Afrikaans 1983 Bible - 49 verses
1Eenkeer het Jesus op 'n sabbatdag deur gesaaides geloop. Sy dissipels het are gepluk en dit met die hande uitgevrywe en geëet.
2Toe sĂȘ 'n paar van die FariseĂ«rs: âWaarom doen julle iets wat op die sabbatdag nie gedoen mag word nie?â
3Jesus antwoord hulle: âHet julle dan nie gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy manne honger gekry het nie?
4Hy het die huis van God binnegegaan en die offerbrode geneem en geĂ«et en ook aan sy manne gegee. Tog is niemand behalwe die priesters toegelaat om daardie brood te eet nie.â
5Verder sĂȘ Hy vir hulle: âDie Seun van die mens is Here oor die sabbat.â
6Op 'n ander sabbatdag het Jesus weer in die sinagoge ingegaan en die mense geleer. Daar was 'n man met 'n gebreklike regterhand.
7Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het vir Jesus dopgehou om te sien of Hy op die sabbatdag iemand sou gesond maak sodat hulle 'n aanklag teen Hom kon kry.
8Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir die man met die gebreklike hand gesĂȘ: âStaan op en kom staan hier in die middel.â En hy het daar kom staan.
9Toe sĂȘ Jesus vir hulle: âNou vra Ek julle: Mag 'n mens op die sabbatdag goed doen of kwaad doen, iemand red of doodmaak?â
10Nadat Hy almal rondom Hom aangekyk het, sĂȘ Hy vir die man: âSteek jou hand uit.â
11Hy het dit gedoen, en sy hand was gesond. Maar hulle het rasend van woede geword en onder mekaar geredeneer oor wat hulle Jesus sou aandoen.
12In daardie tyd het Jesus uitgegaan na die berg toe om te bid en die hele nag deurgebring in gebed tot God.
13Toe dit dag word, het Hy sy dissipels nader geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy ook apostels genoem het.
14Hulle was Simon, wat Hy ook Petrus genoem het, en sy broer Andreas, Jakobus en Johannes, Filippus en Bartolomeus,
15Matteus en Tomas, Jakobus seun van Alfeus, Simon die Seloot, Judas seun van Jakobus,
16en Judas Iskariot wat die verraaier geword het.
17Hy het saam met hulle van die berg afgekom en op 'n gelykte by 'n groot aantal volgelinge gaan staan. Van die hele Joodse land en Jerusalem en van die kusgebied van Tirus en Sidon af was daar 'n menigte mense
18wat gekom het om na Hom te luister en van hulle siektes genees te word. Ook dié wat onder onrein geeste gely het, is gesond gemaak.
19Al die mense het Hom probeer aanraak, omdat daar krag van Hom uitgegaan het en Hy almal gesond gemaak het.
20Jesus het sy dissipels aangekyk en gesĂȘ: âGeseĂ«nd is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God.
21Geseënd is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Geseënd is julle wat nou huil, want julle sal lag.
22Geseënd is julle wanneer die mense julle haat en julle verstoot en uitskel en julle naam vermy soos iets wat sleg is, alles ter wille van die Seun van die mens.
23Wees bly op daardie dag en spring rond van vreugde, want vir julle is daar groot beloning in die hemel. Hulle voorvaders het immers met die profete net so gemaak.
24âMaar ellende wag vir julle wat ryk is, want julle het julle lekker lewe al weg.
25Ellende wag vir julle wat julle nou vol eet, want julle sal honger ly. Ellende wag vir julle wat nou lag, want julle sal treur en huil.
26Ellende wag vir julle as al die mense goed van julle praat. Hulle voorvaders het immers met die vals profete net so gemaak.â
27âMaar vir julle wat na My luister, sĂȘ Ek: Julle moet julle vyande liefhĂȘ; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word;
28seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.
29As iemand jou op die een wang slaan, bied hom ook die ander een aan. En vir iemand wat jou boklere vat, moet jy ook jou onderklere nie weier nie.
30Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie.
31Behandel ander mense soos julle self behandel wil word.
32âAs julle net diĂ© liefhet wat vir julle liefhet, watter aanspraak op dank het julle dan nog? Ook die sondaars het net diĂ© lief wat vir hulle liefhet.
33En as julle goed doen net aan dié wat aan julle goed doen, watter aanspraak op dank het julle dan nog? Die sondaars maak maar net so.
34En as julle geld leen net aan dié van wie julle hoop om dit terug te kry, watter aanspraak op dank het julle dan nog? Sondaars leen ook aan sondaars, solank hulle maar dieselfde bedrag kan terugkry.
35Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhĂȘ en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes.
36Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is.â
37âMoenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.
38Gee, en vir julle sal gegee word: 'n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.â
39Hy het ook met beeldspraak vir hulle gesĂȘ: âKan 'n blinde miskien 'n ander blinde lei? Sal hulle nie altwee in 'n sloot val nie?
40'n Leerling is nie hoër as sy leermeester nie, maar iemand wat volleerd is, sal aan sy leermeester gelyk wees.
41âWaarom sien jy die splinter raak in die oog van jou broer, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?
42Jy wat die balk in jou eie oog nie raaksien nie, hoe kan jy vir jou broer sĂȘ: âBroer, laat my toe om die splinter in jou oog uit te haalâ? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter in jou broer se oog uit te haal.â
43âDit is nie die goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie die slegte boom wat goeie vrugte dra nie.
44Elke boom word aan sy eie vrugte geken. Van doringstruike pluk 'n mens mos nie vye nie, en van 'n doringbos oes jy ook nie druiwe nie.
45Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.â
46âWatter sin het dit dat julle My aanspreek met âHere, Here!â en nie doen wat Ek sĂȘ nie?
47Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en doen wat Ek sĂȘ â Ek sal vir julle verduidelik soos wie hy is:
48Hy is soos 'n man wat by die bou van sy huis die grond diep uitgegrawe en die fondament op die rotsbodem gelĂȘ het. Toe daar 'n oorstroming kom en die vloedwater die huis tref, kon dit hom nie beweeg nie, want die huis was goed gebou.
49Maar as iemand luister en nie doen wat Ek sĂȘ nie, is hy soos 'n man wat sy huis bo-op die grond gebou het sonder 'n fondament. Toe die vloedwater dit tref, het dit dadelik ingestort, en daardie huis het een groot puinhoop geword.â