit te drywe, en hulle kon nie.â
19Jesus sĂȘ toe vir hulle: âOngelowige geslag, hoe lank moet Ek nog by julle wees? Hoe lank moet Ek julle nog verdra? Bring hom hier na My toe.â
20Hulle het die seun na Hom toe gebring. Net toe die gees vir Jesus sien, het hy die seun geweldige stuiptrekkings laat kry. Hy het op die grond neergeslaan en rondgerol, met skuim om die mond.
21Jesus het vir die pa gevra: âHoe lank is dit al dat dit hom oorkom?â
22âVan kleins af,â antwoord hy, âen baiekeer het die gees hom al in vuur en in water gegooi om hom dood te maak. As U tog miskien iets daaraan kan doen, kry ons jammer en help ons.â
23â âAs U iets kan doen,â sĂȘ jy,â antwoord Jesus. âVir die een wat glo, kan alles.â
24âEk glo,â roep die seun se pa dadelik uit. âHelp my in my ongeloof.â
25Toe Jesus sien dat 'n menigte mense aangestroom kom, het Hy die onrein gees skerp aangespreek: âJou stom en dowe gees, Ek gebied jou: Gaan uit hom uit en moet nooit weer in hom invaar nie!â
26Die gees het hom laat skreeu en hewige stuiptrekkings laat kry en toe uit hom uitgegaan. Dit het gelyk of die seun dood is, sodat baie mense gesĂȘ het: âHy is dood.â
27Jesus het hom egter aan die hand gevat en opgehelp, en hy het opgestaan.
28Nadat Jesus huis toe gegaan het, toe hulle alleen was, het sy dissipels Hom gevra: âWaarom kon ons die gees nie uitdrywe nie?â
29Hy het vir hulle gesĂȘ: âHierdie goed kan met niks anders as met gebed uitgedrywe word nie.â
30Toe het hulle daarvandaan weggegaan en deur Galilea gereis. Jesus wou nie hĂȘ dat iemand anders dit te wete moes kom nie.
31Hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesĂȘ: âDie Seun van die mens word in die hande van mense oorgelewer, en hulle sal Hom doodmaak; en drie dae nadat Hy doodgemaak is, sal Hy opstaan.â
32Hulle het dit nie verstaan nie, maar hulle was te bang om Hom daaroor uit te vra.
33Toe hulle daarna in Kapernaum by die huis kom, het Hy vir hulle gevra: âWaaroor het julle langs die pad geloop en praat?â
34Hulle het egter niks geantwoord nie, want hulle het langs die pad met mekaar gestry oor wie van hulle die belangrikste is.
35Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sĂȘ toe vir hulle: âAs iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.â
36Toe het Hy 'n kindjie geneem en hom tussen hulle laat staan. Hy het sy arm om hom gesit en vir hulle gesĂȘ:
37âElkeen wat so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang nie net vir My nie, maar ook vir Hom wat My gestuur het.â
38Johannes het toe vir Hom gesĂȘ: âHere, ons het iemand gesien wat in u Naam bose geeste uitdrywe. Ons het hom probeer keer, omdat hy ons nie volg nie.â
39âMoet hom nie keer nie,â sĂȘ Jesus, âwant daar is niemand wat 'n kragtige daad in my Naam sal doen en net daarna minagtend van My sal kan praat nie.
40Wie nie téén ons is nie, is vĂr ons.
41âElkeen wat vir julle 'n beker water te drinke sal gee omdat julle aan Christus behoort, hy sal beslis die beloning daarvoor kry. Dit verseker Ek julle.â
42âElkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig laat word, vir hom is dit baie beter as 'n groot meulsteen aan sy nek vasgemaak en hy in die see gegooi word.
43âAs jou hand jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy vermink in die lewe ingaan as dat jy altwee jou hande het en na die hel toe gaan, in die onblusbare vuur.
44***
45En as jou voet jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy kreupel die lewe ingaan as dat jy altwee jou voete het en in die hel gegooi word.
46***
47En as jou oog jou van My afvallig laat word, pluk hom uit! Dit is beter dat jy met een oog die koninkryk van God ingaan as dat jy altwee oë het en in die hel gegooi word.
48Daar gaan die wurm nie dood nie en word die vuur nie geblus nie.â
49âAlmal sal met die vuur van beproewing gelouter word.
50âSout is goed, maar as sout sy krag verloor het, waarmee sal 'n mens dit weer sout maak? âJulle moet werklik sout wees en in vrede met mekaar lewe.â