Afrikaans 1983 Bible - 48 verses
1Jesus het in Jerigo gekom en was op pad deur die stad.
2Daar was 'n man met die naam Saggeus, die hooftollenaar, 'n ryk man.
3Hy het geprobeer om Jesus te sien, maar weens die skare kon hy nie, omdat hy te kort was.
4Hy hardloop toe vooruit en klim in 'n wildevyeboom om Jesus te kan sien, want Hy sou daar verbygaan.
5Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sĂȘ vir hom: âSaggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan.â
6Hy het toe gou afgeklim en Jesus met blydskap ontvang.
7Almal wat dit gesien het, het beswaar gemaak en gesĂȘ: âHy gaan by 'n sondige man tuis!â
8Maar Saggeus het opgestaan en vir die Here gesĂȘ: âHere, ek gaan die helfte van my goed vir die armes gee, en waar ek iets van iemand afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.â
9Daarop sĂȘ Jesus: âVandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is 'n kind van Abraham.
10Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.â
11Terwyl die mense na Jesus geluister het, het Hy nog 'n gelykenis vertel, aangesien Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het die koninkryk van God sou nou enige oomblik kom.
12Hy het gesĂȘ: â'n Man van adellike afkoms het na 'n ver land toe op reis gegaan om as koning aangestel te word en dan terug te kom.
13Vooraf het hy tien van sy slawe geroep en aan hulle tien goue muntstukke gegee en gesĂȘ: âDryf handel daarmee totdat ek terugkom.â
14âSy landgenote het hom egter gehaat en 'n afvaardiging agterna gestuur om te sĂȘ: âOns wil nie hierdie man as koning hĂȘ nie.â Maar hy het tog die koningskap ontvang.
15âNadat hy teruggekom het, het hy die slawe aan wie hy die geld gegee het, na hom toe laat roep, sodat hy kon verneem wat hulle met die handeldryf verdien het.
16Die eerste het vorentoe gekom en gesĂȘ: âMeneer, u muntstuk het tien muntstukke opgelewer.â
17Daarop antwoord hy: âMooi so, jy is 'n goeie slaaf. Omdat jy in 'n saak van min belang getrou was, kry jy nou die bestuur oor tien stede.â
18âToe kom die tweede slaaf en sĂȘ: âMeneer, u muntstuk het vyf muntstukke opgelewer.â
19Aan hierdie een sĂȘ hy: âEn jy kry die bestuur oor vyf stede.â
20âNog 'n ander het gekom en gesĂȘ: âMeneer, hier is u muntstuk. Ek het dit in 'n doek gebĂȘre.
21Ek was bang vir u, want u is 'n harde man. U eis op wat u nie belĂȘ het nie, en oes wat u nie gesaai het nie.â
22Toe sĂȘ hy vir hom: âMet jou eie woorde sal ek jou veroordeel. Jy is 'n slegte slaaf! As jy geweet het ek is 'n harde man wat opeis wat ek nie belĂȘ het nie, en oes wat ek nie gesaai het nie,
23waarom het jy dan nie my geld in die bank gesit nie? Dan sou ek dit by my terugkoms darem met rente kon getrek het.â
24Daarop sĂȘ hy vir diĂ© wat daar staan: âVat die muntstuk van hom af weg en gee dit vir die een wat die tien muntstukke het.â
25âHulle sĂȘ vir hom: âMeneer, hy het dan al tien muntstukke.â Maar hy antwoord:
26Ek sĂȘ vir julle: Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word.
27En daardie vyande van my wat nie wou hĂȘ dat ek hulle koning moet wees nie, bring hulle en maak hulle hier voor my dood!â
28Nadat Jesus hierdie dinge gesĂȘ het, het Hy voor hulle uit geloop, op pad na Jerusalem toe.
29Toe Hy naby Betfage en Betanië kom, teen die Olyfberg, stuur Hy twee van sy dissipels vooruit met die opdrag:
30âGaan na die dorpie toe daar reg voor julle. Net soos julle inkom, sal julle daar 'n jong donkie kry wat vasgemaak staan. Geen mens het nog ooit op hom gery nie. Maak hom los en bring hom hier.
31En as iemand vir julle vra: âWaarom maak julle hom los?â moet julle antwoord: Die Here het hom nodig.â
32Die twee wat gestuur is, gaan toe en kry alles net soos Hy vir hulle gesĂȘ het.
33Terwyl hulle die donkie losmaak, vra sy eienaars vir hulle: âWaarom maak julle die donkie los?â
34Hulle antwoord: âDie Here het hom nodig.â
35Toe bring hulle die donkie na Jesus toe. Daarna gooi hulle van hulle klere op sy rug en help Jesus opklim.
36Terwyl Hy aanry, het hulle van hulle klere op die pad oopgegooi.
37Toe Hy naby die stad kom, teen die afdraand van die Olyfberg, het die hele skare juigende volgelinge God uit volle bors begin prys oor al die wonderwerke wat hulle gesien het.
38Hulle het gesing: âLoof die Koning, Hy wat in die Naam van die Here kom! Vrede in die hemel en eer aan God in die hoogste hemel!â
39'n Paar FariseĂ«rs uit die skare sĂȘ toe vir Jesus: âMeneer, maak stil u volgelinge!â
40Maar Hy antwoord: âEk sĂȘ vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe uitroep.â
41Toe Hy nog nader kom en die stad voor Hom sien, het Hy daaroor gehuil
42en gesĂȘ: âAs jy vandag tog wou insien wat vir jou vrede nodig is! Maar nou is jy blind daarvoor.
43Daar sal dae oor jou kom dat jou vyande vestings teen jou oprig en jou omsingel en jou van alle kante beleër.
44Hulle sal jou met die grond gelyk maak en jou inwoners uitwis. Hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die betekenis van die tyd toe God gekom het om jou te red, nie besef het nie.â
45Jesus het na die tempel toe gegaan en die handelaars begin uitjaag.
46Hy het vir hulle gesĂȘ: âDaar staan geskrywe: âMy huis sal 'n huis van gebed wees,â maar julle het dit 'n rowersnes gemaak.â
47Hy was elke dag in die tempel besig om die mense te leer. Intussen het die priesterhoofde en die skrifgeleerdes, en ook die leiers van die volk, 'n plan gesoek om Hom dood te maak.
48Hulle kon egter niks vind wat uitvoerbaar was nie, omdat die hele volk gretig na Hom geluister het.