Afrikaans 1983 Bible - 47 verses
1Op een van daardie dae, toe Jesus by die tempel besig was om die volk te leer en aan hulle die evangelie te verkondig, het die priesterhoofde en die skrifgeleerdes saam met die familiehoofde nader gestaan
2en Hom gevra: âSĂȘ vir ons, met watter gesag doen u hierdie dinge? Wie is dit wat u hierdie gesag gegee het?â
3Hy antwoord hulle: âEk gaan julle ook iets vra, en julle moet My dan sĂȘ:
4Die doop van Johannes â kom dit van God of van mense af?â
5Hulle redeneer toe onder mekaar: âAs ons sĂȘ: âVan God af,â sal hy sĂȘ: âWaarom het julle hom dan nie geglo nie?â
6En as ons sĂȘ: âVan mense af,â sal die hele volk ons stenig, want hulle is daarvan oortuig dat Johannes 'n profeet is.â
7Toe antwoord hulle dat hulle nie weet waar dit vandaan kom nie.
8Daarop sĂȘ Jesus vir hulle: âDan sĂȘ Ek ook nie vir julle met watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.â
9Verder het Jesus aan die volk hierdie gelykenis vertel: âDaar was 'n man wat 'n wingerd aangeplant en dit aan boere verhuur het. Daarna was hy 'n hele ruk weg van die huis af.
10Toe dit tyd was daarvoor, stuur hy 'n slaaf na die boere toe om sy deel van die wingerd se opbrengs te gaan haal. Maar die boere het die slaaf geslaan en met leë hande weggejaag.
11Die eienaar het weer geprobeer en 'n ander slaaf gestuur. Maar hulle het hierdie een ook geslaan en uitgeskel en met leë hande weggejaag.
12Die eienaar het nog 'n keer geprobeer en 'n derde slaaf gestuur. Hulle het hom geslaan dat die bloed loop, en hom uit die wingerd uitgegooi.
13âToe sĂȘ die eienaar van die wingerd: âWat moet ek nou doen? Ek sal my geliefde seun stuur. Miskien sal hulle hom ontsien.â
14Maar toe die boere hom sien, het hulle onder mekaar geredeneer: âDit is die erfgenaam diĂ©. Kom ons slaan hom dood, dan is die erfenis ons s'n.â
15Toe gooi hulle hom uit die wingerd uit en slaan hom dood. Wat sal die eienaar van die wingerd dan met hulle doen?
16Hy sal kom en daardie boere om die lewe bring en die wingerd vir ander mense gee.â DiĂ© wat dit gehoor het, sĂȘ toe: âNee, dit moenie gebeur nie!â
17Maar Jesus het hulle aangekyk en gesĂȘ: âWat beteken hierdie Skrifwoord dan: â âDie klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou gewordâ?
18Elkeen wat op hierdie klip val, sal verpletter word; elkeen op wie hy val, sal hy vermorsel.â
19Die skrifgeleerdes en die priesterhoofde het besef dat Jesus met hierdie gelykenis op hulle gesinspeel het. Daarom wou hulle Hom sommer daar en dan gevange neem, maar hulle was bang vir die volk.
20Hulle het hulle kans afgewag. Toe stuur hulle geheime agente wat hulle as opreg voorgedoen het, om Jesus op een of ander uitspraak te probeer vastrek sodat hulle Hom aan die owerheidsgesag van die goewerneur kon uitlewer.
21Hulle vra Hom toe: âMeneer, ons weet dat u in u prediking en onderrig regsinnig is. U let nie op die aansien van persone nie. U is getrou aan die waarheid, en so maak u die wil van God bekend.
22Is dit reg dat ons aan die keiser belasting betaal, of is dit nie?â
23Maar Jesus het deur hulle slimstreek gesien en vir hulle gesĂȘ:
24âWys vir My 'n muntstuk. Wie se kop en naam is daarop?â Hulle antwoord: âDie keiser s'n.â
25Toe sĂȘ Hy vir hulle: âNou ja, gee dan aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort.â
26Hulle kon dit nie regkry om Hom voor die volk vas te trek op iets wat Hy gesĂȘ het nie. En verwonderd oor sy antwoord, het hulle maar stilgebly.
27'n Aantal SadduseĂ«rs â dit is die mense wat ontken dat daar 'n opstanding uit die dood is â kom toe nader en vra vir Jesus:
28âMeneer, Moses het vir ons voorgeskryf: As iemand 'n getroude broer het wat kinderloos sterwe, moet hy met sy broer se weduwee trou en vir sy broer kinders verwek.
29Nou was daar sewe broers. Die oudste het getrou en kinderloos gesterwe.
30Ook die tweede
31en die derde het met die weduwee getrou en kinderloos gesterwe, en so het dit met al sewe gegaan.
32Daarna het die vrou ook gesterwe.
33Die vrou nou, wie se vrou word sy met die opstanding? Al sewe het haar mos as vrou gehad.â
34Jesus sĂȘ vir hulle: âIn hierdie wĂȘreld trou die mense met mekaar,
35maar diĂ© wat waardig geag is om deel te hĂȘ aan die toekomstige wĂȘreld en aan die opstanding uit die dood, trou daar nie meer nie.
36Hulle kan ook nie meer sterwe nie; hulle is soos die engele. Hulle is kinders van God, omdat hulle uit die dood opgestaan het.
37Dat die dooies opgewek word, het Moses ook aangedui waar hy in die gedeelte oor die doringbos praat van âdie Here, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakobâ.
38Hy is nie 'n God van dooies nie maar van lewendes, want by Hom leef hulle almal.â
39Toe sĂȘ sommige van die skrifgeleerdes: âMeneer, u het goed geantwoord.â
40Hulle het nie meer gewaag om Hom 'n enkele vraag te stel nie.
41Maar Jesus het vir hulle gevra: âHoe kan hulle sĂȘ dat die Christus die seun van Dawid is?
42Dawid sĂȘ tog self in die boek van die Psalms: âDie Here het vir my Here gesĂȘ: Sit aan my regterhand
43totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het.
44âDawid noem Hom dus âHereâ; hoe kan Hy dan sy seun wees?â
45Terwyl die hele volk na Jesus luister, sĂȘ Hy vir sy dissipels:
46âPas op vir die skrifgeleerdes, wat graag met hulle deftige klere aan rondstap. Hulle hou van die begroetings op straat, die voorste banke in die sinagoges en die ereplekke by die maaltye.
47Dit is hulle wat die huise van die weduwees inpalm en vir die skyn lang gebede opsĂȘ. Hulle sal baie swaar gestraf word.â