Afrikaans 1983 Bible - 44 verses
1Jesus het vol van die Heilige Gees van die Jordaan af teruggekom, en deur die Gees is Hy na die woestyn toe gelei,
2waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is. Die hele tyd het Hy niks geëet nie, sodat Hy aan die einde daarvan honger was.
3Die duiwel sĂȘ toe vir Hom: âAs U die Seun van God is, sĂȘ vir hierdie klip dit moet brood word.â
4Maar Jesus antwoord hom: âDaar is geskrywe: 'n Mens leef nie net van brood nie. â
5Daarna bring die duiwel Hom op 'n hoogte en wys Hom in 'n oogwink al die koninkryke van die wĂȘreld.
6Toe sĂȘ die duiwel vir Hom: âAan U sal ek al hierdie mag en majesteit gee, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.
7Dit sal alles aan U behoort as U maar net voor my buig en my aanbid.â
8Daarop antwoord Jesus: âDaar staan geskrywe: âDie Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. â
9Hierna neem die duiwel Hom na Jerusalem toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan, en sĂȘ:
10âAs U die Seun van God is, spring hier af! Daar staan mos geskrywe: âHy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm,
11âen ook: âOp hulle hande sal hulle jou dra sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie. â
12Maar Jesus antwoord hom: âDaar is gesĂȘ: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie. â
13Nadat die duiwel met al die versoekings klaar was, het hy Jesus 'n tyd lank met rus gelaat.
14Jesus het na Galilea toe teruggegaan vol van die krag van die Gees, en berigte oor Hom het deur die hele omgewing versprei.
15Hy het die mense in die sinagoges geleer, en almal het met lof van Hom gepraat.
16Hy het ook in Nasaret gekom, waar Hy grootgeword het, en soos sy gewoonte was, het Hy op die sabbatdag na die sinagoge toe gegaan. Toe Hy opstaan om uit die Skrif voor te lees,
17is die boek van die profeet Jesaja vir Hom aangegee, en Hy het dit oopgemaak en die plek gekry waar geskrywe staan:
18âDie Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur,
19 om die genadejaar van die Here aan te kondig.â
20Nadat Hy die boek toegemaak en aan die amptenaar teruggegee het, het Hy gaan sit. Die oë van almal in die sinagoge was op Hom gerig.
21Toe begin Hy hulle toespreek: âVandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul.â
22Almal het hulle instemming met Hom betuig en was verwonderd oor die aangename woorde uit sy mond. En hulle sĂȘ: âIs hy dan nie die seun van Josef nie?â
23Toe sĂȘ Jesus vir hulle: âJulle sal seker die spreekwoord aan My wil voorhou: âGeneesheer, genees jouselfâ en vir My sĂȘ: âOns het gehoor wat alles in Kapernaum gebeur het. Doen nou dieselfde dinge ook hier waar jy grootgeword het.â
24Maar dit verseker Ek julle,â sĂȘ Hy verder, âgeen profeet word in die plek waar hy grootgeword het, aanvaar nie.
25Ek sĂȘ vir julle die waarheid: Daar was baie weduwees in Israel in die tyd van Elia toe die hemel drie jaar en ses maande lank toegesluit was, sodat daar 'n groot hongersnood in die hele land gekom het.
26Tog is Elia nie na een van hulle toe gestuur nie, maar wel na 'n weduwee in Sarfat in die gebied van Sidon.
27En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van die profeet Elisa. Tog is nie een van hulle genees nie, maar wel NaĂ€man, die SiriĂ«r.â
28Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor.
29Hulle het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi.
30Maar Jesus het tussen hulle deur geloop en weggegaan.
31Daarna het Hy na Kapernaum toe gegaan, 'n dorp in Galilea, en die mense gereeld op die sabbatdag geleer.
32Hulle was verbaas oor sy leer, want Hy het met gesag gepraat.
33In die sinagoge was daar 'n man wat in die mag was van 'n bose, onrein gees, en hy het hard geskreeu:
34âHa! Wat het ons met U te doen, Jesus van Nasaret? Het U gekom om ons te verdelg? Ek weet wie U is: U is die Heilige van God!â
35Maar Jesus het hom skerp aangespreek: âBly stil en gaan uit hom uit!â En die bose gees het die man tussen die mense laat neerslaan en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak.
36Almal was baie verbaas, en hulle raak aan die praat en vra vir mekaar: âWat vir 'n woord is dit dat hy met gesag en mag die onrein geeste gebied, en hulle gaan uit?â
37En berigte oor Hom het na elke plek in die omgewing versprei.
38Toe Jesus die sinagoge verlaat, het Hy na die huis van Simon toe gegaan. Die skoonmoeder van Simon het siek gelĂȘ met 'n hewige koors, en hulle het Hom gevra om iets vir haar te doen.
39Hy het by die koppenent van die bed gaan staan en die koors bestraf. Dit het haar verlaat, en sy het onmiddellik opgestaan en hulle bedien.
40Met sononder het almal hulle siekes, wat aan allerhande kwale gely het, na Hom toe gebring. Hy het hulle een vir een die hande opgelĂȘ en hulle gesond gemaak.
41Ook bose geeste het uit baie uitgegaan terwyl hulle skreeu: âU is die Seun van God!â En Jesus het hulle skerp aangespreek en hulle nie toegelaat om sulke dinge te sĂȘ nie, omdat hulle geweet het dat Hy die Christus is.
42Teen dagbreek het Hy uitgegaan en na 'n eensame plek toe vertrek. Die mense het Hom begin soek, en toe hulle by Hom uitkom, het hulle Hom probeer beweeg om nie van hulle af weg te gaan nie.
43Maar Hy het vir hulle gesĂȘ: âEk moet ook aan die ander dorpe die evangelie van die koninkryk van God verkondig, want daarvoor is Ek gestuur.â
44En Hy het voortgegaan om in die sinagoges van die Joodse land te preek.