Afrikaans 1983 Bible - 38 verses
1Jesus het rondgekyk en die rykes hulle gawes in die offergawekis sien gooi.
2Hy sien toe ook 'n arm weduwee twee klein muntstukkies daar ingooi,
3en Hy sĂȘ: âDit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander.
4Hulle het almal iets uit hulle oorvloed in die offergawekis gegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het om van te lewe.â
5Toe sommige oor die tempel praat, oor die pragtige klippe en gewyde geskenke waarmee dit versier was, sĂȘ Jesus:
6âAlles wat julle sien â daar sal 'n tyd kom dat nie een klip op die ander gelaat sal word nie. Alles sal afgebreek word.â
7Hulle vra Hom toe: âHere, wanneer sal hierdie dinge gebeur en wat is die teken van wanneer dit gaan plaasvind?â
8Hy antwoord: âPas op dat julle nie mislei word nie, want baie sal onder my Naam kom en sĂȘ: âDit is ek!â en: âDie tyd het aangebreek!â Moenie agter hulle aanloop nie!
9Wanneer julle hoor van oorloĂ« en opstande, moenie beangs raak nie, want hierdie dinge moet eers plaasvind, maar dit is nog nie onmiddellik die einde nie.â
10Verder sĂȘ Hy vir hulle: âDie een nasie sal teen die ander te staan kom en die een koninkryk teen die ander.
11Daar sal groot aardbewings wees; hongersnode en epidemies sal op baie plekke voorkom. Daar sal skrikwekkende dinge wees en groot tekens van die hemel af.
12âMaar nog voordat dit alles gebeur, sal hulle julle gevange neem en vervolg. Hulle sal julle oorlewer vir verhoor in die sinagoges en vir opsluiting in gevangenisse; hulle sal julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam.
13Dit sal vir julle 'n geleentheid wees om van My te getuig.
14Stel julle dus daarop in om julle nie vooraf oor julle verdediging te kwel nie,
15want Ek sal vir julle die woorde en die wysheid gee wat deur geeneen van julle teenstanders teengespreek of weerlĂȘ kan word nie.
16Julle sal selfs deur julle ouers en broers en familie en vriende verraai word, en hulle sal party van julle doodmaak.
17En julle sal ter wille van my Naam deur almal gehaat word, maar
18daar sal selfs nie eens 'n haar van julle kop af val nie.
19Deur julle volharding moet julle julleself red.â
20âWanneer julle sien dat Jerusalem deur leĂ«rs omsingel word, moet julle weet dat sy verwoesting naby is.
21Dan moet dié wat in Judea is, die berge in vlug, en dié wat in die stad is, daaruit padgee, en dié wat op die plase is, nie na die stad toe gaan nie,
22want in daardie dae voltrek God sy straf. Alles wat geskrywe staan, word dan bewaarheid.
23âDit sal bitter swaar gaan met die vrouens wat in daardie tyd swanger is en met diĂ© wat nog klein kindertjies het, want daar sal groot nood in die land heers, en God sal hierdie volk straf.
24âSommige sal deur die swaard val en ander as krygsgevangenes na al die nasies toe weggevoer word. Jerusalem sal deur die heidennasies vertrap word totdat ook hulle tyd verby is.â
25âDaar sal tekens wees aan son, maan en sterre. Op aarde sal daar radeloosheid onder die volke wees uit angs vir die gebulder van die see en sy vloedgolwe.
26Die mense sal beswyk van vrees en spanning oor die dinge wat oor die hele wĂȘreld aan die kom is, want die kragte van die hemelruim sal ontwrig word.
27En dan sal hulle die Seun van die mens met groot krag en majesteit op 'n wolk sien kom.
28As hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle kop op, want dan is julle verlossing naby.â
29Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: âLet op die vyeboom en al die ander bome.
30Sodra julle sien dat hulle begin uitloop, weet julle vanself dat die somer al naby is.
31Net so moet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, weet dat die koninkryk van God naby is.
32Dit verseker Ek julle: Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal al hierdie dinge gebeur.
33Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.â
34âWees op julle hoede dat julle gees nie deur onmatige etery en drinkery en deur die sorge van die lewe afgestomp word nie en dat daardie dag julle nie onverhoeds soos 'n vangnet oorval nie.
35Daardie dag sal skielik op al die bewoners van die hele aarde neerkom.
36Maar wees waaksaam en bid altyddeur dat julle die krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur, behoue deur te kom en om voor die Seun van die mens te verskyn.â
37Bedags was Jesus in die tempel besig om die mense te leer, maar snags het Hy uitgegaan en buite op die Olyfberg vernag.
38In die mĂŽre vroeg het die hele volk dan weer in die tempel na Hom kom luister.