Afrikaans 1983 Bible - 39 verses
1Op 'n dag toe Jesus langs die Gennesaretmeer staan en die skare vorentoe beur om die woord van God te hoor,
2sien Hy twee skuite aan die kant van die meer lĂȘ. Die vissers het uitgeklim en was besig om die nette uit te spoel.
3Jesus klim toe in een van die skuite, die een wat aan Simon behoort, en vra hom om dit 'n entjie van die oewer af weg te stoot. Nadat Hy gaan sit het, het Hy die skare van die skuit af geleer.
4Toe Hy klaar gepraat het, sĂȘ Hy vir Simon: âVaar uit na die diep water toe en gooi julle nette uit om te vang.â
5âMeneer,â antwoord Simon, âons het die hele nag deur geswoeg sonder om iets te vang, maar op u woord sal ek die nette uitgooi.â
6En toe hulle dit doen, het hulle so 'n groot klomp vis gevang dat hulle nette wou skeur.
7Hulle wink toe vir hulle maats in die ander skuit om te kom help. Hulle het gekom en albei die skuite so vol gemaak dat hulle amper gesink het.
8Toe Simon Petrus dit sien, val hy voor Jesus se knieĂ« neer en sĂȘ: âGaan weg van my af, Here, want ek is 'n sondige mens.â
9Hy en almal wat saam met hom was, was stom verbaas oor die groot klomp vis wat hulle gevang het.
10Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Toe sĂȘ Jesus vir Simon: âMoenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.â
11En nadat hulle die skuite op die strand getrek het, het hulle alles net so laat lĂȘ en sy volgelinge geword.
12Eendag toe Jesus in een van die dorpe was, kom Hy 'n man teĂ« wat oortrek was van die melaatsheid. Toe die man Hom sien, val hy op sy knieĂ« voor Hom en smeek: âHere, as U wil, kan U my gesond maak.â
13Jesus steek sy hand uit, raak hom aan en sĂȘ: âEk wil. Word gesond!â En sy melaatsheid was onmiddellik weg.
14Toe gee Jesus hom opdrag: âMoet dit aan niemand vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en bring offers vir jou reiniging soos Moses voorgeskryf het. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het.â
15Tog het die nuus oor Hom nog verder versprei, en groot menigtes het saamgedrom om na Hom te luister en van hulle siektes genees te word.
16Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid.
17Op een van dié dae, terwyl Jesus besig was om die mense te leer, het daar ook Fariseërs en leermeesters van die wet van Moses gesit wat van oral af uit die dorpe van Galilea en Judea en selfs uit Jerusalem gekom het. En die Here het vir Jesus die krag gegee om mense gesond te maak.
18Onverwags kom daar mense met 'n verlamde man op 'n draagbaar aan, en hulle probeer om hom die huis in te bring en voor Jesus neer te sit.
19Toe hulle vanweë die gedrang nie kans sien om hom in te bring nie, klim hulle op die dak en laat hom met draagbaar en al deur 'n opening tussen die dakteëls afsak tussen die mense in en vlak voor Jesus.
20Toe Hy hulle geloof sien, sĂȘ Hy: âMens, jou sondes is jou vergewe.â
21Die skrifgeleerdes en die FariseĂ«rs het hulle begin afvra: âWie is hy dat hy so godslasterlik praat? Wie anders kan sondes vergewe as net God alleen?â
22Maar Jesus het hulle redeneringe gemerk en vir hulle gesĂȘ: âWat redeneer julle by julleself?
23Wat is makliker? Om te sĂȘ: âJou sondes is jou vergewe,â of om te sĂȘ: âStaan op en loopâ?
24Maar Ek gaan nou vir julle die bewys lewer dat die Seun van die mens volmag het om op aarde sondes te vergewe.â Toe sĂȘ Hy vir die verlamde man: âEk sĂȘ vir jou: Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.â
25Onmiddellik het hy voor hulle oĂ« opgestaan, die draagbaar waarop hy gelĂȘ het, gevat en terwyl hy God prys, huis toe gegaan.
26Almal het verbaas gestaan en God geprys en vol eerbiedige vrees gesĂȘ: âVandag het ons ongelooflike dinge gesien.â
27Daarna het Jesus uitgegaan en 'n tollenaar met die naam Levi by sy tolhuis sien sit, en Hy sĂȘ vir hom: âVolg My.â
28Hy het alles net so laat lĂȘ en opgestaan en Jesus gevolg.
29Levi het 'n groot feesmaal in sy huis gehou ter ere van Jesus, en 'n groot aantal tollenaars en ander mense het saam met hulle aangesit.
30Die FariseĂ«rs, en veral die skrifgeleerdes onder hulle, het by sy dissipels gekla en gesĂȘ: âWaarom eet en drink julle saam met tollenaars en sondaars?â
31Toe antwoord Jesus hulle: âDiĂ© wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar diĂ© wat siek is.
32Ek het nie gekom om mense wat op die regte pad is, tot bekering te roep nie, maar sondaars.â
33Die mense sĂȘ toe vir Jesus: âDie volgelinge van Johannes vas dikwels en onderhou gereelde gebedstye, en so ook die volgelinge van die FariseĂ«rs, en u dissipels eet en drink maar.â
34Toe sĂȘ Jesus vir hulle: âKan julle dan die bruilofsgaste laat vas terwyl die bruidegom by hulle is?
35Daar sal 'n tyd kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word en dan, in daardie dae, sal hulle vas.â
36Hy vertel hulle ook nog 'n gelykenis: âNiemand skeur 'n stuk uit nuwe klere om daarmee ou klere te lap nie. As hy dit sou doen, sou die nuwe klere stukkend wees, en buitendien sal die nuwe lap nie by die ou klere pas nie.
37âEn niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie. As hy dit sou doen, sal die nuwe wyn die velsakke laat oopbars. Dan is die wyn vermors en die sakke daarmee heen.
38Nee, nuwe wyn moet in nuwe velsakke gegooi word.
39âEn niemand wat ou wyn gedrink het, wil nuwe wyn hĂȘ nie, want hy sĂȘ: Die oue is goed.â