Afrikaans 1983 Bible - 43 verses
1Jesus het vir hulle 'n gelykenis vertel om duidelik te maak dat 'n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word.
2Hy het gesĂȘ: âIn 'n sekere stad was daar 'n regter wat geen eerbied vir God of agting vir 'n mens gehad het nie.
3En in dieselfde stad het 'n weduwee gewoon wat hom herhaaldelik kom vra het: âDoen aan my reg in my saak teen my teenparty.â
4'n Tyd lank wou hy nie, maar later het hy vir homself gesĂȘ: Vir God het ek wel geen eerbied nie, en aan 'n mens steur ek my nie,
5maar aangesien hierdie weduwee so aanhou om my lastig te val, sal ek haar in haar regsaak help, anders kom klap sy my op die ou end ook nog.â
6Toe sĂȘ die Here: âHoor wat sĂȘ die onregverdige regter.
7Sal God dan nie aan sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag?
8Ek sĂȘ vir julle: Hy sal hulle help, en gou ook! âMaar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde vind?â
9Met die oog op mense wat seker was dat hulle eie saak met God reg is en wat op ander neergesien het, het Jesus hierdie gelykenis vertel:
10âTwee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was 'n FariseĂ«r en die ander een 'n tollenaar.
11Die FariseĂ«r het gaan staan en by homself so gebid: âO God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie: diewe, bedrieĂ«rs, egbrekers, en ook nie soos hierdie tollenaar nie.
12Ek vas twee keer in die week en ek gee 'n tiende van my hele inkomste.â
13âMaar die tollenaar het daar ver bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het bedroef op sy bors geslaan en gesĂȘ: âO God, wees my, sondaar, genadig.â
14âEk sĂȘ vir julle: Hierdie man, en nie die ander een nie, het huis toe gegaan as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word; en hy wat nederig is, sal verhoog word.â
15Die mense het ook kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak. Toe die dissipels dit sien, het hulle met die mense daaroor geraas.
16Maar Jesus het die kindertjies nader geroep en gesĂȘ: âLaat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.
17Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.â
18'n Man van aansien het aan Jesus die vraag gestel: âGoeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?â
19Jesus het geantwoord: âWaarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe God alleen.
20Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis gee nie, eer jou vader en moeder.â
21Maar hy antwoord: âAl hierdie dinge het ek van my kinderdae af onderhou.â
22Toe Jesus dit hoor, sĂȘ Hy vir hom: âEen ding kom jy nog kort: gaan verkoop alles wat jy het, en deel die geld aan die armes uit. Dan sal jy 'n skat in die hemel hĂȘ. Kom dan terug en volg My.â
23Toe hy dit hoor, was hy diep teleurgesteld, want hy was baie ryk.
24Toe Jesus sien dat hy teleurgesteld is, sĂȘ Hy: âHoe moeilik is dit tog vir mense wat ryk is, om in die koninkryk van God te kom.
25Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom as vir 'n ryke om in die koninkryk van God te kom.â
26DiĂ© wat dit gehoor het, sĂȘ toe: âMaar wie kan dan gered word?â
27Daarop antwoord Hy: âWat vir die mense onmoontlik is, is vir God moontlik.â
28Toe sĂȘ Petrus: âKyk, Ăłns het van ons besittings afgesien en U gevolg.â
29En Jesus antwoord: âDit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van die koninkryk van God afgesien het van huis of vrou of broers of ouers of kinders nie,
30of hy ontvang in hierdie tyd al baiekeer soveel terug, en in die tyd wat kom, die ewige lewe.â
31Jesus het die twaalf opsy geneem en vir hulle gesĂȘ: âKyk, ons gaan nou Jerusalem toe, en alles wat die profete oor die Seun van die mens geskryf het, sal daar bewaarheid word.
32Hy sal uitgelewer word aan die heidene; Hy sal bespot en beledig word; hulle sal op Hom spoeg,
33Hom gesel en Hom daarna doodmaak. En op die derde dag sal Hy uit die dood opstaan.â
34Maar van hierdie dinge het hulle niks begryp nie. Die woorde was vir hulle duister, en hulle het nie verstaan waaroor Hy praat nie.
35Jesus het naby Jerigo gekom. Toe 'n blinde man wat daar langs die pad sit en bedel,
36die groot menigte mense hoor verbyloop, vra hy wat aan die gang is.
37Hulle vertel hom toe: âJesus van Nasaret gaan hier verby.â
38Toe roep hy uit: âJesus, Seun van Dawid, ontferm U oor my!â
39Die mense wat voor geloop het, het hom beveel om stil te bly, maar hy het al hoe harder uitgeroep: âSeun van Dawid, ontferm U oor my!â
40Jesus gaan toe staan en gee bevel dat hy na Hom toe gebring moet word. Toe hy naby kom, vra Jesus vir hom:
41âWat wil jy hĂȘ moet Ek vir jou doen?â En hy antwoord: âHere, dat ek kan sien.â
42Jesus sĂȘ vir hom: âGoed, jy kan sien! Jou geloof het jou gered.â
43En onmiddellik kon hy sien, en hy het Jesus gevolg en God geprys. Ook al die mense wat dit gesien het, het aan God die eer gegee.